Is dit te laat om bitcoin te koop?

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die nuus rondom bitcoin het die afgelope paar maande skerp toegeneem. Selfs die plaaslike media berig daaroor! Met al die gepratery oor pryse wat gaan styg, is dit verstaanbaar as jy voel dat jy ’n goeie geleentheid deur jou vingers laat glip het.

Die goeie nuus? Daar is nog plek en jy is nie te laat nie. Jy is eintlik vroeg. Kriptogeld begin nou eers spiere bult en daar is steeds tyd om betrokke te raak.

Eerstens moet jy verstaan hoekom daar soveel ophef oor dié onderwerp gemaak word. Die antwoord is eenvoudig: Bitcoin gee jou weer beheer oor jou geldsake.

Tradisionele geldeenhede se waarde is besig om af te neem. Onthou jy toe jou ouma gesê het dat sy in haar dae ’n maand se kruideniersware met R50 kon koop?

Regerings reg oor die wêreld is besig om geld te druk soos nog nooit vantevore nie en dit verminder die waarde van jou geld.

Bitcoin het ’n vaste hoeveelheid – daar sal uiteindelik slegs 21 miljoen bitcoin beskikbaar wees. Dit mag in die verlede miskien nie so belangrik geklink het nie, maar Covid-19 het bitcoin op verskeie maniere geraak, asook baie groot maatskappye soos Tesla en MicroStrategy.

Hulle sien dit as ’n vorm van beskerming teen inflasie en die devaluasie van geld, met ander woorde, ’n versekeringspolis teen die agteruitgang van jou geld. Dit is ’n slim manier om rykdom te beskerm.

Is jy ywerig om by hulle aan te sluit?

Hier is ’n paar wenke om jou aan die gang te kry:

  1. Doen jou eie navorsing: Vergewis jou oor wat bitcoin is, hoe dit werk en die probleme wat dit oplos. Enige slim belegging begin by opvoeding. Dit is ook belangrik om seker te maak dat jy inligting van betroubare bronne kry. Gaan kyk na Luno se Learning Portal en blog om jou kennis te verbreed.
  2. Moet nooit meer belê as wat jy kan bekostig om te verloor nie: Dit is maklik om meegevoer te raak deur al die opwinding, maar dit is belangrik om koelkop te bly wanneer jy ’n belegging maak.
  3. Gebruik ’n platform met ’n goeie reputasie: Koop bitcoin deur ’n platform wat bewyse het van puik regulasie en veiligheidsprosedures, sodat jy gerus kan wees dat jou geld veilig is. Vermy swendelaars wat aanbied om bitcoin namens jou te verkoop. As dit te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik.
  4. Stel realistiese doelwitte: Jy mag dalk gehoor het van jou buurman se neef se seun wat ’n fortuin gemaak het met bitcoin, maar dit is ongelukkig ’n een-uit-’n-miljoen-staaltjie, wat dalk ook nie heeltemal waar is nie. Stadig en seker wen die beker: Maak gebruik van die “rand-cost-averaging”-tegniek om jou bitcoin bietjie vir bietjie te laat groei.
  5. Jy het nie nodig om ’n hele bitcoin te koop nie. Met een bitcoin wat meer as R700 000 kos, is dit onwaarskynlik dat die gemiddelde Suid-Afrikaner dit kan bekostig! Gelukkig kan jy met Luno se hulp, met so min as R10 begin.

Onthou ook dat dit nooit te laat is om iets nuuts te leer nie. Geniet die avontuur!

Vir meer inligting besoek Luno se webtuiste by Luno.com. Hulle is ook op Twitter, Facebook, YouTube, LinkedIn en Telegram.

*Die vertaling en redigering van hierdie teks is deur Netwerk24 gedoen en word met vergunning deur die kliënt op Maroela Media gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.