Finansiële makelaar Exness verwerf FSCA-lisensie in SA

Foto verskaf deur Exness

Die wêreldwye multibatemakelaar Exness het pas sy lisensie van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) vir Suid-Afrika ontvang. Exness is dus nou gemagtig om as plaaslike finansiëlediensverskaffer handel te dryf.

Die FSCA is verantwoordelik vir die regulering en toesig oor markgedrag in Suid-Afrika. Dit is daarop gemik om die doeltreffendheid en integriteit van finansiële markte te verbeter en te ondersteun. Die FSCA beskerm beleggers en handelaars deur billike handel deur finansiële instellings te bevorder.

Exness is een van die wêreld se voorste makelaars met ‘n sterk teenwoordigheid in die mark sedert 2008. Dit is bekend as ʼn betroubare en kliëntgerigte makelaar wat handelservaring bied in ‘n deursigtige en veilige omgewing. Die reeks produkte bevat valutapare, edelmetale, kripto-geldeenhede, kommoditeite, indekse en aandele. Exness het verder naam gemaak deur die eerste makelaar te wees wat die groep se finansiële verslae en sleutelprestasie-aanwysers op sy webwerf gepubliseer het, asook deursigtig opgetree het deur die prysgeskiedenis van data met ʼn regmerk teenoor alle instrumente aan te dui.

Lees meer: Het jy geweet Exness was in 2020 die vinnigste groeiende forex-makelaar?

Foto verskaf deur Exness

“Dit is ‘n besonder belangrike mylpaal vir Exness, aangesien Afrika ‘n belangrike rol speel in ons strategiese uitbreidingsplanne,” het Paul Margarites, direkteur van Exness vir Afrika suid van die Sahara, gesê. “Ons was in die gelukkige posisie om reeds ‘n vennootskap met sommige van die mees professionele handelaars en vennote in die streek te hê. Ons sien uit na wat die toekoms inhou – vir ons sowel as vir diegene met wie ons van plan is om sake te doen.”

Exness het ‘n jaarlikse rekordvolume van $6,110 miljard in 2020 behaal, die hoogste handelsvolume in sy 13-jarige geskiedenis, met $593 miljoen aan kliënteonttrekkings en $100 miljoen aan onttrekkings van vennote. Met meer as 140 000 kliënte, in meer as 150 lande, is dit veilig om te sê dat ‘n ware markleier in Suid-Afrika aangekom het.

Gereed om die forex mark te betree? Teken hier aan en begin vandag nog handel dryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.