Hou dié 28 aanlyn maatskappye dop

Argieffoto (Foto: rawpixel/Pixabay)

Beleggingsplatforms

1. SA Shares

SA Shares is ʼn opwindende nuwe platform vir eerstekeer- sowel as deurwinterde beleggers wat dit oorweeg om te belê in aandele wat op die JSE genoteer is. Dit is eenvoudig om te gebruik en bied ʼn magdom inligting wat kan bydra tot ʼn ingeligte besluit ten opsigte van enige gelyste aandele in Suid-Afrika. Jy kan boonop leer om aandele en buitelandse valuta te verhandel op die platform.

2. Stock Market College

Stock Market College is heel moontlik die grootste akademie in Afrika waar jy meer kan leer oor die aandelemark. Soveel as 500 studente, van beginners tot heeltydse professionele mense, skryf maandeliks in. Die sleutel tot die kollege se sukses lê in die diepgaande kursus in buitelandse valuta en verhandeling van markaandele asook die manier waarop dit aangebied word – uiters eenvoudig en maklik om toe te pas.

3. QuickTrade

QuickTrade het ʼn omwenteling teweeggebring in die wêreld van aanlyn handel met sy gevorderde en wêreldbekende MetaTrader 5-handelsplatform. Dit het meer as 15 000 buitelandse valuta- en aandelehandelaars en groei eksponensieel. Skep binne enkele minute ʼn gratis rekening en gebruik jou foon of die toestel van jou keuse om verhandelings mee te doen.

4. Forex Trading Africa

Forex Trading Africa het dit so maklik en gerieflik gemaak dat enigeen deel kan word van die verhandeling van buitelandse valuta- omwenteling. Wat Forex Trading Africa eiesoortig maak, is dat jy die beste buitelandse valuta- platforms vir jou vlak van kundigheid kan kies. Dit het Afrika, spesifiek Oos-Afrika, stormenderhand verower.

Finansies en B2B-oplossings

5. Paperjet

Dié beginonderneming is besig om sy stempel af te druk in Afrika in die aanlynbedryf vir die ondertekening van dokumente. Voltooi binne ʼn paar sekondes enige dokument in jou websnuffelaar met die Drag & Drop-kenmerk. Die gebruikersvriendelike fasiliteit wat Paperjet geskep het wat velde kan identifiseer maak dit maklik om enige e-Signing-vorm te voltooi, te onderteken en in te dien. Dit was nog nooit só maklik om dokumente aanlyn te onderteken nie.

6. Zinia

Zinia het in die bestek van tien jaar gegroei tot ʼn reus in die sake-telekom- en inligting-en-kommunikasietegnologiewêreld, en word gereken as een van die innoverendste kliëntgesentreerde verskaffers in die land. Met die volledigste aanbod van IT, internet en Voice, alles onder een dak, bied Zinia maatskappye volledige rekenpligtigheid en vereenvoudigde diens. Sakelui besing Zinia se lof en ken aan dié verskaffer ʼn standhoudende 4,8 uit 5 toe vir uitmuntende kliëntediens, wat Zinia die voorste sakediensverskaffer in Suid-Afrika maak.

7. Payday Payroll Software

PayDay Software Systems is ʼn professionele betaalregister-, menslike hulpbronne- en tyd-en-aanwesigheidsagtewaremaatskappy wat waarde tot sakeondernemings voeg via die toepassing van ʼn kliënt-georiënteerde gebruikerbemagtigingsbenadering. Met die beste tegnologie tot beskikking is PayDay aan die voorpunt van snykant-tegnologie. PayDay bied ook wolkgebaseerde oplossings en ʼn mobiele app-gebaseerde T&A-stelsel.

Meer as 3 500 korporatiewe ondernemings en 48% van plaaslikeregeringstrukture vertrou op PayDay.

8. FMJ Tax Practitioners

FMJ Financial Services is een van die toonaangewende belastingspraktisyns en -konsultante in Suid-Afrika wat spesialiseer in alle aspekte van individuele belasting. FMJ berei jou kwotasie voor volgens jou eiesoortige profiel, en die diens wat hulle bied is geskoei op hulle span se verbintenis, toewyding en professionaliteit. Die firma streef daarna om sy kliënte te voorsien van diens wat voldoen aan sy eie standaard van uitmuntendheid. FMJ se aanlyn inhoud is ʼn bron van intensiewe hulp vir persoonlike belasting.

9. Businesses4sale

Businesses4Sale is ʼn toonaangewende aanlyn sakemakelaar wat mense wat ʼn sakeonderneming wil koop uitbring by dié wat ʼn sakeonderneming wil verkoop. Die maatskappy het ongekende groei in ʼn versadigde mark beleef, grootliks te danke aan sy koop/verkoop-platform wat eenvoudig is om te gebruik. Boonop is die profiel van ondernemings wat op Businesses4Sale te koop aangebied word verspreid en uiteenlopend. Dit is die jongste en opwindendste aanlynsakemakelaargereedskap in Suid-Afrika.

E-sake-platforms

10. BebedeParis

BebedeParis is ʼn wêreldwye aanlyn babageskenkdiens in Suid-Afrika wat eksklusiewe babageskenke met uitmuntende kliëntediens bied. Luukse geskenkpakke van die hoogste kwaliteit en uitsette vir pasgebore babas word keurig aangebied en landswyd afgelewer. ʼn Unieke aspek van dié diens is dat ʼn mens jou eie geskenkpak kan saamstel en dit deur ʼn portier kan laat aflewer. ʼn Premium-diens aan maatskappye sluit in die Baby Friendly Companies-program wat dit vir maatskappye maklik maak om nuwe ouers in die maatskappy geluk te wens. Hierdie pakkette sluit in wye reeks ondersteuningsdienste aan nuwe ouers in.

11. Topwatch

Topwatch, die toonaangewende Suid-Afrikaanse kleinhandelaar wat spesialiseer in tweedehandse luukse horlosies, is tans besig om uit te brei in Afrika. Sedert sy vennootskap met die wêreldwye leier thewatchbox.com bied Topwatch nou die mees outentieke tweedehandse horlosies, wat gesertifiseer en gewaarborg is, op die vasteland. Horlosies in voorraad sluit in Rolex, Tag Heuer, Panerai en vele meer.

Advertensie en navorsing

12. SEOPros

SEOPros is een van die toonaangewende soekenjin-optimaliseringsmaatskappye (SEO) in Suider Afrika. Om jou onderneming op Google en ander soekenjins se eerste bladsy te kry is die primêre oogmerk van ʼn span van 25 hoogs opgeleide SEO-kenners. Die groot aanvraag na sy kundigheid het daartoe gelei dat die maatskappy onlangs sy dienste uitgebrei het na Dubai, Mauritius en Luxemburg.

13. PlasticSurgery.Review

PlasticSurgery.Review word besing as die “TripAdvisor” van kosmetiese chirurgie en het ʼn omwenteling tot gevolg gehad in die manier waarop mense kosmetiese chirurge kies en met hulle skakel. Dit is die terugvoer van oudpasiënte, graderings, voor-en-na-foto’s, video’s en vele meer wat gebruikers se besluite beïnvloed in hul keuse van ʼn chirurg en ʼn prosedure.

14. Interact

Interact RDT is een van die toonaangewende klantervaringskonsultante in Afrika en bied ʼn unieke wetenskaplike benadering tot ervaringsontwerp wat hul kliënte in staat stel om hul klantervarings te kwantifiseer en werklike organisatoriese verandering teweeg te bring terwyl hulle bedag is op waardetoevoeging vir hul klante.

Die eienaarskapsbenadering beïnvloed ʼn kombinasie van klantervarings-, gebruikerservarings- en marknavorsingsmetodologie wat organisasies nie net help om verwagtings van klante te oorskry nie, maar om dit ook te antisipeer. Op dié manier is organisasies in ʼn posisie om ʼn besliste mededingende voordeel te behaal wat blywende verhoudings met klante tot gevolg het.

15. Promovate Promotional Gifts

Met Promovate is aanlyn bestelling van reklamegeskenke net so maklik soos om kitskos te bestel. Hierdie dinamiese beginmaatskappy het die manier waarop individue en korporasies geskenke aanlyn bestel vervolmaak en is vinnig besig om inkopies in winkels iets van die verlede te maak. Promovate bied ook ʼn gratis logo-nateken- en kunswerk-uitlegdiens wat jou tyd én geld spaar.

16. Newspaper Advertising

Newspaper Advertising is ʼn aanlyn drukplatform wat aanduiding gee van koerante en tydskrifte waarin geadverteer kan word. Bespreek ʼn advertensieplasing direk by ʼn toegewysde en ervare span. Alle advertensieplasings sluit gratis advertensieontwerpe asook die dienste van ʼn advertensierekeningbestuurder vir elke onderneming in. Newspaper Advertising het gegroei tot ʼn eenstop-drukadvertensie-bestemming.

Reis en toerisme

17. MoAfrika Tours

MoAfrica Tours neem internasionale toeriste nou al vir langer as twee dekades na gewilde bestemmings in Afrika.

Dit is ʼn toonaangewende toergidsdiens in Suid-Afrika en bied ʼn rits besigtigingsritte aan na plekke soos Soweto, Johannesburg, Kaapstad en die Pilanesberg-wildreservaat. MoAfrika Tours is bekend vir nommerpas langverblyf toere na die Krugerwildtuin, die Tuinroete en die Kaapse Wynlande asook die Victoria-waterval, Namibië, Botswana en die gewilde wildtuine van Suidelike Afrika.

18. Tydon African Safaris

Tydon African Safaris is ʼn bekende, wêreldklas safarigroep wat daarna streef en trots is daarop om gaste ʼn opwindende en onvergeetlike ervaring van die Afrika-wildlewe te bied. Daarmee saam ook ʼn skeut Suid-Afrikaanse gasvryheid. Hulle voorsien in die behoeftes van enige reisiger wat ʼn luukse safari-avontuur in gedagte het. Dit is hulle diens wat ontwerp is om die gas persoonlik te pas wat Tydon African Safaris so ʼn ongelooflike ervaring maak. Die insluiting van die Krugerwildtuin en die Sabi Sand-private wildtuin bied hulle gaste die beste ervaring van die fauna en flora eie aan die veld van Suider Afrika.

19. BusTravel Iceland

BusTravel Iceland is ʼn dagtoeroperateur wat in 1960 tot stand gekom het en nou ʼn kantoor op die been gebring het om Suid-Afrikaanse besoekers na Ysland te lok.

Hulle spesialiseer in dagbesoeke aan ʼn aantal gewilde bestemmings in Ysland, onder meer die Goue sirkel-toer, Snæfellsnes, die gletser-strandmeer, die Suidkus en vele meer.

20. Iceland Cruise Ship Tours

Kort op die hakke van hul mededinger BusTravel het IG Tours ʼn virtuele kantoor in Suid-Afrika geopen om die steeds groeiende mark vir besoeke aan Ysland te hanteer.

Iceland Guided Tours bied private toere en toere vir klein groepe na die bekendste bestemmings in Ysland. Hulle bied ook spesiale uitstappies vir passasiers op toerskepe.

21. Mashalas Soweto Tours

Mashalas Tours is ʼn nuweling wat die plaaslike reisbedryf aan die praat het. Dié vlak 1 SEB-toeroperateur bied toere in en om Gauteng aan en het in die laaste ses maande sy aanbod uitgebrei na ander provinsies in Suid-Afrika. Alle toere kan gerieflik aanlyn bespreek en betaal word.

22. Southern Circle Tours

Met meer as 25 jaar se ervaring, duisende tevrede kliënte en honderde vyfster TripAdvisor-graderings is Southern Circle steeds een van die voorkeur aanlyn platforms vir enige toer in Suidelike Afrika. Die agentskap spog met persoonlike aandag aan iedere kliënt en ʼn nommerpas uitstappie wat voldoen aan jou behoeftes en jou begroting.

23. Kruger Wildlife Safaris

Kruger Wildlife Safaris is ʼn safari- en toeragentskap met sy wortels in Suid-Afrika en spesialiseer in klein groepsafari’s na verskeie keurbestemmings in Suidelike Afrika, onder meer die bekende Krugerwildtuin. Met meer as 20 jaar se reiservaring bied hierdie nommerpas safari’s elke gas gemoedsrus deur ʼn pakket wat akkommodasie, wildbesigtigingsritte en selfs geselekteerde maaltye insluit. Bespreek jou safari aanlyn in drie vinnige klikke.

Niche aanlyn platforms

24. ContractUs

ContractUs maak korte mette met raaiwerk wanneer jy die dienste van ʼn professionele kontrakteur in die loodgieters- of boubedryf of ʼn gekwalifiseerde ingenieur in Suid-Afrika moet bekom. Daar is slegs geverifieerde kontrakteurs op hulle platforms, wat aan gebruikers van dié platforms volkome gemoedsrus bied.

25. CopiersAfrica

CopiersAfrica het met hulle persoonlike gebruikklaar benadering vir iedere onderneming ʼn beroering in die kantooroutomatiseringsbedryf tot gevolg gehad. Hulle bied maklike finansiering en huurkontrakte vir besigheidsoplossing op ʼn maand-tot-maand-basis. Hulle het ook die grootste voorraad Copier (nuut en opgeknapte), PBX-handelsmerke en ʼn landswye ondersteuningstelsel vir al hulle kliënte. CopiersAfrica is ʼn meervoudige handelsmerkspesialis en bied uitsonderlike dienslewering.

26. Search All Photographers

Search All Photographers is die grootste aanlyn platform in Afrika met inligting oor fotograwe. Die maatskappy het sy oog op wêreldoorheersing en streef daarna om elke respektabele fotograaf ter wêreld in te sluit op die webwerf. Dit is soos Facebook vir fotograwe, met die ideale aanlyn ruimte waar klante en fotograwe mekaar kan ontmoet en dienste kan onderhandel. Besoek SA Photographers

27. Commercial People South Africa

Commercial People is ʼn opwindende en jong portaal vir handelseiendomme in Suid-Afrika en bied eiendomsagente ʼn platform waar hulle kommersiële eiendomme gratis kan lys.

Op Commercial People kan ʼn mens kies uit ʼn reeks kantoor- en kantoordeelruimtes asook nywerheidspakhuise en vele meer wat te huur en te koop aangebied word.

28. Residential People South Africa

Residential People is ʼn ontluikende Suid-Afrikaanse eiendomsportaal wat eiendomsagente die geleentheid bied op hulle eiendomme gratis te lys.

Op Residential People kan agente byderwetse bemarkingsgereedskap soos geoutomatiseerde PDF, Microsite en Video-sagteware gebruik om hul marklyste aan te vul en te bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.