Hersien, hersien en herstel

Argieffoto (Foto: nattanan23, Pixabay)

Deur Carel Venter

Met ingang van 2020 en so ook ʼn nuwe dekade, was ons vol hoop en gereed om die nuwe jaar aan te pak, of so het ons gedink. Min het ons geweet dat ons moontlik een van die uitdagendste jare in moderne tye sou beleef, en nou is ons ook weer spoedig op pad na die einde van hierdie baie stormagtige jaar wat in geskiedenis geken sal word as die jaar van Covid-19.

Die Wêreldbank het reeds in Junie vanjaar die ekonomiese gevolge van Covid-19 vergelyk met die ekonomiese toestand gedurende die Tweede Wêreldoorlog is, is beskryf as die Swart Swaan van die dekade. Die Suid-Afrikaanse ekonomie was egter reeds voor die aanvang van Covid-19 aan flarde met Tito Mboweni, minister van finansies, wat ʼn wipplankplan voorgelê het om ons van skuld, korrupsie en algehele wanbestuur te red. Kort ná hierdie voorlegging het die Suid-Afrikaanse ekonomie egter onder die norm van aanvaarbare buitelandse beleggingstatus verval en was die ekonomie deur Moody’s tot rommelstatus verklaar.

Kort ná Februarie 2020 val die JE na 37 000 punte. Hierdie is punte wat ons laas in 2012 gesien het, wat daarop neerkom dat ons agt jaar se opbrengste of dan 35% binne ʼn kwessie van etlike dae verloor het. Bowendien het die rand verswak tot R19,00 teen die Amerikaanse dollar in April 2020.

Die Wêreldbank het ook in Junie vanjaar verklaar dat ʼn Wêreldresessie voorsien word. In Augustus, in die wedloop tot die entstof teen Covid-19, verklaar Rusland dat hul Sputnik V die eerste geregistreerde entstof is. In September is die wêreld se fokus weer op Amerika gevestig vanweë rekordhoogtes op die Nasdaq en S&P 500 ten aansien van tegnologieaandele, ten spyte van die heersende omstandighede in die land as gevolg van die pandemie. In Oktober was die wêreld se oë weer op Amerika, en almal hou hul asems op om te sien wie die 46ste president van Amerika gaan wees en wat dit sal beteken vir Suid-Afrikaners en ons ekonomie se herstelpad. In November verklaar Pfizer dat hulle entstof met ʼn 95%-sukseskoers ontwikkel het, wat tot gevolg het dat plaaslike en internasionale markte positief reageer, met die JE wat herstel na 57 000 punte in etlike dae.

Alhoewel ons almal die jaar 2020 bitter graag agter ons wil sit en vergeet, is die nagevolge van die pandemie dreigend. Sonder daadwerklike ingryping deur die Suid-Afrikaanse regering kan ons staatskuld teen 2024 tot 95% van die bruto binnelandse produk (BBP) styg. Suid-Afrikaners sal alternatiewe beleggings moet oorweeg aangesien ons plaaslike markte vir die laaste 36 maande basies stagnant was, met ʼn skamele groei van ongeveer 5% per jaar. Die tyd het aangebreek vir tradisionele beleggers om internasionale bate ruilfondse te oorweeg. Dit behels beleggings in rand waar die voordeel van buitelandse aandele in portefeuljes geput kan word. Internasionale bate ruil-fondse het meer as 100% groei oor die laaste vyf jaar op die Amerikaanse Nasdaq en S&P 500 getoon.

Beleggers wat egter verkies om plaaslik te belê, sal hul portefeuljes moet hersien en herbalanseer, kommoditeite en selfs privaat ekwiteite moet oorweeg. Beleggers wat inkomste trek vanuit hul beleggings gaan vir die volgende vyf jaar die meeste geaffekteer word en ʼn kundige adviseur gaan dus van uiterse belang wees.

“Hersien, hersien, herstel” gaan 2021 se mantra wees, en met kundige advies en kennis kan Suid-Afrikaanse beleggers steeds seëvier.

Besoek Everest Wealth vir meer inligting. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.