Forum Sekuriteit bied geakkrediteerde opleiding en veiligheidsdienste

Foto verskaf deur Forum Sekuriteit

Volgens Psira (Private Security Industry Regulating Authority) is die privaat sekuriteitsbedryf in Suid-Afrika een van grootstes in die wêreld, met oor die 9 000 geregistreerde maatskappye, 450 000 geregistreerde aktiewe privaat sekuriteitswagte en ʼn verdere 1,8 miljoen gekwalifiseerde, maar onaktiewe wagte.

Verder is die privaat sekuriteitsbedryf in Suid Afrika groter as die SAPD en SANW se gekombineerde personeelvermoë. Soos wat die vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Weermag se vermoë om gewone burgers veilig te hou afneem en die misdaad, veral geweldsmisdaad op kwesbare gemeenskappe, toeneem, neem die behoefte na doeltreffende privaat sekuriteitsdienste toe.

Hoekom Forum Sekuriteit?

Foto verskaf deur Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit (MSW) is ʼn inisiatief van AfriForum en is opgerig as ’n maatskappy sonder winsoogmerk en sonder lede. Die maatskappy se visie is om die grondwetlike regte van ondersteuners en die algemene publiek te bevorder, wat onder meer lewe, vryheid en sekerheid van persoon en waardigheid insluit, verduidelik Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit.

Die hoofdoelstelling en hoofbesigheid van Forum Sekuriteit is om die grondwetlike regte van ondersteuners en die algemene gemeenskap, tot lewe, veiligheid en waardigheid te beskerm deur ʼn doeltreffende privaat sekuriteitsmaatskappy daar te stel en te bedryf.

Die kernbesigheid van Forum Sekuriteit is om te fokus op:

  • Die beskerming van die algemene publiek en die bevordering van die publiek se veiligheid;
  • Die beskerming van openbare en/of privaat skole en die bevordering van hulle veiligheid;
  • Die oprigting en handhawing van ʼn hoë standaard gewapende reaksie- en mediese noodreaksie-eenhede;
  • Die daarstel, ontwikkeling en bestuur van ʼn polisiëringsvennootskap, om misdaad effektief te bekamp;
  • Die patrollering en bewaking van gemeenskappe teen verdagte/kriminele handelinge en die inhegtenisneming van misdadigers;
  • Ondersteuning met die vervolging van misdadigers;
  • Ondersteuning en berading aan slagoffers van misdaad; en
  • Openbare bewusmakingsveldtogte vir die bevordering van veiligheid.

Die hooffokus van Forum Sekuriteit is die beveiliging van gemeenskappe en kwesbare instellings soos skole, ouetehuise, universiteite en die algemene gemeenskap.

Ter bereiking van bogenoemde doelstellings, word daar op die volgende gefokus:

  • Sekuriteit;
  • Veiligheid; en
  • Opleiding.

Sekuriteit

Foto verskaf deur Forum Sekuriteit

Ten opsigte van ons fokus op sekuriteit, is Forum Sekuriteit primêre doelwit om die instellings van die Soliditeit Beweging en hulle bates te beskerm deur die daarstelling van ’n doeltreffende wagtekomponent, kringtelevisiekameras, die monitering van terreine deur beheerkamers en die deurlopende risiko-assessering van geboue en terreine. Die sekondêre doelwit is om soortgelyke dienste uit te rol na kwesbare gemeenskappe, skole, ouetehuise, koshuise en enige ander lede van die publiek. Hierdie funksie word versterk deur die gebruik van eksterne spesialiskonsultante en sub-kontraktering van sekere spesialisdienste.

Veiligheid

Foto verskaf deur Forum Sekuriteit

Die verval van die staat, met spesifieke verwysing na die SAPD en SANW, en die stelselmatige ontwapening van wetsgehoorsame burgers, lei daartoe dat gewone burgers eienaarskap van hulle eie veiligheid begin neem deur by georganiseerde strukture betrokke te raak. Dit lei tot die stigting van formele polisiëringsforums, plaaswagte en buurtwagte.

Die skerp toename in burgerlike betrokkenheid in Suid-Afrika word al meer prominent en die mense moet besef die beste verweer teen weerloosheid is weerbaarheid.

