Exness skenk $50 000 aan SA projekte teen Covid-19

(Foto verskaf)

Die internasionale multibatemakelaar Exness het vanjaar ’n eksklusiewe handelsveldtog gevoer waarvan die tema vir deelnemende handelaars was om geld in te samel vir liefdadigheid deur hulle handelsaktiwiteite. Vir elke handelstransaksie het Exness ’n blykie van waardering aan sy kliënte teruggegee, wat ook op die ingesamelde fondse aan liefdadigheid gedui het.

Oor die 20 000 deelnemers het aan die welsynsveldtog deelgeneem, waarvan die opbrengste gebruik is om wêreldwye Covid-19-projekte te ondersteun. In Suid-Afrika het Exness weereens sy kragte met dié van die Gift of the Givers-stigting saamgesnoer.

Gift of the Givers is die grootste nieregerings- ramphanteringsorganisasie van Afrika-oorsprong op dié kontinent. Die organisasie het ten doel om mense te verenig, om ’n werklike en sigbare verandering te maak, om ’n deursigtige, eerlike en etiese kultuur te skep, en om mense en hulle gesinne te onderskraag.

Exness se $50 000-skenking het bykomende beddens in beide staat- en privaat hospitale en ’n deurlopende voorraad van suurstofkonsentrators ingesluit, asook die voortgesette verspreiding van hoëvloei-nasale-suurstofmasjiene en suurstoftoedieningstoestelle aan staatshospitale.

Die skenking is ook gebruik om geskenkpakkies soos tee en koffie aan gesondheidswerkers te lewer wie se geestesgesondheid, wat gedurende die pandemie werklik ’n knou toegedien is, van kardinale belang is. Die uitgebreide verspreiding van weggooibare en herbruikbare maskers aan hoofsaaklik skole was ook in die maatskappy se skenking ingesluit.

Hierdie is nie die eerste keer nie, en dit sal ook nie die laaste keer wees wat Exness met die Gift of the Givers-stigting saamwerk nie. Tydens die lente van 2020, toe Covid-19 sy pandemiese aansteeklikheid begin het en mense aangesê is om tuis te bly om lewens te red, is kospakkies aan gesinne met groot nood in Suid-Afrika en Zimbabwe met hongersnoodverligtingsprojekte gelewer.

Exness se streeksdirekteur, Paul Margarites, het gesê: “Ons is verheug om vir ’n tweede jaar met Gift of the Givers te kan werk en om hulle in hul belangrike werk te ondersteun. Covid-19 is steeds besig om die Afrika-kontinent te teister en ons voel dit ons plig, as ’n maatskappy wat soveel klem plaas op teruggee aan die gemeenskap, om aan te hou om ’n impak te maak op enige manier wat ons kan. Ons wil ook graag al ons handelaars in Afrika bedank vir hulle deel om hierdie skenkings moontlik te maak.”

Vir meer inligting oor Gift of the Givers en Exness, besoek hul onderskeie webwerwe by www.giftofthegivers.org en www.exness.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.