Beplan vir as jy nie meer daar is nie: Oorweeg dié dinge

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

As Suid-Afrika se grootste verskaffer van testamente en boedels, het Capital Legacy al ’n billike deel van hartseer, trane, wanhoop en frustrasie gesien wanneer ons met die agtergeblewe familie te doen kry.

Capital Legacy het meer as 370 000 Suid-Afrikaners gehelp om hul testamente in orde te kry en natuurlik duisende bestorwe boedels – en daar is ʼn paar woorde van wysheid wat ons kan oordra aan iemand wat buitensporige trauma vir hul gesin wil vermy indien hulle sou afsterf.

  1. Testament

Het jy ‘n testament? Wel, statistieke toon dat byna 75% van Suid-Afrikaners sonder ‘n geldige testament sterf. Die hoofrede vir hierdie syfer is bloot uitstel. Almal is net te besig en kry nooit die tyd om dit gedoen te kry nie.

Jou testament is ’n regsdokument wat handel oor belangrike dinge soos om die eksekuteur van jou boedel te benoem, wie vir jou minderjarige kinders sal sorg en hoe jou bates ná jou dood verdeel moet word.

Sonder ’n geldige testament word alles wat jy agterlaat volgens intestate erfreg verdeel, wat gewoonlik nie strook met jou plan vir die erfporsie wat jy eendag vir jou geliefdes wou agterlaat nie.

Om jou testament op te stel is die eerste en belangrikste stap om te verseker dat jou sterfte, hoe traumaties ook al vir jou gesin, nie vererger word met onsekerheid oor jou finale wense nie, wat onvermydelik lei tot familievetes en dikwels finansiële ondergang.

Dit is vinniger en makliker as wat jy dink. Kry dit net gedoen.

  1. Trusts

Jou testament gee ʼn uiteensetting van wat jy wil hê moet gebeur wanneer jy sterf – trusts kan help met die strukturering en bestuur daarvan.

‘n Trust is ‘n fidusiêre verhouding waarin een party, bekend as ‘n trustor, ‘n ander party, die trustee, die reg gee om eiendomsreg of bates te besit tot voordeel van ‘n derde party, die begunstigde.

Daar is twee variasies van trusts: ‘n lewende (inter vivos) trust en ‘n testamentêre trust. Wat die hantering van testamente en boedels betref, bemoei ons hoofsaaklik met testamentêre trusts.

‘n Testamentêre trust tree eers in werking wanneer jy afsterf. Jy moet dit oorweeg om ‘n trust te gebruik wanneer jy bates aan minderjariges, gestremde of geestesongestelde begunstigdes oorlaat of om rykdom vir toekomstige geslagte te beskerm.

Sekere belastingvrystellings word op trusts toegepas, en deur die mandaat van die trustees verseker jy dat die erfenis wat aan minderjarige kinders of begunstigdes, wat nie hul eie finansiële sake kan bestuur nie, goed en tot hul voordeel bestuur word. As daar geen trust in plek is nie, word minderjariges se erfporsies aan hul wettige voog of aan die Staatsvoogdyfonds oorbetaal, wat waarskynlik nie is wat jy sou bedoel het nie.

  1. Regskoste en ander koste by dood

Baie mense is heeltemal onbewus van die regskoste en koste verbonde aan die dood. Saam met die hartseer wat deur die verlies van ’n geliefde veroorsaak word, kom ’n verskeidenheid bykomende laste in die vorm van regskoste en uitgawes, wat deur jou geliefdes gedek moet word.

‘n Paar van hierdie onverwagte kostes sluit in eksekuteursfooie, akteprokureursfooie, testamentêre trustfooie, meestersfooie, erfbelasting en ander onmiddellike uitgawes soos koste verbonde aan die reël van ‘n begrafnis.

Hierdie fooie kan honderde duisende rande beloop en kan dikwels finansiële ondergang veroorsaak.

Dit is een ding om jou testament in plek te hê, maar dit is netso belangrik is om te verseker dat daar ‘n plan of ten minste genoeg likiditeit in jou boedel is om hierdie regskoste te dek. Om hierdie fooie en koste ten tye van dood te verstaan kan dit help om daarvoor voor te berei en te verseker dat dit gedek word en dat die las op jou geliefdes verlig word.

Sterfte is nooit maklik vir diegene wat agterbly nie, maar jy kan die bykomende las op jou geliefdes verlig deur hierdie fooie deur gespesialiseerde versekeringsdekking te dek.

  1. Lewensdekking

Baie mense weet wat lewensdekking is en hoe dit werk – maar te veel mense dink nie aan die gevolge van onderversekerdheid nie.

Wanneer jy sterf, sterf jou skuld en maandelikse finansiële verpligtinge soos effekte, lenings, skoolgeld en versekering nie saam met jou nie en moet dit steeds gedek word.

Om voldoende lewensdekking in plek te hê beskerm jou gesin en geliefdes, laat jou toe om ‘n erfporsie na te laat, skuld en ander uitgawes af te betaal, en gee jou gemoedsrus dat hulle nie behoeftig gelaat sal word nie.

Oor die afgelope dekade van die likwidasie van bestorwe boedels, sien ons dikwels boedels wat nie genoeg kontant het om die oorledene se skuld te dek nie, wat familielede laat sukkel om geld in te samel en dikwels eindig met die verkoop van bates soos motors en eiendomme.

Mense se laaste wense vir hul gesinne in hul testamente kan dikwels nie uitgevoer word nie, omdat hulle nie voldoende lewensdekking het om skuld af te betaal en ‘n nalatenskap na te laat nie.

Kry jou testament, teen geen koste nie, by Capital Legacy gedoen. Jou nommer een-verskaffer van testamente en boedels. By Capital Legacy spesialiseer ons in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Ons sal jou testament gratis opstel en opdateer of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

  • Kontak Capital Legacy

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.