Hoe om dié Swart Vrydag en ook tydens die feesseisoen veilig te bly

Gretige inkopiegangers buite Game in Mall of the North in 2017. Foto: Facebook via Game Stores

Hoewel daar ongetwyfeld baie opgewondheid onder verbruikers gaan wees om op Swart Vrydag (29 November) ʼn paar winksopies los te slaan, en die aantal mense wat inkopies doen soos wat die feestyd nader kom ook gaan toeneem, moet mense ekstra voorsorgmaatreëls tref om veilig te bly.

“Ons doen ʼn beroep op alle kopers om waaksaam te wees wanneer hulle in winkelsentrums is en om bewus te wees daarvan dat ons hierdie tyd van die jaar ʼn toename in voorvalle sien waar mense huis toe gevolg word,” sê Charnel Hattingh, nasionale bemarking- en kommunikasiebestuurder van Fidelity ADT.

Sy sê baie kopers word agtervolg van die winkelsentrums en in hul opritte gekaap. “Misdadigers is bewus daarvan dat hierdie koper ʼn motor het met nuwe items wat aangekoop is en is gewoonlik ʼn maklike teiken.”

Sy raai kopers aan om op te let vir enige verdagte voertuie wanneer hulle die winkelsentrum verlaat. “As jy vermoed dat jy agtervolg word, moet jy onmiddellik na jou naaste polisiekantoor of veiligheidswaghuis gaan,” voeg sy by.

Hattingh herinner motorbestuurders ook aan die algemene wenke wat ʼn mens moet volg om ʼn kaping te voorkom. “Wag eers in die straat voor jou huis vir jou hek om oop te maak voordat jy by jou oprit inry. Maak ook seker dat die hek behoorlik toegemaak het voordat jy uit jou motor klim.”

Sy stel verder voor dat mense so min as moontlik groot sakke moet saamdra en dat enige onnodige kaarte en kontant liefs by die huis gelaat moet word. Sy meen dat sakkerollers die geleentheid van voller winkels benut om mense makliker te beroof. “As jy wel sonder ʼn handsak of beursie winkels toe gaan, hou jou kontant of kaarte in jou voorste hemp- of broeksakke. Hou ook jou foon buite sig, of maak seker dat dit in ʼn sak met ʼn rits geplaas word.”

Wanneer verbruikers geld wil trek, moet hul liefs iemand saamneem om wag te hou terwyl hul by die bank is, waarsku sy.

Laastens stel Hattingh voor dat mense nie laataand inkopies gaan doen nie.

“Hoewel die idee van ʼn rustiger winkelsentrum aantreklik kan wees, is jy kwesbaarder op die parkeerterreine en in die badkamers. As jy geen ander keuse het nie, wees waaksaam en meld enige verdagte persone aan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Ws ·

Ek en my vrou bly net hier in ons huis en het GEEN planne om enigiets te gaan koop nie,ook aanlyn nie.Ons is tevrede met dit wat ons het.

Markus ·

Die probleem is om iets by die polisie aan te meld die persoon gaan of vir jou sê hulle het nie n voertuig beskikbaar nie of dat jou klagte n siviele aangeleentheid is,om hulp van die suid afrikaanse polisie te verwag is dieselfde as wat jy aan die tande muis kan glo.My raad aan sa mense is kry opleiding in selfverdediging en intensiewe wapen opleiding en beveilig jouself die kriminele is nie bang vir die polisie miskien tyd geword dat hulle die onskuldige,wetsgehoorsame burgers begin vrees.

Nettie ·

Hoe om hierdie Swart Vrydag veilig te bly???

BLY BY JOU HUIS EN LOS JOU GELD WAAR DIT IS. Hierdie is net NOG ‘n verkoopsfoefie en iets wat GLAD NIE ‘n Suid-Afrikaanse gebruik is nie.

KaterinaKat ·

Ek stem 1000% saam! Geen winkel sien my op daardie dag. Dis n patetiese orgie van materialisme. As ek iets nodig het of baie graag wil he, koop ek dit wanneer ek dit kan bekostig, al betaal ek meer as op Black Friday. Wat min gebeur, want ek soek nie veel besittungs in die lewe nie. Ek is n kunstenaar. My joy in life is to create, not to consume and purchase. So niksgewoond is ek nou nie om my siel te versondig tussen n massa hondsdol koopsiekes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.