Camperdown vier 25 jaar in die skoonmaakbedryf

Foto verskaf deur Camperdown

Camperdown Environmental Services vier in 2021 sy 25ste jaar in die skoonmaakbedryf. Dié familiebesigheid, wat in 1996 sy deure oopgemaak het, het vinnig ʼn bekende naam in die sanitasiebedryf geword.

Camperdown het ʼn nasionale voetspoor in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal.

Die maatskappy spesialiseer in die skoonmaak van sonpanele, chemiese diepskoonmaak, plaagbeheer, “groen” chemikalieë, ondergrondse en bogrondse sanitasie. Camperdown het in 2015 sy eie opvoubare toilet ontwikkel wat algemeen in die mynbou-, konstruksie- en landboubedryf gebruik word.

Die maatskappy is geregistreer by SAPCA, NCCA en SESSA.

Camperdown het die afgelope paar jaar begin deel word van die volhoubare-energiebedryf en is nou die grootste naam in sonpaneelskoonmaak en het onlangs ook begin met sonpaneelinstallasies en instandhouding.

Vanjaar was ʼn uitdaging vir enige skoonmaakmaatskappy weens die Covid-19 uitbreking, maar Camperdown het bewys dat dit sy bestaansrede is – om seker te maak ons bly in ʼn skoon higiëniese land. Met soveel mededingers in die bedryf het Camperdown seker gemaak dat elke diens doelgemaak word vir elke kliënt.

Camperdown maak slegs van die nuutste tegnologie gebruik.

Die maatskappy sê daar is nog talle planne vir uitbreiding en hulle fokus om die onderneming nog meer te laat groei. Met meer as 500 werkers help Camperdown om werksgeleenthede te skep.

Besoek die webwerf www.camperdown.co.za of skakel 0800 220 004 vir meer inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.