AfriForum het reeds 157 gevestigde buurtwagte en Forum Sekuriteit wil bydra tot algemene burgerlike veiligheid deur:

  • in samewerking met buurtwagte, ʼn prominente rol te speel in die beveiliging en opleiding van kwesbare gemeenskappe;
  • Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, verwys na die goue driehoek van ʼn veilige samelewing: goed georganiseerde burgery, doeltreffende privaat sekuriteit en ʼn sterk polisiemag. Forum Sekuriteit wil ʼn prominente rol speel in die bied van doeltreffende privaat sekuriteit in gemeenskappe waar veral AfriForum georganiseerd is;
  • die ontplooiing van ʼn mobiele beheerkamer in die geval batebeskerming tydens onluste, optogte en massa optredes;
  • om saam met AfriForum ʼn prominente rol te speel in die ankergmeenskappe; en
  • doeltreffende batebeskerming van skole, ouetehuise en enige ander lede van die publiek wie se eiendom of lewens bedreig word.

Forum Sekuriteit-opleiding

Foto verskaf deur Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in 2019 as geakkrediteerde opleidingsverskaffer deur die “Quality Council for Trade and Occupations” (QCTO) onder die “ Security and Safety Sector Education Training Authority” (SASSETA) as deel van “SA Qualification Authority” (SAQA) geregistreer.

Forum Sekuriteit kompeteer in die oop veiligheid opleidingsmark met ander sodanige diensverskaffers, maar is primêr daarop toegespits om sy eie lede asook aan die lede van AfriForum se veiligheidstrukture (buurtwagte) toe te rus met die korrekte kennis, vaardighede en gesindhede om pro-aktief sowel as reaktief tydens veiligheidsbedreiging beskermingsdienste te kan lewer.

Die opleidingsmaatskappy is sodanig gestruktureer dat daar geakkrediteerde opleiding sowel as nie- geakkrediteerde opleiding (werkswinkels) aangebied kan word.

Die geakkrediteerde opleiding sluit in twee kwalifikasies:

  • Algemene Sekuriteitspraktisyn (SAQA nr. 58577, 133 krediete), ʼn vlak 3 nasionale kwalifikasieraamwerk (NKR)-kwalifikasie; en
  • Spesialis Sekuriteitspraktisyn (SAQA nr. 57713, 137 krediete), ʼn vlak 4 NKR-kwalifikasie. Die vlak 3-kwalifikasie is ʼn voorvereiste vir die kwalifikasie op vlak 4. Hierdie kwalifikasies kan aan ʼn voornemende sekuriteitsbeampte die nodige begronding verleen om met selfvertoue ʼn loopbaan in die sekuriteitsmark te kan betree.

Forum Sekuriteit is ook in die proses om die Naby Beskermingsbeamptekursus (SAQA nr. 58696, 133 krediete) eersdaags geregistreer te kry.

Nie-geakkrediteerde opleidingsprogramme, oftewel werkswinkels, word vanaf 2021 onder die vaandel van Forum Sekuriteit aangebied aan lede van buurtwagte en ander belangstellendes. Hierdie opleidingsprogramme sluit in:

  • noodhulpvlakke 1 tot 3, wat gedesentraliseerd reg oor die land aangebied sal word deur geregistreerde fasiliteerders en sal die aanbieding van die kursus geskied op aanvraag; en
  • brandbestryding en Psira-opleiding vanaf Graad E tot Graad A, wat in samewerking met die landbou sektor opleidingsowerhede tweemaandelikse aangebied sal word.

Die behoefte om hierdie kursusse aan te bied het by die buurtwagte ontstaan as ʼn bewese noodsaaklikheid in die uitvoering van hulle take.

Forum Sekuriteit is ook van plan om in 2021 leerlingskappe met die bestaande wagkomponent ooreen te kom en aan te bied om sodoende verder by te dra tot die opbou van goeie werksverhoudings en bemagtiging van sy werknemers.

Forum Sekuriteit se besigheidsplan word in fases uitgerol, soos wat in die diagram uiteengesit word:

Volg gerus Forum Sekuriteit se Facebook-blad en besoek die webwerf www.forumsekuriteit.co.za vir meer inligting. Stuur ʼn e-pos aan [email protected] as jy enige navrae het.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae