Die toppunt van slim geld?

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling van Everest Wealth, een van Suid-Afrika se snelgroeiendste beleggingsfirmas, bespreek die toppunt van slim geld. Dié artikel dien as ʼn verwysingspunt vir die leser om na te dink oor of hul geld ‘slim’ aangewend en bestuur word.

Ons almal hou van die idee van finansiële vryheid, maar werk jy slim met jou geld? Soms voel dit vir my dat al is dit iets wat ons almal gemeen het, dit nie iets is wat ons almal ewe ernstig opneem om te behaal in ʼn lewensplan nie. Ons kan daaraan dink soos enige mooi huis wat mens bou of groot berg wat mens wil uitklim – daar moet ʼn plan wees.

Everest Wealth sal voorstel dat voornemende beleggers moet bepaal of hulle geldslim is, en ʼn minuut neem om hulself ʼn punt uit 10 te gee vir elk van die volgende drie vrae:

  • Hoe effektief wend jy die geld tot jou beskikking aan?
  • Hoe afgerond is jou beleggingsportefeulje om seker te maak jy kan vir jouself en die mense rondom jou in die toekoms voorsien?
  • Hoe relevant is jou kort- en langtermyn finansiële doelwitte? Gee jouself ook ʼn nul indien jy nie enigsins dit op papier vas gepen het nie.

Indien jy met die bostaande klein toetsie jouself met ʼn telling onder 20 bevind het sal dit van waarde wees om ʼn adviseur te raadpleeg vir ʼn behoorlike plan om jou finansiële berg uit te klim.

Die antwoorde op hierdie vrae gee aan elke persoon perspektief op hul lewensplan en wat daarvoor nodig is om die finansiële Everest te klim – mens moet geldslim word. Everest Wealth stel ‘n paar eenvoudige stappe voor vir hierdie proses:

Kry ʼn gids

Eerstens klim mens nie Everest alleen uit nie en aan die begin mag dit dalk soos ʼn onoorkombare berg lyk maar met die regte toerusting en gids wat die risiko bestuur is die klim ʼn ervaring en oorskry die uitsig die risiko geneem om daar uit te kom. Everest glo ek elkeen verdien dit om die toppunt van hul geld se uitsig te sien.

Jy hoof dit nie alleen te doen nie, kry ʼn kundige wat ʼn verwysing het van duisende kliënte wat met dieselfde vrae gekonfronteer was, wat vandag nie meer met daai uitdaging sit nie. Geld is iets wat ons almal wil laat groei en dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, ons almal se doelwit is iewers tussen aggressiewe en konserwatiewe groei. Ons almal wil tog ons geld laat groei.

Kry ʼn padkaart

Maak seker jy weet vooraf waarheen jy op pad is en indien jy reeds ʼn gids of ʼn adviseur het, vra hom of haar of hulle weet waarheen julle op pad is en om jou te verduidelik en dit op skrif te sit. Dit is belangrik om die som vooraf te maak. Beleggers behoort te weet wat die syfer is waarvoor hulle mik. By Everest glo ons in dubbelsyfers en moedig beleggers aan om ook daarvoor te mik, dit is nou ná kostes en belasting. Saamgestelde rente speel ʼn belangrike rol, en dus is die tydperk van beleggings ook belangrik. Vrye geld wat lê is dooie geld wat verkwis word: jy kort ʼn padkaart na die toppunt.

Word geldslim

Kry die regte toerusting wat vir jou pas. Kry dus die regte finansiële voertuig wat jou vorentoe sal laat beweeg, wat jou geld energie gee en jou kapitaal beskerm. Ons wil groei, ons wil ʼn hoër vlak van kapitaal bekom ná die ekspedisie teen hierdie berg uit. Daar is verskillende beleggingsopsies van plaaslik en buitelands tot selfs om in ongelyste en privaat maatskappye te belê.

Kry ʼn tweede opinie

Daar is baie wat reeds op pad is om berge te klim, al is dit nie Everest nie. Daar is beleggers wat nie seker is oor hoe die uitsig op die toppunt van die berg gaan lyk nie, en ek kry elke dag mense wat regtig tot hoër hoogtes in staat was, of beleggers wat ʼn gids of adviseur het wat sukkel om die prentjie wat voorlê mooi te skets.

By Everest glo ons vas dat dit in elke belegger se beste belang is om ʼn tweede opinie te kry om seker te maak dat jy nie al die tyd geneem het om die berg te klim – vyf, tien of selfs 50 jaar later – en aan die einde van die termyn kom jy agter dit was ʼn skamele klein koppie nie. ʼn Tweede opinie is gratis of behoort te wees en ek moedig mense aan om hulle plan by iemand kundig te gaan toets.

Everest Wealth doen graag gratis ontledings van bestaande beleggingsportefeuljes, en dit is belangrik dat my personeel dubbelsyfers najaag vir hul kliënte.

Maak die beste van jou reis en streef daarna om die toppunt van ‘slim geld’ te bereik, en dit deel van jou lewensplan te maak.

Kontak Everest Wealth gerus vir kundige advies op 087 654 8705, stuur ʼn e-pos aan [email protected] of besoek die webwerf by https://everestwealth.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.