Geldsake voor jy in die huwelik tree

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Jy het al die ring gekies, datum bepaal en jou gaste uitgenooi. Maar het jy aan alles gedink? Ongeag jou ouderdom of die tipe troue waarop jy besluit het, is daar belangrike geldsake wat jy in ag moet neem voor jy in die huwelik tree.

Eerste huwelike
Kies die regte huwelikskontrak

Die lewe is gewoonlik maanskyn en rose vir diegene wat kies om na die kansel te stap met die liefde van hulle lewe. In die algemeen, trou meeste Suid-Afrikaners eers in hulle vroeë tot middel dertigs, en dis heel moontlik dat hulle al bates, soos eiendom en voertuie het, asook al skuld aangegaan het wanneer hulle na die kansel stap. “Dit is baie belangrik dat jy die regte huwelikskontrak kies, voor jy ‘Ja’ sê, om toekomstige finansiële komplikasies wat jou huwelik kan beïnvloed, te vermy,” sê CEO van Capital Legacy, Alex Simeonides. “En, moenie vergeet om jou Testament op datum te bring nie om hierdie lewensveranderende mylpaal in ag te neem.”

Wees versigtig: As jy binne gemeenskap van goedere getroud is, kan jy net 50% van julle gesamentlike boedel aan iemand van jou keuse laat wanneer jy sterf. Jou gade kan kies wat gebeur met die ander helfte van julle boedel – hulle deel. Dink daaraan om ʼn huweliksvoorwaardekontrak te teken, want dan behou albei eggenote hul eie bates.

Tweede keer gelukkig
Neem die unieke behoeftes van vermengde gesinne in ag

Argieffoto (Foto: Narcis Ciocan/Pixabay)

Tweede huwelike word al hoe meer algemeen, maar ʼn eenvoudige wysiging aan jou Testament laat verdwyn nie die finansiële verpligtinge van jou vorige huwelik nie.

“Vermengde gesinne kan finansieel ingewikkeld raak,” sê Simeonides. “Doeltreffende boedelbeplanning en wysigings aan jou Testament beteken dat jy kan verseker dat enige minderjarige kinders van ʼn vorige huwelik ondersteun word, en seker maak dat jou huidige eggenoot en familie versorg en ondersteun word.”

Wees versigtig: Maak gebruik van ʼn finansiële tussenganger om te verseker dat jy deur doeltreffende boedelbeplanning ʼn erfenis agterlaat vir jou familie.

Tradisionele Huwelike
Beskerm jou regte

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Baie Suid-Afrikaners verkies om hulle kultuur te vereer deur tradisioneel te trou. Dit beteken nie dat jy finansieel hoef uit te verloor nie. Wanneer albei die makoti (bruid) en mkhwenyana (skoonseun) se families die lobola-onderhandelinge afgehandel het, is jy amptelik getroud. Talle Suid-Afrikaners is nie bewus dat ʼn geregistreerde tradisionele huwelik outomaties beskou word as getroud ‘binne gemeenskap van goedere’ nie en elke eggenoot is geregtig tot die helfte van die gesamentlike boedel – albei se bates en skuld.

Wees versigtig: As jy in ʼn huweliksvoorwaardekontrak wil tree, sal jy dit moet oorweeg om die kontrak gedurende die finaliseringseremonie te onderteken, om jou boedel te beskerm en ʼn eis teen jou boedel te verhoed sou een van julle afsterf.

Feit: ʼn Huweliksvoorwaardekontrak moet, voor die troue, deur ʼn notaris opgestel word en moet binne drie maande geregistreer word in die Registrasie van Akte.

As jy nie ʼn testament in plek het nie, of vir ʼn geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat jy kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.