Hedendaagse tegnologie en hoe dit môre se handel beïnvloed

Foto verskaf

Tegnologie is besig om ons verhouding met geld grondig te verander. Dit is nou maar eenmaal ʼn feit. Of dit nou vermaak is, of die manier waarop ons van punt A na punt B beweeg, of alledaagse goed soos inkopies, dit alles verander daagliks eksponensieel. Boonop bemerk ons beduidende veranderings in ons verhouding tot geld, spesifiek ten opsigte van die manier waarop ons ons geld bestuur.

Tegnologie en innovering het só vinnig vooruitgegaan dat dit werklik moeilik is om dit te ignoreer. Die effek van gevorderde tegnologie het die sake- en finansiële wêreld letterlik op sy kop gedraai. Een van die sleutelterreine waar ʼn mens dié verandering teëkom, is dié van belegging en handel. Met die rewolusionêre veranderings in die manier waarop mense op finansiële markte bates koop en verkoop, asook die manier waarop makelaars sake doen, het tegnologie onlosmaaklik verweef geraak in die lewe van die meeste beleggers en handelaars. Belegging het ʼn opsie vir iedereen geword, wat beteken dat enigiemand aanlyn handel kan dryf of kan belê as gevolg van die verhoogde vlakke van deursigtigheid; met die klik van ʼn muis kan mense ʼn duidelike en indringende blik kry op dít waarin hulle belê. Ons sien ook besliste neiging na bestuurde fondse en geoutomatiseerde handelstelsels, asook ʼn skuif in die rigting van wêreldwye beleggings. Wanneer dit kom by beleggingsopsies is mense is nie meer beperk tot die grense van hul eie land nie.

Hierdie tegnologiese verwikkelings verander die manier waarop ons ons geld bestuur fundamenteel. Neem byvoorbeeld toegang tot die internet. Die internet is sonder twyfel een van die ontwrigtendste tegnologiese ontwikkelings in die geskiedenis. Hierdie inligtingshoofweg het sy pad gebaan oor grense heen; mense kan nou in internasionale markte belê, belangriker nog, in internasionale maatskappye soos Amazon en Coca-Cola. Dit het ʼn beduidende impak op ons lewens en het ʼn groot paradigmaskuif tot gevolg gehad. Met ʼn hele buffet van inligting letterlik binne bereik en die manier waarop inligting verorber en gebruik word, betree beleggers die mark deesdae met ʼn magdom opsies wat 15 jaar gelede nie bestaan het nie. Hulle kan maatskappye en produkte vergelyk en het toegang tot inligting soos kwartaalstate; alles inligting waaroor tradisionele makelaars hulle vroeër sou adviseer het.

Om hierdie rede het aanlyn handel nou tot ʼn selfstandige krag ontwikkel. Ons het slimfone, web- en werkskermplatforms, aanlyn aandeleskerms, marknavorsingswebwerwe en so meer; met die klik van ʼn muis en ʼn paar vingerkloppe op jou slimfoon kan jy ʼn handelsrekening open. Beleggers kan nou wins slaan uit die voordele van tegnologie sowel as die effek wat dit op hul besluite het. Inligting is nou volledig mag. Sonder enige twyfel.

Terwyl nuusberigte oorheers word deur die opkoms van kripto-handelseenhede, hoëfrekwensiehandel en kunsmatige intelligensie, verteenwoordig dié ontwikkelings slegs ʼn handjievol tegnologieneigings wat die beleggingslandskap verander. Nuwelinge in die beleggingswêreld kan munt slaan uit na-aap-handel (“copy cat trading”). Dit is letterlik wanneer die handelspatrone van ervare en suksesvolle handelaars oorgeneem word en dit dié wat nie die vinger so op die pols het nie in staat stel om beleggingsbesluite te maak sonder die noodsaak van navorsing. Daar is ook grafiekmateriaal beskikbaar wat aanlyn aanduiders gee wat gevolg kan word, en ook geoutomatiseerde internetbotte met geoutomatiseerde sagteware wat gebruik kan word vir handel.

