Gesegregeerde rekeninge en Forex-bonusse by Khwezi Trade

(Foto verskaf deur Khwezi Trade)

Die finansiële mark het deesdae honderde, selfs duisende, forex-makelaars wat poog om beginner-handelaars te lok met buitensporige aanbiedinge en voordele. Handelaars wat al ʼn ruk lank met buitelandse valuta handel dryf, weet dat hulle nooit met ongereguleerde makelaars moet sake doen nie.

Die rede is eenvoudig: ongereguleerde handelaars is nie verbind tot die wet om seker te maak dat ʼn kliënt fondssekuriteit geniet nie. Hierdie makelaars word boonop ook nie onderwerp aan oorsig om seker te maak dat hulle hul finansiële verpligtinge nakom of om ʼn deursigtige, regverdige en veilige handelsomgewing te bied nie. Die nuwe oor-die-toonbank (OTC)-regulasie is deur die plaaslike reguleerder, die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), ingestel om slegte appels in die bedryf te voorkom. Khwezi Trade, ʼn afdeling van Khwezi- finansiële dienste, is die eerste Suid-Afrikaanse forex-platform wat deur die FSCA gemagtig en goedgekeur is en het ʼn OTC-lisensie ontvang.

Daar is lyste makelaars op ʼn swartlys wat al onder vals voorwendsels met kliënte se geld weggestap het – hulle het niksvermoedende beleggers en handelaars met alle vlakke van ervaring om die bos gelei. Hierdie makelaars gee ongelukkig deposito- en handeldryfbonusse ʼn slegte naam en meeste handelaars verbind dus enige bonus met ʼn teken dat hulle dalk met ʼn skelm makelaar te doen het.

Dis egter nie altyd die waarheid nie en daar is steeds makelaars wat bonusse kan aanbied terwyl hulle seker maak dat ʼn kliënt se fondse veilig in gesegregeerde rekeninge gehou word – afsonderlik van die makelaar se fondse.

Moet lees: 10 Best Forex brokers with segregated bank accounts in South Africa

Wat is segregasie van fondse?

ʼn Gesegregeerde rekening is ʼn afsonderlike rekening vir elke handelaar. Om deposito’s in ʼn handelsrekening te maak by ʼn makelaar wat gesegregeerde bankrekeninge aanbied, bied verskeie voordele. Hoofsaaklik beteken ʼn afsonderlike rekening dat jy as handelaar ʼn mate van beskerming geniet as die makelaar sy deure moet sluit.

Die makelaarsagentskap en die handelaar is dus nooit in die duister oor hoe die geld aangewend word of waarheen dit gaan nie. Talle lande vereis ʼn gesegregeerde rekening om te verseker dat kliënte se geld nie vir bedryfsredes deur makelaars aangewend word nie. Verwarring word voorkom en albei partye word beskerm deur afsonderlike rekeninge.

Slegs makelaars met ʼn kategorie 2 Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (Fais)-lisensie kan gesegregeerde derdeparty fondsadministrasie-rekeninge (TPFA) vir hul kliënte aanbied. Dié TPFA-rekeninge word by vername Suid-Afrikaanse banke gehou.

Wat is depositobonusse en watter doel dien dit?

Wanneer nuwe kliënte gelok word, is ʼn depositobonus een van die gewildste bemarking-aansporings. Handelaars kry ʼn bedrag geld of ʼn persentasie van die oorspronklike belegging in ruil vir die finansiering van hul handelaarsrekeninge. Dit is die basiese beginsel.

Gewoonlik kom slegs nuwe kliënte in aanmerking vir dié tipe promosie. Sommige forex-depositobonus-makelaars gee egter hierdie voordeel aan hul kliënte wanneer hulle geld in hul handelaarsrekening deponeer.

Hoe Khwezi Trade se aanbod van die res verskil

Khwezi Trade is ʼn trots Suid-Afrikaanse forex-kommoditeit- en indeksemakelaar wat handelaars die beste van albei gee: ʼn waarborg dat hul geld veilig gehou word in gesegregeerde rekeninge, en die beloning dat hulle ʼn 30%-depositobonus sal ontvang met hul eerste deposito.

Khwezi Trade word gereguleer onder oorsig van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) in Suid-Afrika met die registrasienommer FSP 44816. Die FSCA is een van die strengste markreguleerders in die wêreld en om hul lisensie te behou, word daar van Khwezi Trade vereis om alle fondse in rekeninge te hou by die vername banke in Suid-Afrika.

Begin vandag nog handel dryf! – Maak ʼn gratis handelsrekening oop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.