Beveilig jou werksplek teen Covid-19 ná afsondering

Ná 35 dae van koronavirus-vlak 5 van landswye afsondering, maak Suid-Afrika gereed om terug te keer na ʼn meer aktiewe ekonomie. Dit laat werkgewers onder geweldige druk om te voldoen aan die streng regulasies wat betref beroepsgesondheid en -veiligheid in die werksplek. Die voorkoming van herbesmetting is prioriteit.

Werkgewers word gevra om, waar moontlik, ‘n beleid van ‘tuis-werk’ aan te neem.

Alhoewel sekere bedrywe van die ekonomie normaliteit kan hervat, moet hulle hul arbeidsmag beperk tot een derde van wat dit voor afsluiting was.

Streng maatreëls moet in plek gestel word deur werkgewers om gesondheidsorg te tref, soos om die perseel te ontsmet en om werkers te voorsien van ontsmettingsmiddels of fasiliteite om hul hande met seep en water te kan was.

Die veiligheid van die arbeidsmag moet verseker word deur die gebruik van gesigmaskers en die implementering van ander veiligheidsmaatreëls, soos gereelde risikobepalings.

Al hierdie vereistes plaas ‘n ekstra las van verantwoordelikheid op die skouers van die Suid-Afrikaanse bedryf. Hierdie verantwoordelikhede vereis professionele monitering en toesig.

Makrosafe-risikobepalings voorkom die afname in produksie

Makrosafe, ʼn toonaangewende spesialis op die gebied van beroepsgesondheid en -veiligheid (OHS – Occupational Health and Safety), speel ‘n belangrike rol in die gesonde en veilige terugkeer na die werksplek. Terwyl die OHS-wet die verpligting op werkgewers plaas om die bogenoemde te handhaaf, het Makrosafe se risikobepalings ‘n ingeboude noodplan om ondernemings te help om die nuwe Covid-19-regulasies te hanteer. Dit sluit die moontlike besoedeling van die werksplek in.

Makrosafe het Covid-19-protokol ontwikkel in ooreenstemming met die OHS-wet 85 van 1993 om werkgewers te help met die implementering van die nuwe maatreëls.

Wat behels die terugkeer na die werksplek?

Voordat die eerste arbeidsmag op 1 Mei 2020 terugkeer, sal elke bedryf aan ‘n streng stel nuwe voorwaardes moet voldoen. Dit is as volg:

  1. Elke sektor moet aan die Covid-19-voorkomings- en versagtingsplan voldoen, en dit nakom, soos bepaal deur die minister van indiensneming en arbeid, sowel as aan die voorwaardes soos bepaal deur ander relevante kabinetsministers. Hierdie bepalings is bo en behalwe die bestaande gesondheids- en veiligheidsprotokol.
  2. Ondernemings moet COVID-19-risikobepalings implementeer en hul werkers opvoed oor die nuwe beskermingsmaatreëls.
  3. Kwesbare werknemers, soos die ouer as 60 jaar, swanger vroue en persone met gestremdhede, moet geïdentifiseer word.
  4. Werkgewers is verantwoordelik vir die veilige vervoer van hul werkers.
  5. Werknemers moet vooraf gekeur word.
  6. Voorsorg moet getref word om die verspreiding van die koronavirus te voorkom.
  7. Alle werksoppervlakke en gedeelde toerusting moet ontsmet word.
  8. Lokale moet goeie ventilasie hê.
  9. Werknemers wat siek word, moet gemonitor word.
  10. Moniteringstelsels moet in plek gestel word om werknemersinfeksies te identifiseer en om aan die veiligheidsprotokolle te voldoen.

Die OHS-wet plaas die onus op werkgewers om ‘n gesonde en veilige werksomgewing daar te stel. Om dit te kan doen, moet risikobeoordelings in plek gestel word om die moontlikheid van virale besmetting te identifiseer. Dit sluit in die implementering van ‘n gebeurlikheidsplan in die geval van ʼn koronavirus-uitbreking op die perseel.

Die fokus op die risikobepalingsprotokol

Makrosafe het ‘n diepgaande stel protokolle ontwikkel om werkgewers te help met die aanpassing van hierdie nuwe era wat Suid-Afrika betree. Makrosafe se risikobepalingsprotokolle neem die gevare in ag wat ʼn moontlike uitbreking van die koronavirus op die werksplek inhou, en het daarvolgens ‘n kombinasie van nuwe beheermaatreëls ingestel. Een daarvan is die insluiting van die strenger gebruik van persoonlike beskermende toerusting (PPE – Personal Protective Equipment) soos ‘n bril, handskoene en gesigmaskers.

Die Makrosafe-risikobepalingsprotokol bevat die departement se Covid-19-riglyne, wat ontwikkel is volgens die tradisionele voorkoming van infeksie, sowel as beroepshigiëne en gesondheidspraktyke.

