Boedelbeplanning vir kinders met spesiale behoeftes

Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy (Foto verskaf)

Deur Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy

Om ‘n ouer te wees is beide uitdagend en bevredigend. Vanaf geboorte benodig ons kinders ons vir alles. Uiteraard het babas vir amper 24 uur per dag aandag nodig, maar elke fase van hulle lewens vereis telkens ‘n nuwe vlak van insette en belegging – tyd, geld, leiding, berading en raad (wanneer hulle dit wel aanvaar). Dan, op ‘n dag, sprei hulle hul vlerke en verlaat die spreekwoordelike nes.

Om ons kinders tot by hierdie punt te kry is nie ‘n maklike taak nie, soos elke ouer kan getuig. Om hulle in die wêreld te laat ingaan as selfonderhoudende volwassenes is ‘n besonderse prestasie. Dit word gekenmerk deur ‘n baie belangrike lewensfase in ‘n gesin se lewenssiklus, namens die leënes-stadium. Dis gewoonlik in hierdie stadium wanneer ‘n gesin se onkostes die laagste daal (geen skoolfooie en ekstra monde om te voer nie) en skuld is ook laag (huise en kredietkaarte is gewoonlik so te sê afbetaal). Dit is veronderstel om die tyd te wees wanneer jy kan inhaal met jou aftreespaargeld en kan beplan vir die tweede helfte van jou lewe en natuurlik ook die nalatenskap wat elke ouer graag vir sy/haar kinders wil nalaat – hoe groot of klein ook al, bymekaar te maak.

Die gedagte dat jy eendag gaan afsterf en jou volwasse kinders gaan agterlaat is moeilik, maar dit word makliker verwerk met die wete dat hulle finansieel na hulself kan omsien – en hopelik kan enige nalatenskap van jou kant af hulle verder van hulp wees.

Maar wat van die ouers van kinders met spesiale behoeftes? Wat gebeur as jou kind nooit in die posisie gaan wees om die huis te verlaat nie en die finansiële verantwoordelikheid wat elke ouer dra, nooit skietgee nie? Om die waarheid te sê, die verantwoordelikheid word moontlik net groter soos die jare aanstap. Wat sal gebeur as jy afsterf? Wie sorg vir jou volwasse kind met spesiale behoeftes? Wie sorg vir hulle finansies?

In Suid-Afrika is daar 700,000 kinders met gestremdhede onder die ouderdom van 19 jaar.

Foto verskaf deur Capital Legacy

In die 2011-sensusopname, is daar verslag gedoen dat daar 2,8 miljoen mense met gestremdhede was in Suid-Afrika. Ongeveer 700 000 was jonger as 19 jaar; 1,2 miljoen was tussen die ouderdomme van 20 en 59 jaar en 900 000 was ouer as 60 jaar. Hoeveel van hierdie mense het hulle ouers oorleef en bevind hulself in baie moeilike omstandighede?

Die 2011-sensusopname meld verder dat daar “lae arbeidsmark-opname is vir mense met gestremdhede”. Dit is ‘n onderskatting in ‘n land met een van die hoogste werkloosheidsyfers in die wêreld.

Die feit is dat kinders met gestremdhede gespesialiseerde boedelbeplanning benodig om sodoende behoorlik vir hulle langtermyn finansiële sekerheid te beplan.

Ouers van kinders met spesiale behoeftes moet die volgende in ag neem in hulle boedelplan vir hul kinders:

  1. Wie sal na hulle omsien en as wetlike voog optree in die afwesigheid van hul ouers?
  2. Waar sal hulle woon en hoe sal hulle basiese lewensonkostes soos huur, kos, ens. kan dek?
  3. Hoe sal hulle vir mediese uitgawes en enige gespesialiseerde mediese sorg kan betaal?
  4. Indien hulle nog nie volwasse is nie, hoe sal hulle onderwys kan bekostig om ʼn kans gegun te word om ’n produktiewe lewe te lei?
  5. Wie sal die finansiële toesig oor hulle erfenis handhaaf om te verhoed dat dit nie verkwis of wanbestee word nie?

Goeie finansiële en boedelbeplanning begin met jou testament

Die realiteit is dat die opstel van ‘n goeie finansiële plan vir jou kinders by jou testament begin. Hierdie oefening dwing jou om beide die slegste- en beste-saak-scenario’s te deurdink en daarvoor te beplan deur nóú oplossings te implementeer.

Deur nóú die tyd hieraan te bestee, laat jou toe om te besin oor die voorafgaande vrae en om elkeen strategies te benader. Daar is geen twyfel dat dit moeilik is om die koste te beheer in die grootmaak van ‘n kind met spesiale behoeftes nie. Dit laat min beweegruimte vir addisionele spaargeld vir jou aftrede of hulle finansiële sekerheid wanneer hulle volwasse is. Maar dít is waar lewensdekking en die regte boedelplan tot die redding kan kom. Hier is die redes:

1. Lewensdekking is goedkoper wanneer jy jonger is.
Dit sal ‘n leeftyd neem om ‘n paar honderdduisend rand te spaar om vir jou kinders na te laat, maar deur lewensdekking kan jy vir hulle ‘n erfenis nalaat van miljoene rande. Die koste van lewensdekking word meer namate mens ouer word. So, hoe gouer jy begin beplan, hoe beter.

2. Vertrou ʼn trust.
Dit is nie ’n goeie idee om ‘n groot bedrag geld aan mense te bemaak as hul nog nooit tevore geld moes bestuur nie. Dit is waar trusts ‘n lewensbelangrike rol speel. ‘n Tipe A Testamentêre Trust is ‘n middel wat voordelige belastingregulasies inhou en gebruik kan word om vir ‘n kind te voorsien wat fisies of verstandelik gestremd is en daarom nie vir hulself kan voorsien of hul eie finansies bestuur nie. Professionele trustees het die opdrag om die finansies te bestuur tot die uitsluitlike voordeel van jou kind, om hulle te beskerm teen misbruik of selfs goedbedoelde wanadministrasie van die geld. Hierdie geld moet vir die termyn van jou kind se leeftyd hou wanneer jy nie meer daar is nie.

3. Benoem ’n voog wat omgee.
Die rol van die wetlike voog behels veel meer as om slegs tekenregte uit te oefen wanneer jou kind minderjarig is, of verstandelik of fisies nie in staat is daartoe nie. Hul rol is om lief te wees vir jou kind en hom/haar te versorg en ook om in hul emosionele behoeftes te voorsien. Enige voog wat hierdie verantwoordelikheid aanvaar, behoort nie óók die ekstra finansiële las daarvan te dra nie – alhoewel dit wel dikwels gebeur. Dit is hoekom lewensdekking wat aan ‘n trust oorbetaal word tot die voordeel van jou kind, so ‘n eenvoudige maar kragtige oplossing bied.

Tipe A Testamentêre Trusts is ook belastingdoeltreffend – wat dus meer van jou kind se erfenis bewaar.

‘n Trust wat vir die uitsluitlike voordeel van ‘n persoon met spesiale behoeftes opgestel word wat ‘n verstandelike gestremdheid het soos uiteengesit in afdeling 1 van die Wet op Geestesgesondheid, 2002 (Wet nr. 17 van 2002) of aan ‘n ernstige fisiese gestremdheid ly, soos uiteengesit in afdeling 18(3) van die Wet op Inkomstebelasting, nr. 58 van 1962, mag kwalifiseer as ‘n Tipe A Spesiale Trust. Hierdie tipe trust word belas op ‘n glyskaal van tussen 18% en 45%, dieselfde as vir natuurlike persone, in teenstelling met ‘n vaste koers van 45% vir ‘n normale trust. ‘n Tipe A Trust is ook geregtig op die jaarlikse R40 000-uitsluitsel op kapitaalwins.

Om ‘n ouer te wees is inderdaad uitdagend maar deur behoorlike finansiële- en boedelbeplanning nóú te doen, kan jy beslis stres verlig en werklike groot uitdagings aanspreek vir wanneer jy nie meer by jou kinders is nie.

Capital Legacy is een van die toonaangewende verskaffers van testamente en boedels in Suid-Afrika met meer as 370 000 kliënte en voorsiening van spesialisdekking vir regsonkostes van bykans R80 miljard. Vir verdere inligting besoek www.capitallegacy.co.za.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.