Huiswinkels – ʼn nuwe aanlyn markplek

Die landswye afsonderingsperiode het bykans alle ekonomiese bedrywe in Suid-Afrika op een of ander manier beïnvloed. Die toerismebedryf is veral erg geraak hierdeur, aangesien groot geleenthede soos feeste en skoue ʼn groot samekoms van mense behels wat tydens die tyd van sosiale distansiëring nie toegelaat word nie. Diegene wat by sulke geleenthede uitstal, is dus sedert Maartmaand sonder ʼn inkomste gelaat, met geen vooruitsig op enige feeste wat binnekort sal plaasvind nie.

Huiswinkels is ʼn nuwe aanlyn markplek wat geskep is om hierdie probleem aan te spreek. Die platform bied vir uitstallers die geleentheid om hulle eie winkel aanlyn oop te maak teen ʼn baie lae maandelikse koste. Aanlyn verkope het sedert die afsonderingsperiode met bykans 46% toegeneem, wat bevestig dat dit deel van die “nuwe normaal” is.

Die platform is deur Hetta Saunderson van M4 Events and Promotions van stapel gestuur, nadat haar maatskappy self deur feeste se kansellasies in die gesig gestaar is. Saunderson het met van haar kollegas en uitstallers gepraat en gou agtergekom dat iets gedoen moet word om vir mense die kans te gee om hulle inkomste aan te vul.

Saunderson beskryf Huiswinkels as die middelman tussen die koper en verkoper. Uitstallers het ten volle beheer oor hulle verkope en produkte, aangesien hulle self betalings en aflewerings met kopers organiseer. Alle uitstallers kan ook hulle produkte wysig, verwyder of selfs nuwe produkte laai deur middel van ʼn spesiale portaal wat vir uitstallers geskep is. Huiswinkels se administratiewe personeel staan egter gereed om vir uitstallers te help in die verband wanneer ook al hulle hulp benodig.

Die voordele van so aanlyn platform is ooglopend. Dit is 24 uur per dag beskikbaar vir verkope. ʼn Aanlyn winkel is ook redelik duur om te bou, wat beteken dat uitstallers die infrastruktuur van ʼn aanlyn winkel kry teen ʼn fraksie van die koste, indien hulle hul eie webtuiste laat bou. Buiten kos dit minder per maand as wat een dag by ʼn gewone fees vir ʼn uitstaller sou kos. Die grootste voordele van Huiswinkels is egter dat die platform aggressief bemark word, so uitstallers kry baie meer blootstelling as wat hulle sou kry indien hulle slegs hul produkte deur hulle eie Facebook-blaaie sou verkoop.

Huiswinkels het reeds meer as 15 uitstallers wat hulle platform gebruik. Daar is daagliks ook nuwe uitstallers wat deel word om hulle eie “winkel” op die webtuiste te plaas. Van die vernaamste uitstallers is byvoorbeeld Van Loveren Family Vineyards.

Besoek Huiswinkels by www.huiswinkels.co.za. Indien jy belangstel om deel te word van hierdie platform, stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae