Gratis testamente, dekking vir staatgesondheidsorgwerkers

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die testament en boedelberedderingsmaatskappy Capital Legacy bied gratis testamentkonsultasies en dekking van R250 000 vir die regskostes verbonde aan afsterwe aan alle staatgesondheidsorgwerkers in Suid Afrika.

“As deel van ons poging om ons land en sy mense te ondersteun gedurende hierdie krisis, het ons gekyk na wat ons die beste doen en hoe ons dit kan gebruik om te help,” sê Alex Simeonides, Uitvoerende Hoof Direkteur van Capital Legacy. “Dokters, verpleegsters en ander gesondheidsorgwerkers is aan die voorpunt in die geveg teen Covid-19 en hierdie is een manier wat ons glo ons ʼn verskil sal kan maak gedurende hierdie tyd van onsekerheid.”

Dit is noodsaaklik dat gesondheidsorgwerkers kan verseker dat hulle finansiële sake in orde is terwyl hulle in potensiële hoërisiko-omstandighede werk. Baie gesondheidsorgwerkers staar daagliks die dood in die oë. Die las van hoe hierdie pandemie hulle families moontlik kan affekteer as die onverwagte sou gebeur is nie een waaroor hulle moet bekommer gedurende hierdie tydperk nie.

Simeonides het genoem dat daar ʼn beduidende toename is in die getal persone wat hulle testamente wil laat optrek sedert die pandemie wêreldwyd uitgebreek het. Om hierdie aanvraag tegemoet te kom terwyl hulle die reëls van die afsonderingsperiode toepas, het die maatskappy sy proses aangepas sodat kliënte hulle testamente telefonies kan laat opstel.

ʼn Testament kan leiding gee ten opsigte van wie jou minderjarige kinders se voog sal wees asook wat met jou bates (huis, voertuig, beleggings en besparing) sal gebeur. Dit verseker ook dat jy die onverwagte finansiële las wat jou geliefdes sal moet dra, in ag neem,” voeg hy by. “Mense hou nie daarvan om oor die dood te praat nie, maar ʼn testament is een van die beste maniere om jou familie te beskerm teen onsekerheid sou jy sterwe. Ons wil ook verseker dat die familielede van die staatgesondheidsorgwerkers nie agtergelaat word met ʼn berg van skuld vir die boedelbereddering nie, daarom het ons die R250 000-dekking ingestel wat die boedel vrywaar tot dié bedrag teen eksekuteursfooie, transportkostes en testamentêretrustfooie.

Minder as ʼn kwart van Suid-Afrikaners het ʼn geldige testament, wat beteken die families van meer as 75% van Suid-Afrikaners sal onsekerheid in die oë staar sou enigiets met hulle gebeur. Dit is ons verbintenis om meer Suid-Afrikaners by te staan om hierdie belangrike dokument op te stel. Veral ons gewaardeerde staatgesondheidsorgwerkers,” sê Simeonides.

As jy nie ʼn testament in plek het nie, of vir ’n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy as staatgesondheidsorgwerker van hierdie aanbod gebruik maak en deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningsverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede per e-pos aan [email protected] om verdere inligting te kry.

As jy nie ʼn staatgesondheidswerker is nie, maar graag jou testament wil laat optrek of wysigings op jou testament wil aanbring, kan jy Capital Legacy kontak deur jou besonderhede hieronder te voltooi sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.