Die tien gesogste landgoedere in SA

Deur die loop van die jaar het die New World Wealth- span landwyd talle residensiële landgoedere wat hoë gehalte bied besoek om hierdie lys op te stel.

Residensiële landgoedere sluit leefstyl-, wildlewe-, gholf- en perdelandgoedere, sowel as landgoedere met ʼn tema, in.

Die beoordelingskriteria sluit die volgende in:

  • Gemeenskaplike parke en tuine
  • Ontwerp en spasie
  • Instandhouding
  • Plek, uitsigte en omgewing
  • Veiligheid
  • Aktiwiteite en fasiliteite beskikbaar

New World Wealth

Volgens die eiendomsadviseur Basil Weinrich wat met die studie gehelp het, woon meer en meer mense in Suid-Afrika op residensiële landgoedere.

“Om op ʼn residensiële landgoed te woon word al meer gewild, veral onder die meer gegoedes. Ons skat dat meer as 40% van Suid-Afrika se individue met ʼn hoë netto waarde (HNWI) op ʼn residensiële landgoed woon of ʼn huis daar besit,” sê Weinrich.

Hier is Suid-Afrika se tien gesogste landgoedere in alfabetiese volgorde:

  • Arabella (Botrivier-strandmeer, buite Hermanus)
  • Atlantic Beach (tussen Bloubergstrand en Melkbosstrand)
  • Fancourt (George)
  • Pezula (Knysna)
  • Simbithi (Ballito)
  • Steenberg (Kaapstad)
  • Steyn City (Johannesburg)
  • Val de Vie (tussen Paarl en Franschhoek)
  • Whale Rock Ridge (Plettenbergbaai)
  • Zimbali (Ballito)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.