Die suksesverhaal van Capital Legacy

(Foto verskaf deur Capital Legacy)

In hierdie uiters moeilike tye waarin maatskappye hulle werksmag verklein, is dit ʼn riem onder die hart dat daar wel maatskappye is wat die uitsondering is.

Terwyl Suid-Afrika gereeld letterlik in die donker is, is daar in besonder een maatskappy, Capital Legacy, wie se son, by wyse van spreke, al hoe helderder skyn. Dié maatskappy het honderde nuwe poste geskep namate sy voetspoor landwyd groter geword het. Capital Legacy het in slegs ʼn paar jaar een van die handelsmerke geword waaroor daar landwyd die meeste in die finansiëledienstebedryf gepraat word. Indien dié tendens voortduur, sal Capital Legacy eersdaags ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrika wees.

Die krimpende SA werksmag

Die werkstatistieke in Suid-Afrika is voorwaar terneerdrukkend.

Volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopname (QLFS) vir die derde kwartaal van 2021 het die getal mense wat werk het, met 660 000 afgeneem tot 14,3 miljoen vergeleke met die tweede kwartaal van 2021. Die werkloosheidsyfer het in dié kwartaal amptelik met 0,5% tot 34,9% gestyg.

Dié afname in werksgeleenthede het daartoe gelei dat die getal werklose mense van 7,6 miljoen tot 7,8 miljoen gestyg het. Uit die aard van die saak beteken dit die arbeidsmag word al hoe kleiner en die amptelike werkloosheidsyfer word al hoe hoër.

Dit is die hoogste amptelike werkloosheidsyfer wat nog aangeteken is sedert met die QLFS in 2008 begin is. Voorts was daar ʼn toename in die getal ontmoedigde werksoekers in die derde kwartaal (545 000 hoër) en ʼn toename in die getal werksoekers wat nie ekonomies aktief is nie vir ander redes as ontmoediging (443 000 hoër). Dit het gelei tot ʼn netto toename van 989 000 ekonomies nie-aktiewe mense.

Werkskepping deur Capital Legacy

Die prentjie by Capital Legacy is presies die teenoorgestelde as in die res van die land.

Dié maatskappy het sowat 30% meer poste van 2020 tot 2021 geskep. Dié hoeveelheid nuwe poste was 139 (470 tot 609).

Teen die eerste maand van die tweede kwartaal van 2022 (April) het Capital Legacy reeds dié groeipersentasie tot meer as 50% laat toeneem. Min of meer halfpad deur April is sowat 300 bykomende poste geskep. Dit het die getal mense wat vir die maatskappy werk op 918 te staan gebring.

Capital Legacy bly groei en stel nagenoeg 35 nuwe werknemers per maand aan. Die maatskappy voorsien dat teen dié tempo die aantal mense in sy diens teen die einde van 2022 tot meer as 1 300 sal toeneem.

Waarom groei Capital Legacy teen so ʼn geweldig vinnige tempo?

Alex Simeonides (Foto verskaf deur Capital Legacy)

Volgens Alex Simeonides, stigter en uitvoerende hoof van Capital Legacy, is die hoofrede vir die maatskappy se groei omdat dit ʼn daadkragtige oplossing vir ʼn baie reële probleem in Suid-Afrika bied.

Dié baie reële probleem is dat 75% van Suid-Afrika se bevolking nie ʼn testament het nie en nie voorsiening maak vir die koste betrokke wanneer iemand sterf nie. Capital Legacy het die afgelope tien jaar daaraan bestee om dit vir Suid-Afrikaners makliker te maak om hul testament in orde te kry en het innoverende oplossings om die bereddering van ʼn boedel se regskoste te dek.

ʼn Bewys dat Capital Legacy dit vir jou makliker te maak om jou testament op te stel, is die nagenoeg 380 000 kliënte wat die maatskappy oor die afgelope 10 jaar bygestaan het. Maandeliks plaas gemiddeld 11 000 nuwe kliënte hulle vertroue op Capital Legacy om seker te maak dat hulle erfenis ook beskerm word.

Om heen te gaan sonder ʼn testament skep heelwat probleme. Kortliks gestel, beteken dit dat die oorledene intestaat sterf en dat sy/haar laaste wense waarskynlik nie ten uitvoer gebring sal word nie.

Wanneer iemand intestaat te sterwe kom, stel die staat ʼn eksekuteur aan om die boedel kragtens die Suid-Afrikaanse reg te beredder. Dié proses kan lank duur, afhangende van onder meer die likiditeit, kompleksiteit en die hoeveelheid bates van die boedel.

Wanneer ʼn mens intestaat sterf en minderjarige kinders het, kan dit verskeie negatiewe uitkomste vir die kinders hê.

Twee groot uitkomste sal die volgende wees: Die hof sal ʼn voog/voogde vir die minderjarige kind/kinders aanstel, wat nie noodwendig die ouers se eerste keuse sou wees nie.

Tweedens sal die bates van die bestorwe boedel in die staat se Voogdyfonds geplaas word, omdat ʼn minderjarige kind nie bates mag besit of administreer nie. Die kind se voog of tutor of kurator moet eise teen die Voogdyfonds instel vir uitgawes wat die minderjarige kind se behoeftes betref.

Dit kan nogal ʼn uitgerekte proses wees omdat elke eis noukeurig bekyk word om seker te maak dat dit bo verdenking is. Indien die ouers ʼn geldige testament gehad het, sou nie een van bogenoemde uitkomste geskied het nie.

Capital Legacy stel testamente gratis op, stel planne in plek om regskoste te dek en hanteer bestorwe boedels. Omdat die maatskappy op testamente fokus, en met gebruik van sy gespesialiseerde prosesse, handel Capital Legacy boedels baie vinniger as die bedryf se gemiddelde af.

Mense wat mekaar van Capital Legacy vertel, het ʼn groot bydrae gelewer tot die duisende navrae wat die maatskappy elke maand kry en getuig van sy goeie kliëntediens.

“Capital Legacy se jongste veldtog “Secure their next steps today” bevestig dat ons kinders ons prioriteit is. Dit dui logieserwys op die belangrikheid daarvan om ʼn geldige en opgedateerde testament gereed te hê wat voorsiening vir hulle toekoms maak, sou iets onvoorsiens gebeur,” voeg Simeonides by. Die veldtog toon die lewensreis van ʼn kind, van die eerste treetjies af, tot die eerste keer se skool toe gaan, die deelname aan sport, die begin van ʼn beroep, treë na die kansel toe en dan die voltooi van die sirkel met ʼn eerste, eie kind (kyk die veldtogvideo onderaan hierdie rubriek). Die jaar 2022 is vol belofte vir Capital Legacy namate die maatskappy ook sy volgende treë gee.

Capital Legacy spesialiseer in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel, bywerk of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.