Dié rekening help jou spaar

Wie is Finbond Platinum?

Finbond Platinum is ʼn afdeling van Finbond Mutual Bank, ‘n gemagtigde finansiëledienste- (FDV44907) en kredietverskaffer (NKRKV 6172), gestig in 2012 (Suid-Afrikaanse Reserwebank-lisensie: SARB 01102).

Finbond Mutual Bank spesialiseer in die ontwikkeling en lewering van unieke en oplossinggedrewe spaar- en kredietoplossings wat werklike waarde toevoeg, en op die behoeftes van deposante en leners toegespits is, eerder as op geïnstitusionaliseerde beleide en praktyke.

Finbond Platinum stel ten doel om spesifiek spaarprodukte onder die Afrikaanse mark te bevorder.

Finbond Platinum se waardeproposisie aan die publiek is die volgende:
– Kliëntediens, trots in Afrikaans
– Direkte 24 uur-toegang tot ‘n persoonlike bankier, sewe dae ’n week
– Gemaklike privaat bankdienste (aanlyn) teen spaarrekening koste
– Spaarrentekoerse van 6% vir bedrae onder R20  000
– ʼn Eiesoortige banktoepassing (app) vir gemaklike banksake in Afrikaans.

Hoekom in lang rye staan en wag vir diens?

Finbond Platinum wil graag jou tyd, en jou lewe, vir jou teruggee. Maak ʼn rekening oop by Finbond Platinum en sien hoe maklik en lekker banksake weereens kan wees. Jy hoef nie vanaf jou huidige bank te skuif nie, maar hoekom maak jy nie ʼn bykomende spaarrekening oop wat goeie rente bied, sowel as vriendelike diens in Afrikaans nie?

Geniet ʼn lekker en welverdiende familievakansie … of ʼn bootrit! Of sommer net ʼn goeie kuier saam met jou vriende met die ekstra spaargeld wat jy by Finbond Platinum wegbêre en laat groei!

Om meer uit te vind, skakel 08600 00471, SMS die woord MYBANK na 30635, of stuur ʼn e-pos met jou navraag aan [email protected]

Kaarte word binne 24 – 48 uur afgelaai by die adres van jou keuse.

Finbond Platinum: enige tyd, enige plek, in Afrikaans.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.