Fokus op moontlike gebreke om Covid-19 te voorkom

Die Covid-19-gidsplan fokus op areas waar moontlik foute kan voorkom. Makrosafe maak voorsiening vir al hierdie gebiede en sluit die implementering van die volgende in:

Administratiewe beheer

  • Administratiewe beheermaatreëls wat van toepassing is op beide die werkgewer en die werknemer, soos ‘n ‘tuis-werk’-benadering vir werknemers wat siek is
  • Minimalisering van menslike kontak deur die gebruik van platforms soos Skype om konferensieoproepe te voer
  • Die aantal werknemers in die werksplek tot die minimum te beperk deur die instelling van ʼn skofwerkrooster
  • Ontwikkeling van noodkommunikasieplanne deur die aanstelling van ‘n taakspan om werkers se besorgdhede aan te spreek, met behulp van ‘n internetgebaseerde kommunikasielyn om werkers die nodige opleiding te gee, insluitend opleiding oor Covid-19-risiko’s
  • Bekendstelling van persoonlike beskermende toerusting (PPE)
  • Bewys van opleidingsmateriaal in verskillende tale wat geskik is vir die vlak van werkersgeletterdheid

Ingenieursbeheer

  • Ingenieursbeheer vra vir die isolasie van enige werkverwante gevaar
  • Die installering van goeie ventilasie
  • Die gebruik van fisiese hindernisse, soos byvoorbeeld gesigmaskers

Persoonlike beskermende toerusting (PPE)

Werkgewers word versoek om persoonlike beskermende toerusting in te stel om blootstelling aan die koronavirus te voorkom. PPE’s bevat onder meer voorskote, jasse, gesigmaskers, gesigkerms, handskoene, brille, togas, haarbedekkings, oorpakke, asemhalingsapparaat en skoenbedekkings.

Makrosafe se risikobepalings word weekliks bygewerk en dek alle veranderinge wat verpligtend is met betrekking tot die Covid-19-riglyne.

Veilige werkspraktyke

Veilige werkspraktyke sluit in die prosedures wat gevolg moet word om die frekwensie, duur en intensiteit van blootstelling aan ‘n gevaar te verminder. Dit behels die handhawing van ‘n gesonde werksomgewing en die bevordering van persoonlike higiëne. Voorbeelde hiervan is die voorsiening van vullisdromme met voetpedale, water met seep- en papierhanddoeke, ontsmettingsmiddels en die vertoon van handwas-instruksie-tekens in toilette.

Bedryfsgereedheid

Die bedrywe van die ekonomie wat aan die begin van Mei sal begin werk, is:

  • Landbou – uitvoerlandbou, insluitend wol en wyn
  • Blom- en tuinbou
  • Bosbou, pulp en papier
  • Mynbou – oop myne teen 100% kapasiteit, alle ander myne teen 50%
  • Finansiële en professionele dienste (JSE sal ook oop bly)
  • Wêreldwye uitvoerbesigheidsdienste
  • Pos- en telekommunikasie
  • Optiese vesel- en IT-dienste
  • Formele herwinning van afval – glas, plastiek, papier en metaal
  • Vervoer – busse, taxidienste en privaat motorvoertuie kan nou te alle tye bestuur word met beperkte passasierslading en streng higiëne

Die regering het besluit om met die aanvang van vlak 4 twee twispunte te heropen wat tydens vlak 5 aan verbruikers geweier is. Tabakprodukte kan weer verkoop word, terwyl afsetpunte vir voedsel, wat beperk was tot die verkoop van slegs noodsaaklike items, nou hul rakke kan oopmaak om die volledige reeks produkte in voorraad in te sluit.

Ons het die beste vir heel laaste gehou

Die Makrosafe SafetyWallet bied aan Suid-Afrikaanse ondernemings ‘n GRATIS voorkomingstel aan. Hierdie waardevolle hulpmiddel sluit die volgende in:

  1. Covid-19-beleid
  2. Persoonlike beskermende toerusting (PPE)-beleid
  3. Toetsing/keuring van werknemers vir Covid-19-beleid
  4. Tuis-werk-beleid
  5. Tuis-werk- risiko-assessering
  6. Reis na en van die werk met behulp van die assessering van openbare vervoer
  7. Risikobeoordeling van die werksplek – Blootstelling aan infeksiesiektes
  8. Werksgereedheid na afsluiting
  9. Riglyne vir beheermaatreëls
  10. E-leer (onbeperk) – hantering van aansteeklike siektes in die werksplek – Covid-19
  11. Induksieboekie
  12. Gereedskapkas-gesprekke
  13. Bewusmakingsplakkate
  14. Daaglikse verpligte kontrolelys

Dit is Makrosafe se bydrae om maatskappye te beloon wat voldoen aan die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Makrosafe se voetspoor op die Suid-Afrikaanse OHS-voldoeningsveld gedurende die afgelope 17 jaar het die bekendstelling van metodes van wêreldgehalte tot die tafel gebring. Dit het ondernemings uit 15 verskillende bedrywe in staat gestel om ‘n kostedoeltreffende gesondheids- en veiligheidsprogram te bestuur wat voordelig is vir werkers en algehele gesondheid, veiligheid en produktiwiteit.

Besoek die webwerf vandag nog vir meer inligting: https://www.safetywallet.co.za/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.