Forex-kursusse: ʼn Beginnersgids tot verhandeling

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Het die tyd aangebreek dat jy beheer neem oor jou finansiële toekoms? Oorweeg dit om by duisende Suid-Afrikaners aan te sluit wat ʼn goeie wins maak met verhandeling in buitelandse valuta. Suid-Afrika bied van die wêreld se beste Forex-kursusse.

In dié beginnersgids tot Forex-verhandeling in Suid-Afrika leer jy meer oor die aanloklike wêreld van Forex-verhandeling. Jy ontdek ook waarom dié mark in gewildheid toeneem onder ʼn groot verskeidenheid groep mense.

Wanneer jy sake of inkopies wil doen in ander lande, het jy ʼn stelsel nodig waar jy toegang het tot buitelandse valuta sodat betalings in die aanvaarde vorm kan geskied. Die FX-mark is jou antwoord. “Forex” is “foreign exchange” en word deur ʼn land of groep lande uitgedruk as ʼn monetêre eenheid, soos die Amerikaanse dollar of die Suid-Afrikaanse rand.

Skryf nou in vir ʼn Forex-verhandelingskursus

Statistiek oor die Forex-mark in 2019

  • Die Forex-mark is die grootste mark in die wêreld met ʼn daaglikse gemiddelde verhandelingsvolume van net meer as $9 biljoen (“trillion”)
  • Die Forex-verhandelingsmark is $1,93 triljoen (“quadrillion”) werd – dit is twee keer groter as die wêreldwye bruto binnelandse produk (BBP)
  • Die daaglikse Forex-verhandelingsvolume is ongeveer 53 keer groter as die New Yorkse aandelebeurs
  • Forex is die enigste mark wat 24 uur per dag bedryf word

Die interessantste ding oor die Forex-mark is dat daar nie ʼn sentrale markplek is nie – alle verhandelings geskied elektronies op rekenaars tussen verskillende handelaars wêreldwyd. Hierdie toeganklikheid is wat die Forex-mark só aanloklik maak vir talle mense.

Só werk Forex-verhandeling

Argieffoto (Foto: Csaba Nagy/Pixabay)

Forex-verhandeling is die koop en verkoop van geldeenhede met die doel om ʼn wins te maak. Met Forex-verhandeling werk jy altyd met twee geldeenhede. Jy koop die een en verkoop die ander een. Die idee is om ʼn wins te maak terwyl die geldeenheid, wat jy koop, in waarde toeneem, teen die geldeenheid wat jy verkoop. Die verskil in prys is of jy ʼn wins of verlies getoon het.

Daar is agt groot geldeenhede wat aktief by Forex-verhandeling betrokke is:
USD – die Amerikaanse dollar is die geldeenheid wat wêreldwyd die meeste verhandel word
GBP – Britse pond
Euro – geldeenheid van die Europese Unie
CHF – Switserse frank
JPY – Japannese yen
AUC – Australiese dollar
CAD – Kanadese dollar
NZD – Nieu-Seelandse dollar

Wat jy van Forex-verhandeling moet weet

Forex-verhandeling kan baie uitdagend wees en, net soos meeste ander dinge, is daar ʼn leerkurwe. Professionele persone, wat in hul veld uitblink, moes eers studeer en hul vaardighede slyp deur ervaring, en dit is ook van toepassing wanneer jy leer hoe om met buitelandse valuta handel te dryf. Vra enige suksesvolle handelaar en hulle sal sê dat dit nie sommer oornag gebeur om ʼn wins te maak met Forex-verhandeling nie.

Wat het jy nodig?

Jy het ʼn rekenaar, toegang tot die internet en ʼn geloofwaardige makelaar nodig wat geakkrediteer is en ʼn gevorderde verhandelingsplatform beskikbaar het waarop jy kan oefen. Jy kan al jou foute eers op ʼn demo-rekening maak, sonder dat jy jou eie geld waag.

Kry geakkrediteerde Forex-kennis

Omdat jy ʼn beginner is, is dit noodsaaklik dat jy belê in ʼn professionele Forex-verhandelingskursus om ʼn goeie begrip te kry van die wêreldekonomie en hoe om handel te dryf. Jy hoef nie die wêreld van Forex alleen aan te pak nie; jy kan by professionele verhandelaars leer en met hul wenke, stap-vir-stap-gidse en strategieë sal jou leerkurwe beslis versnel.

Ken die taal

Daar is ʼn paar vreemde terme in die wêreld van Forex, soos “pips”, “quotes”, “bid”, “ask”, “spread”, “lots”, “leverage”, “long”, “short”, ens. Dis baie belangrik dat jy eers die terminologie onder die knie kry, want alle verhandelingsplatforms gebruik dieselfde taal.

Verstaan die wêreldekonomie

Bly op hoogte van hoe ekonomieë bedryf word en verstaan watter faktore wisselkoerse kan beïnvloed. As jy in buitelandse valuta wil handel dryf, moet jy weet hoe die ekonomieë van verskillende lande werk en hoe dit met mekaar verbind word. Jou kennis van die wêreldekonomie sal jou in staat stel om met vertroue en insig handel te dryf.

Daar is dus verskeie beginsels van Forex-verhandeling wat jy moet ken voor jy begin – maar moenie dat dit jou afskrik nie. As jy ʼn goeie opleidingsprogram kry met ervare en professionele afrigters met wie jy daagliks kan gesels, sal jy binnekort ook soos ʼn kenner in buitelandse valuta kan verhandel!

As jy gereed is om met Forex te begin verhandel, skryf nou in vir ʼn Forex-verhandelingskursus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.