Herhalende inkomstegeleentheid in gesondheidsorg

(Foto verskaf)

Mediese praktyke is sedert verlede jaar swaar getref deur die Covid-19-inperkings. Met die verhoogde gesondheidsrisiko tussen die pasiënt en praktisyn het 85% van mediese praktisyns aangedui dat hulle belangstel om aanlyn te vergader, volgens navorsing deur Veeva. Dié insig oor digitale veldbetrokkenheid het ook gewys dat 57% van algemene praktisyns tans “nie-sien” praktykreëls ingestel het met 54% wat in-persoon afsprake beperk het.

Hierdie aanpassings het die weg gebaan vir digitale ekosisteme wat die groei, toegang en risiko van mediese praktyke kan bestuur en verbeter. Die toename in aanlyn betrokkenheid tussen mediese praktisyns en mediese verkoopspersone het met ’n fenomenale 3866% toegeneem.  Pharma, wat ‘n digitale multikanaalbenadering volg om meer pasiënt-gefokus te wees en verhoudings met die mediese praktisyn te kweek, skep ‘n digitale ekosisteem wat beide die verskaffer en pasiënt insluit. Diegene wat digitaal-aangevulde verkoopsverteenwoordigers bemagtig, sal in die toekoms meer effektief hul praktyke kan bestuur en groei – met meer doeltreffende kommunikasie met belanghebbendes en verhoogde verkope as ’n resultaat.

“Die ontwikkeling van SA Doctors App se digitale gesondheidsorg webtuiste en app maak dit moontlik vir mediese praktisyns om in kontak te bly met hul pasiënte en verskaffers om sodoende hul praktyke uit te brei en te groei,” sê Willie van Zyl, stigter van SA Doctors App. “Ons vooruitgang met die transformasie van gesondheidsorgdienste maak basiese gesondheidsorg makliker bekombaar en meer bekostigbaar. In terme van digitale innovasie sluit die resultate vaartbelyning van dokters se werk, aanlyn afsprake met Pharma-verkoopsverteenwoordigers, optimalisering van stelsels, verbetering van pasiëntuitkomste, vermindering van menslike foute, verlaging van koste deur web- en mobiele interaksie en groter toeganklikheid in.”

SA Doctors App is aanvanklik ontwikkel om die verbruiker binne ‘n paar oomblikke met sy/haar naaste mediese praktyk, hospitaal, apteek of veearts te verbind. Dié digitale platform maak dit moontlik om konsultasies met dokters te skeduleer, met ‘n padkaart wat jou help met die vinnigste roete. Sedert die app se begin het vennootskappe met sagtewaredienste en produkte op ‘n uiteenlopende manier uitgebrei om groot sakelui soos Intercare, Solidariteit, MediFin en apteekgroepe Arrie Nel, Spar, Pick n Pay en Link in te sluit.

Om die groeikoers met digitale gesondheidsorgoplossings voort te sit vir mediese praktyke, pasiënte en Pharma-verkoopsverteenwoordigers, het SA Doctors App sy portefeulje oopgemaak.  Kort- en langtermyn beleggingsgeleenthede met bogemiddelde opbrengste en herhalende inkomste word aangebied. Hierdie uiteenlopende beleggingsgeleenthede is ‘n baie unieke voorstel vir die privaat sektor en 60% van alle beskikbare franchises is reeds vir 2021 uitverkoop.

Om meer uit te vind, kontak gerus SA Doctors App hier en laai die SA Dokters-app gratis af om maklike toegang tot u naaste mediese praktisyn te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.