Bykomende koste wat jou geliefdes ná jou begrafnis moet dek

Argieffoto (Foto: Johana Peña/Pixabay)

Baie Suid-Afrikaners het ’n plan in plek om begrafnisonkostes te dek wanneer ’n geliefde afsterf, maar daar is baie ander kostes verwant aan afsterwe waarvoor min beplan, skryf Alex Simeonides, hoof- uitvoerende beampte van Capital Legacy.

“Begrafnisdekking en lidmaatskap van ’n begrafnisgenootskap speel ’n belangrike rol in ons samelewing,” sê Simeonides. “Omdat baie gesinne nie ’n groot genoeg noodfonds beskikbaar het om die koste van ’n begrafnis te dek nie, is hierdie een manier om ander gesinslede te vrywaar teen skuld wanneer ’n geliefde afsterf. Ongelukkig hou die onkostes nie op ná die begrafnis nie. Jy sal wil verseker dat jou gesin hierdie onverwagte kostes sal kan dek na jou afsterwe.”

Hier is sewe onvermydelike kostes waarvoor jy sal moet beplan:

  1. Onmiddelike uitgawes: Wanneer jy afsterf, mag jou bankrekeninge gevries word en jou gesin sal beperkte toegang tot geld hê. Maar hulle sal nog steeds die basiese kostes moet dek – soos jou begrafnis, reisonkostes, kruideniersware en enige ander onmiddelike uitgawes verwant aan jou afsterwe. “Likiditeit na ’n afsterwe, veral van ’n broodwinner, kan veroorsaak dat ’n gesin sukkel om die alledagse uitgawes te dek,” verduidelik Simeonides. “Jy moet seker maak dat jou gesin toegang het tot kontant in die dae en weke ná jou afsterwe.”
  2. Maandelikse lewensonkostes:Boedels kan maande tot jare neem om beredder te word en gesinne meen verkeerdelik dat die boedel die maandelikse uitgawes soos elektrisiteit, huurgeld, skoolgeld en mediesefondspremies sal betaal. Die fondse word dikwels teruggehou totdat die boedel afgehandel is, sê “Dit is ook waarom dit belangrik is om in die eerste plek ’n geldige testament te hê, aangesien dit die boedelberedderingsproses versnel en dit gee jou gesin toegang tot die kapitaal sodra die boedel afgehandel is, sodat hulle kan oorleef.”
  3. Eksekuteursfooie: Jy mag dalk dink dat jy nie genoeg bates of kapitaal sal hê om die opstel van ’n testament te regverdig nie. Maar selfs al het jy net ’n paar duisend rand in jou bankrekening, word dit as ’n boedel geag. Die bereddering van selfs ’n eenvoudige boedel is ’n ingewikkelde administrasieproses en dit is dikwels meer kostedoeltreffend om ’n professionele persoon aan te stel om dit te doen. Maar, ’n eksekuteur kan tot 3,5% + BTW van die totale waarde van jou boedel vra om die werk te onderneem. Dus, op ’n boedel ter waarde van R3 miljoen sal jy ongeveer R120 000 betaal aan eksekuteursfooie. Indien jy nie hierdie geld beskikbaar het nie, is die eksekuteur daarop geregtig om beslag te lê op jou bates en dit te verkoop op ’n veiling om die fooie te dek.
  4. Administrasiefooie: Na ’n afsterwe, moet twee advertensies geplaas word in ’n plaaslike koerant en die Staatskoerant om moontlike skuldeisers in kennis te stel. Die kostes kan wissel tussen R1 000 en R1 500, afhangende van die publikasie wat gekies word hiervoor. Jy sal ook fooie moet betaal met betrekking tot korrespondensie wat met die Meester van die Hooggeregshof aangegaan word, sowel as ’n fooi aan die Meester vir sy rol in die bereddering van die boedel.
  5. Fooie met betrekking tot die verkoop of oordrag van eiendom: Hetsy jy ’n eiendom verkoop of oordra na ’n begunstigde se naam, sal ’n aktebesorger ’n fooi hef wanneer daar oordrag van eienaarskap is. ’n Huis wat byvoorbeeld R1 850 000 werd is, sal meer as R30 000 in fooie van die boedel eis wanneer dit in ’n begunstigde se naam oorgedra word. Jy benodig ook ’n tariewe- en waterklaringsertifikaat vanaf die stadsraad of munisipaliteit voordat eienaarskap oorgedra word. Dit sal uitgereik word alleenlik as die tariewe en belasting vooruit betaal is. Party areas vereis selfs dat daar ses maande vooruit betaal moet word.
  6. Belasting: Nie alleenlik sal uitstaande eiendomsbelasting vanuit die boedel betaal moet word voordat dit gefinaliseer kan word nie, maar die eksekuteur sal moet bepaal of kapitaalwinsbelasting en/of boedelbelasting betaalbaar is. Meeste mense laat hulle hele boedel aan hulle eggenoot na, maar as beide van julle afsterf en julle kinders erf alles, dan word kapitaalwinsbelasting en erfbelasting ontplooi. Jou gesin sal die las van hierdie addisionele belasting, sowel as enige verdere regskostes moet dra.
  7. Testamentêre trust-fooie: Indien jy ’n erflating aan minderjariges nalaat, moet jy ’n trust oprig met jou afsterwe sodat hulle jou bates kan erf. Trust- en deurlopende trusteefooie kan egter hulle erfporsie erodeer. Gemiddeld 1,15% van die netto waarde van die bates word gehef om die trust op te rig en 1,6% word jaarliks gehef vir die deurlopende administrasie van die trust. Die totale koste op ’n trust met byvoorbeeld R1,5 miljoen se bates, bereken oor 15 jaar, sal meer as R377 000 beloop.

“Meeste van hierdie fooie en kostes is onafwendbaar en mense is geneig om nie vooraf daarvoor te begroot nie, wat beteken hulle begunstigdes word gekonfronteer met stygende kostes gedurende ’n tyd wanneer hulle alreeds rou oor die afsterwe van ’n geliefde en moet aanpas by hulle veranderde omstandighede,” voeg Simeonides by.

Meeste mense besef nie dat daar kostedoeltreffende versekeringsoplossings beskikbaar is wat hierdie onvoorsiene kostes kan dek nie. “As jy regtig jou nalatenskap wil beskerm en seker maak dat diegene wat jy agterlaat versorg is, moet jy ’n geldige testament hê en ’n duidelike plan van hoe hulle die kostes gaan dek, benewens die begrafnis.’’

As jy meer inligting benodig oor hoe jou geliefdes die kostes gaan dek of as jy nie tans ’n testament in plek het nie, of vir ’n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningsverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

  • Kontak Capital Legacy

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae