Hoe veilig is bitcoin?

Argieffoto (Foto: broesis/Pixabay)

Een van die grootste mites rondom bitcoin, selfs al het dit na die hoofstroom beweeg, is dat kriptogeld nie ’n veilige alternatief vir tradisionele finansies is nie.

Die realiteit is dat dit eintlik heelwat veiliger is.

Sedert die bekendstelling van dié kriptogeldeenheid in 2009 was daar verskeie gevalle van hoë profiel bitcoin-verwante swendelary. Dié gevalle is maar ’n druppel in die emmer wanneer jy dit vergelyk met soortgelyke gevalle in verband met tradisionele finansies, maar dit is nie die punt nie – bitcoin was nog nooit ’n slagoffer van kuberkraking nie en is veilig danksy die ontwerp daarvan.

Bitcoin kan nie gedupliseer word nie en is baie moeilik om te steel indien die regte veiligheidsmaatreëls in plek is.

Veiligheid in getalle

Die veiligheid van bitcoin spruit uit die tegnologie waarmee dit werk. Hierdie tegnologie word die blokketting (blockchain) genoem. Die bitcoin-blokketting is ’n oop, gedesentraliseerde bron en onveranderlike register wat deurlopend deur sy gemeenskap gehandhaaf word.

Dink aan die blokketting as ’n ontledingstaat (spreadsheet) wat boek hou van al bitcoin se transaksies.

Dié ontledingstaat is sigbaar aan almal in die gemeenskap en het streng bewysleweringsprosesse wat gevolg moet word vir redigering wanneer daar nuwe transaksies gedoen word en voordat nuwe inligting geberg word.

Om te verseker dat al die veranderinge korrek is, moet diegene binne die netwerk ’n “konsensus” bereik. Jy het meer as 51% van lede nodig om saam te stem dat redigering korrek is. Indien iemand dus bitcoin wil steel, beteken dit dat 51% van die netwerk daarmee moet saamstem.

Om dit te kan doen, het jy ’n enorme bedrag geld en hulpbronne nodig. Dit sal op die ou einde dus glad nie winsgewend wees nie.

Deel die las

Nog ’n groot deel van bitcoin se uitstekende beveiliging lê in die gedesentraliseerde aard daarvan. Dit beteken dat daar nie ’n spesifieke punt is waar daar kan fout gaan, soos by die gesentraliseerde stelsels in banke nie. As iets met ’n deel van die netwerk gebeur, kan ’n ander deel daarvoor vergoed.

Daar is verskeie ander tegniese verduidelikings vir waarom bitcoin veilig is, maar al wat jy hoef te weet, is dat dit werk – kuberkrakers kon nog nooit verby bitcoin se veiligheidshekke kom nie.

Wat die veiligheid van jou persoonlike bitcoin betref, hang dit eintlik maar af van die veiligheidsmaatreëls wat jou bitcoin-verskaffer in plek het.

Luno het verskeie prosesse geïmplementeer om te verseker dat kliënte se bitcoin altyd veilig is.

Een aspek hiervan is dat die meerderheid kliënte se bitcoin-fondse in iets geberg word waarna hulle as die “deep freeze” verwys. Dit is kripto-beursies met privaat sleutels wat in verskillende “kluise” geberg word waartoe niemand alleen toegang het nie.

Dit is maar een van die verskeie maatreëls om te verseker dat kliënte se kriptogeld veilig is.

Jy kan meer oor bitcoin se verskeie bergingsmetodes leer op hul sekuriteitsblad.

Vir meer inligting besoek Luno se webtuiste by Luno.com. Hulle is ook op TwitterFacebookYouTubeLinkedIn en Telegram.

*Die vertaling en redigering van hierdie teks is deur Netwerk24 gedoen en word met vergunning deur die kliënt op Maroela Media gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.