Sosiale media is uiters kragtige gereedskap en dit is inderdaad ʼn skatkis van data vir tegnologies gevorderde beleggers. Dit vervul ʼn belangrike rol in die bepaling van handelstrategieë en om neigings en gedrag mee te analiseer. Aanlyn verbinding en die gemak waarmee potensiële beleggers uit alle uithoeke van die wêreld kan deelneem, stel individuele handelaars in staat om advies te volg en te kry van beleggers met soortgelyke portefeuljes, almal met ʼn oog op sukses wat spruit uit samewerking. Dit is wel nodig om te waarsku, want, soos die spreekwoord lui, is alles wat glinster nie goud nie. Daar is heelwat aanlyn keuses wat jou met ʼn paar vinnige klikke die wêreld en wat nog belowe, en daarom moet beleggers hulle vergewis van moontlikhede voordat hulle hulle verbind tot iets wat te goed is om waar te wees. Lees wat ander mense oor maatskappye en skemas sê en neem verantwoordelikheid vir jou eie handelsbesluite.

Aan die hart van die ontwikkeling van talle finansieel geskoeide tegnologieë lê die opkoms van algoritmiese handel. Algoritmes maak gebruik van programreëls om sleutelbeleggingskriteria soos onbestendigheid, tydsberekening en handelsvolume te analiseer, wat beleggers die voorsprong gee om vinniger en met minder vooroordeel as menslike operateurs analises te maak. Algoritme-gedrewe finansiële beplanning gaan hand aan hand met robo-adviseurs – ʼn klas van finansiële adviseurs wat aanlyn beleggingsadvies verskaf met min of selfs geen menslike ingryping nie. Albei hierdie soorte tegnologie, hoewel dit maklik en gerieflik is, deug slegs solank as wat dit werk. As ʼn algoritme byvoorbeeld só goed is, sal dit weldra só groot word dat dit op sigself die markte begin beïnvloed. In een of ander stadium gaan dit te veel beleggers lok en die aanvanklike rede vir sukses gaan tot niet. Volgens my mag tegnologiese ontwikkeling voortduur en meer en meer innoverend raak, maar per slot van rekening is dit die menslike elemente wat van kritieke belang is wanneer dit kom by ʼn beleggingskeuse.

Terwyl tegnologie beleggingsmoontlikhede soveel meer toeganklik maak vir die gemiddelde belegger, is gereedskap ontwikkel om die kleinste beleggings moontlik te maak. Hierdie passiewe beleggings kan ʼn gawe bedrag oplewer mits beleggers nie hefboomfinansiering te ver voer nie. Beleggings kan altyd na een van twee kante beweeg, maar daar is talle handelaars wat aansienlike inkomste verdien uit goed beplande, realistiese beleggingskeuses. Jy kan 100% verdien op jou belegging, maar dit is altyd belangrik om te onthou hoe groter die potensiële wins, hoe groter die risiko. Solank jy hou by die reëls en die vinger stewig hou op dít waarmee jy besig is, is daar geen rede waarom jy nie suksesvol sal wees nie.

Soos met alle dinge is daar voordele en nadele. Die verantwoordelikheid berus by elkeen om seker te maak ʼn mens benut die voordeel wat tegnologie inhou, sover dit beleggingsgereedskap betref, en jou nie blind staar teen die negatiewe nie. Ons het die geleentheid om stapels inligting te bekom wat ons keuses kan beïnvloed, en die tegnologie om ons keuses te ondersteun. Ons moet dít gebruik om vorentoe te beweeg sonder om in die slaggat te trap van mense wat beginselloos vinnig geld wil verdien.

As jy regstreekse handelsrekeninge open op CM Trading, Afrika se grootste, plaaslike makelary, wat al heelwat pryse ingeoes het, kan jy vryelik die finansiële markte betree en talle geleenthede benut, alles ondersteun deur vooruitstrewende tegnologie. Geniet gevorderde handelsomstandighede, opvoedkundige pakkette spesiaal vir jou individuele behoeftes en handelsbenaderings, asook uitsonderlike handelsplatforms. Daar is ʼn reeks opsies wat aan iedere handelaar se behoeftes sal voldoen; van dié wat pas die mark betree het tot dié wat gesout is in verhandeling en belegging.

Oor CM Trading

CM Trading is “jou plaaslike internasionale makelaar” en is ʼn toonaangewende verskaffer van afgeleide handelsoplossings vir die plaaslike en internasionale mark. Die maatskappy, wat gereguleer word deur die Suid-Afrikaanse Finansiëlediensteraad, word suksesvol wêreldwyd bedryf en stel kliënte in staat om hul handelskennis uit te brei, bied persoonlike diens en ondersteuning asook ʼn reeks aanlyn oplossings om te voldoen aan die behoeftes van elke handelaar.

Besoek CM Trading se webwerf vir meer inligting, bel hulle by 010 500 80 26 of stuur ʼn e-pos na [email protected]. Jy kan hulle ook volg op Twitter @CMTrading_FX en Facebook @CapitalMarketsTrading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.