Hoekom jy ʼn testament nodig het

(Verskaf deur Capital Legacy)

Die dood is beslis nie etenstafel praatjies nie, maar die werklikheid is dat dit iets is wat ons nie kan vermy nie. Dit kan veral gesien word in onlangse tye, waar ons met ‘n wêreldwye pandemie te kampe het. Die Covid-19-virus het veroorsaak dat mense geliefdes verloor, gouer as wat hulle verwag het, en dikwels verskeie familielede in ʼn kort tydjie. Dit het al hoe meer mense gedwing om met die nagevolge van die dood in hul gesinne te worstel.

Die Suid-Afrikaanse bevolking word gebombardeer met boodskappe en advertensies oor begrafnis- en lewensdekking, maar daar is steeds nie genoeg opvoeding en bewustheid rondom die belangrikheid van testamente nie. Die belangrikheid van die opstel en bywerking van jou testament in verskillende lewensfases kan nooit genoeg beklemtoon word nie.

In teenstelling met die algemene opvatting, is testamente nie net vir die rykes en beroemdes nie. ’n Testament is ’n wetlik bindende dokument wat handel oor belangrike dinge soos wie vir jou minderjarige kinders sal sorg en hoe jou bates ná jou dood verdeel moet word. Net soos jy motorversekering en mediese fonds vir ‘n spesifieke doel het, moet jou testament volgens jou spesifieke behoeftes opgestel word. Mense dink dikwels dat die Testament-opstelproses vervelig en duur is, maar dit is in werklikheid nie die geval nie. Die redes om ‘n testament op te stel is veel belangriker as die redes om dit nie te doen nie.

Dit is belangrik om ʼn testament te hê om te verseker dat jy nie die volgende gevolge ly nie:

  • Jy verbeur die geleentheid om te besluit wie wat erf en jou boedel word volgens Suid-Afrikaanse wetgewing beredder. Dit kan tot gevolg hê dat mense wat jy nie by jou boedel wou laat baat vind nie, jou boedel kan erf.
  • Jou lewensmaat mag dalk niks erf as julle nie getroud is nie, of as jy nie wysigings aangebring het ná jou vorige huwelik geëindig is nie.
  • Jou minderjarige kinders se erfenisse mag by die staat se voogdyfonds inbetaal word of die aangestelde voog eerder as in ’n trust wat sal verseker dat jou wense vir hulle uitgevoer word.
  • Familietwiste kom dikwels voor wanneer familielede stry oor die verdeling van jou boedel as jou wense nie duidelik in ‘n testament gedokumenteer is nie.
  • Die bereddering van jou boedel kan jare neem – sonder ‘n testament wat ‘n professionele eksekuteur nomineer, is die staat in wese in beheer van die beredderingsproses.

Die bywerking van jou testament is noodsaaklik

Om jou testament in plek te kry is die eerste stap na goeie boedelbeplanning en bied gemoedsrus. Dit is ook belangrik om gereeld jou testament te hersien en te wysig om te verseker dat dit belyn is met jou behoeftes. Jou omstandighede kon aansienlik verander het sedert jy die testament die eerste keer opgestel  het. Byvoorbeeld, jy het dalk getrou, geskei, een van jou begunstigdes is dalk oorlede, of jy het dalk aansienlike bates bekom wat nie in jou testament gedek word nie.

Moenie uitstel nie

Om die opstel van jou testament uit te stel, kan verwoestende gevolge vir jou geliefdes hê. Statistieke toon dat 49% van diegene sonder ‘n testament bloot nog net nie daarby uitgekom het nie. Om te verseker dat jou testament korrek deur ‘n professionele persoon opgestel is, en dat dit geldig is, is een van die beste maniere om te verhoed dat jou familie ná jou dood oor jou besittings baklei. Maak nou tyd om jou testament in plek te kry om gemoedsrus oor die feestyd te hê.

Daar is ‘n aantal instansies wat kan help met die opstel van testamente, insluitend banke, regsfirmas en finansiële adviseurs, maar ons stel voor dat jy ʼn spesialismaatskappy soos Capital Legacy gebruik. Die gebruik van ‘n professionele maatskappy om jou testament te help opstel, is voordelig omdat dit verseker dat jou testament akkuraat en geldig is, en dat alle relevante oorwegings in ag geneem word.

By Capital Legacy spesialiseer ons in die opstel van testamente en boedelbereddering en maak dit maklik om jou nalatenskap te beskerm. Ons sal jou testament gratis opstel en opdateer of wysig. Besoek www.capitallegacy.co.za of voltooi die vorm hier onder.

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.