Die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken

(Verskaf deur Capital Legacy)

“… die dood en belasting.”

Ons ken almal die gewilde idioom: die dood en belasting (“die enigste twee sekerhede in die wêreld”). Die gesprek oor testamente word dikwels vermy omdat, as ons eerlik is, dit nie altyd aangenaam is om na te dink oor wat sal gebeur indien jy sou afsterf nie. Deur proaktief planne te maak om jou geliefdes te beskerm en te verseker dat jou nalatenskap nagelaat word soos jy dit bedoel het, hoef nie ‘n sombere onderwerp te wees nie. Dit is die verantwoordelike ding om te doen en ons behoort dit meer openlik en ook meer dikwels te bespreek.

Jou testament is waarskynlik die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken en die gevolge as jy sonder ‘n geldige testament afsterf, kan ernstig wees. Sonder ‘n testament in plek, sal alles wat jy nalaat volgens die Wet op Intestate Erfopvolging van 1987 verdeel word – wat gewoonlik nie strook met jou plan vir die erfenis wat jy eendag sal wil nalaat vir jou geliefdes nie.

Indien jy enige bates besit in die vorm van geld, juweliersware, eiendom, beleggings ens. of as jy minderjarige kinders het, moet jy ‘n geldige testament in plek hê.

75% van Suid-Afrikaners sterf sonder om ‘n geldige testament in plek te hê

Elke jaar bevorder die Regsvereniging van Suid-Afrika (LSSA), ‘n nasionale testamente-week waar hulle regsfirmas aanmoedig om die opstel van testamente gratis aan te bied, in ‘n poging om bewustheid rondom die belangrikheid van testamente te verhoog. Daar is ‘n ondenkbare statistiek wat aantoon dat meer as 75% van Suid-Afrikaners afsterf sonder om ‘n geldige testament in plek te hê. Jy wonder dalk hoekom is dié getal so hoog. Die uitslag van ‘n onafhanklike meningspeiling wat hierdie maand deur Primedia Broadcasting gedoen is, het ons gehelp om die ware rede te ontbloot! Die meningspeiling het gevra waarom verbruikers nog nie ‘n Testament in plek het nie. Die resultaat was as volg:

  • 49% van respondente: “Ek het nog net nie daarby uitgekom nie.”
  • 15% van respondente: “Ek is nie seker waar om my testament te laat opstel nie.”
  • 15% van respondente: “Ek dink dit sal dalk duur wees om ‘n testament te laat opstel.”
  • 13% van respondente: “Ek dink nie ek het ‘n testament nodig nie.”
  • 8% van respondente: “Ander.”

Soos jy kan sien, was uitstel die hoofrede waarom mense nie ‘n testament in plek het nie, so meeste verbruikers verstaan die noodsaaklikheid vir ‘n testament, maar het doodeenvoudig nog net nie daarby uitgekom nie.

“Wanneer jy die impak op jou gesin, jou boedel en jou nalatenskap in ag neem indien jy sonder ‘n testament sterf, sou mens dink dit sal ‘n top-prioriteit wees – en tog sien ons dat slegs 1 uit 4 Suid-Afrikaners sterf met ‘n geldige testament in plek,” sê Brandon Garbutt, uitvoerende direkteur van Capital Legacy.

In die meningspeiling is deelnemers ook gevra of die Covid-19-pandemie hulle meer laat nadink het oor hul boedelbeplanning en watter nalatenskap hulle graag eendag sou wou nalaat. Die resultaat was ‘n dawerende ‘ja’.

“Hierdie jaar het bewys dat dit besonders belangrik is dat ons klem lê daarop dat ons ‘n blywende nalatenskap vir ons kinders en toekomstige generasies nalaat. Te midde van die teëspoed en stygende dodetal verwant aan Covid-19, word ons daaraan herinner dat die lewe onverwags kan wees. Ons moet dienooreenkomstig beplan,” beaamAlex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy.

Is jou testament in orde?

Dis tyd om ons gemeenskappe aan die gesels te kry oor die onderwerp van testamente en persone in ons midde aan te moedig om tot aksie oor te gaan. Om jou finale testament te laat opstel behoort nie ‘n uitdagende taak te wees nie. Hierdie week kan jy dit gratis gedoen kry deur deelnemende prokureursfirmas. By Capital Legacy bied ons dwarsdeur die jaar gratis testament-konsultasies aan en het ons September die ‘testamente-maand’ gemaak om ekstra klem op hierdie belangrike onderwerp te plaas.

Nasionale testamente-week is die ideale tyd om jou sake in orde te kry. Moenie hierdie artikel lees en dit dan uitstel vir ‘n ander dag nie. Gebruik ‘n uur van jou tyd en kry hierdie belangrike saak afgehandel; jy sal soveel gemoedsrus bekom. Moenie uitstel nie – kry jou testament vandag nog uitgesorteer!

Vir meer inligting en om jou gratis Testament-konsultasie te reël, besoek: www.capitallegacy.co.za/willsmonth

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.