Die duurste en goedkoopste plekke vir vakansie hou

Grand Cayman, Cayman Eilande (foto: Pixabay)

Die Grand Cayman is vanjaar as die duurste vakansiebestemmings aangewys, terwyl Antalya in Turkye jou die minste uit die sak gaan jaag.

Dít is volgens die reisagentskap Hoppa se jaarlikse verslag oor die duurste en die goedkoopste vakansiebestemmings vir 2020.

Hoppa kyk na meer as 100 vakansiebestemmings se gemiddelde prys vir hotelle per aand, taxi-kostes, kos vir twee mense, onverwagse mediese koste en gemiddelde wisselkoerse om dié lys op te stel.

Vanjaar is die Grand Cayman as die duurste bestemmings aangewys, waar dit gemiddeld sowat R8 549 per dag kos. Antalya in Turkye is aangewys as die goedkoopste plek om te gaan vakansie hou. Daar sal dit jou gemiddeld sowat R1 186 per dag kos vir vakansieverblyf.

Hier is die 10 duurste vakansiebestemmings:

  1. Grand Cayman, Cayman Eilande
  2. Abu Dhabi, VAE
  3. Zurich, Switserland
  4. New York City, VSA
  5. Reykjavik, Ysland
  6. Dubai, VAE
  7. Las Vegas, VSA
  8. Londen, Engeland
  9. San Francisco, VSA
  10. Los Angeles, VSA

 

Antalya, Turkey (Foto: Pixabay)

Hier is die 10 goedkoopste vakansiebestemmings:

  1. Antalya, Turkey
  2. Tbilisi, Georgië
  3. Nairobi, Kenia
  4. Kaïro, Egipte
  5. Mexico City, Meksiko
  6. Tunis, Tunisië
  7. Guatemala City, Guatemala
  8. Bogotá, Colombië
  9. Kiev, Oekraine
  10. Ho Chi Minh City, Vietnam

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chistelle ·

Duurste….Suid-Afrika in Desember by die see….rowery deur die akkommodasiebedryf en besighede. Goedkoper n eerliker waarde vir jou geld oorsee.

Will ·

Dis goedkoper om week in Dubai deur te bring in December as in die Kaap tans….

tiaan ·

Stem saam Christelle. Net een voorbeeld: Plettenbergbaai. Sommer niks om R180-00 vir ‘n 250g stukkie taai steak te betaal . Koerierdiens van Plet na George lughawe sommer R1000-00. Dan hoor ek dis nog van die goedkoopste!!

Louw ·

Het vir ‘n ruk in die suidkus gebly. Voor einde November moes jy alles koop wat jy nodig het tot so by 15 Januarie. Dan is dit “local” pryse. Daarna kan jy nie daar gaan koop nie. Alles is sommer twee keer duurder. Selfde met April vakansie. Een van die besighede het bevestig dat hy dit doen want oor Desember maak hy 90% van sy inkomste. Die res van die jaar is daar baie min besigheid. Dit was ‘n wegneem ete plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.