Het jy al aan jou boedelplan gedink?

Ons het onlangs die nuwe jaar betree, en jy het waarskynlik ‘n lang lys van Nuwejaarsvoornemens, insluitend om beter te eet, gereeld te oefen, meer te slaap en hopelik minder te stres. Om jou boedelbeplanningsake in orde te kry, is waarskynlik nie boaan jou lys nie, maar dit behoort regtig te wees.

Wat is boedelbeplanning?

Boedelbeplanning maak voorsiening vir jou begunstigdes en hul finansiële behoeftes wanneer jy nie meer daar is nie.

Boedelbeplanning sluit die voorbereiding van dokumente, prosesse en strukture in wat geïmplementeer en gevolg moet word ten tyde van jou afsterwe, om te verseker dat jou geliefdes versorg word en dat jou boedel versprei word – soos jy dit bedoel het.

‘n Boedel word beskryf as alles wat jy besit – insluitend al jou besittings, bates, beleggings en rykdom. Jou boedelplan bepaal wat met jou boedel moet gebeur sou jy sterf.

Jy sal waarskynlik nie jou huis verlaat sonder motorversekering nie, uit vrees vir ʼn moontlike ongeluk. Tog het ‘n duik in jou motor se bakwerk ʼn baie kleiner uitwerking op jou geliefdes as ‘n onverwagse dood in die gesin met geen effektiewe boedelplan om uit te voer nie.

Dit is hoekom dit so belangrik is om jou boedelplan in orde te kry.

Begin met jou testament

‘n Testament is ‘n dokument wat ‘n individu se laaste wense aandui.

Dit dui duidelik aan wie wat moet erf en laat jou toe om onder meer eksekuteurs aan te stel en om voogde vir minderjarige kinders te nomineer.

Om sonder ‘n testament (intestaat) te sterf is nie ideaal nie, aangesien dit basies die regering in beheer stel van die bestuur van die uitvoering van jou boedel. Om jou testament op te stel is nie ‘n ingewikkelde proses nie, maar baie mense stel dit uit omdat hulle nie weet waar om te begin nie.

Daarbenewens kan die idee om jou testament op te stel intimiderend wees omdat dit dikwels as ‘n duur of tydrowende proses beskou word, maar dit is nie in werklikheid so nie. Die hele proses kan eintlik binne ‘n paar uur voltooi word met die regte professionele hulp.

Jou testament is waarskynlik die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken en vorm die grondslag vir jou boedelplan.

Van daar af moet jy begin om die finansiële aspekte van jou boedelplan te oorweeg, insluitend onverwagte regskoste en koste ten tyde van jou dood, lewensversekering om te verseker dat jou boedel genoeg likiditeit het, regstrukture soos trusts en, natuurlik, belastingdoeltreffendheid.

Maar begin heel eerste met jou testament.

Watter inligting is in ‘n testament ingesluit?

‘n Testament sluit gewoonlik in:

  • Wie jou begunstigdes is. Jou testament bepaal wie by jou boedel sal baat en watter gedeelte van jou boedel jy aan hulle bemaak (gee).
  • Of ‘n testamentêre trust geskep moet word vir begunstigdes wat minderjarig is ten tyde van jou sterfte.
  • Wie die trustees moet wees as jy wel vereis dat ‘n trust gestig word.
  • Wie die voogde van jou minderjarige kinders moet wees.
  • Wie die eksekuteur van jou boedel moet wees.
  • Jou laaste wense, soos of jy begrawe of veras wil word of as jy ’n orgaanskenker wil wees.
  • Besonderhede van jou buitelandse bates (indien van toepassing).

Wat gebeur as jy sonder ‘n testament sterf?

Die opstel van jou testament verhoed ook dat ‘n aantal dinge plaasvind, naamlik:

  1. Die spanning tussen familielede wat afwagtend kan wees en dus presiese instruksies benodig om konflik te vermy.
  2. Jou boedel word verdeel volgens die Wet op Intestate Erfopvolging. Sonder ‘n testament sal die Meester ‘n eksekuteur namens jou aanstel en jou boedel sal volgens ‘n vasgestelde formule onder jou langslewende gade, kinders, ouers of broers en susters verdeel word. Dit is dalk nie hoe jy jou boedel wou verdeel nie en kan ook lang vertragings veroorsaak wat met regeringstrukture gepaard gaan.
  3. Finansiële druk – sonder behoorlike beplanning rondom uitstaande skuld en eksekuteursfooie lei daartoe dat baie boedels bankrot verklaar word met eksekuteurs wat bates soos huise en motors moet verkoop om hierdie koste te dek.
  4. Jou minderjarige kinders se erfporsie mag by die staat se Voogdyfonds inbetaal word of aangestelde voog eerder as na ‘n trust oorbetaal word wat sal verseker dat jou wense vir hulle uitgevoer word.

As jy reeds ‘n Testament in plek het, is dit belangrik om dit op datum te hou met jou lewensgebeure soos ʼn huwelik, egskeiding, die geboorte van kinders of betrokkenheid by ʼn nuwe onderneming.

Waar kan jy jou testament laat opstel?

Daar is verskeie instansies wat kan help met die opstel van testamente, insluitend banke, regsfirmas en finansiële adviseurs, maar dit is die beste om ‘n spesialismaatskappy soos Capital Legacy te gebruik.

Die gebruik van ‘n professionele maatskappy om jou testament te help opstel is voordelig om die akkuraatheid en geldigheid te verseker en dat alle relevante oorwegings in ag geneem word.

Nog belangriker is egter om seker te maak dat jy die regte betroubare professionele persoon aanstel om jou testament uit te voer wanneer jy sterf.

Voordat hierdie nuwe jaar jou verbysnel, maak seker dat jy die belangrikste ding op jou doenlysie eers afmerk!

Kry jou testament, teen geen koste nie, gedoen by Capital Legacy – jou nommer een verskaffer van testamente en boedels.

By Capital Legacy spesialiseer ons in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Ons sal jou testament gratis opstel en opdateer of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.