Jou beleggings: Gister, vandag en môre

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Die einde van 2022 is byna in sig. Tot dusver is dit ’n jaar wat allerlei groot politieke gebeure gesien het – internasionaal sowel as plaaslik.

Thys van Zyl, bestuurder van Everest Wealth, het aan die begin van 2022 ’n paar voorspellings op Die GROOT Ontbyt gemaak oor wat die jaar sou inhou. Sy voorspellings was onder andere oor die invloed van die Covid-19-beperkings, brandstofverhogings, ’n styging in inflasie en rentekoerse, die paadjie wat die JSE gaan volg en die invloede van buitelandse markte op die rand.

Noudat Desember wink, kyk Everest Wealth terug op hierdie voorspellings en hoe dit in die werklikheid uitgespeel het.

Die Covid-19-pandemie-beperkings was aan die begin van 2022 nog in volle swang. Landsburgers was steeds verplig om maskers te dra en sekere bedrywe kon nog nie ten volle na normale werksomstandighede terugkeer nie. Die voorspelling was dat die maatreëls van die pandemie uiteindelik verslap en heeltemal gelig sou word. Teen einde Junie vanjaar het die regering aangekondig dat maskers nie meer gedra hoef te word nie en beperkings op die getal mense wat byeenkomste kon bywoon, is opgeskort.

Ongelukkig is die negatiewe gevolge van die pandemie steeds sigbaar. Die BBP het gestyg, inflasiekoerse en uitvoerkoste is onder meer hoër. In Februarie vanjaar het die wêreld in afgryse toegekyk hoe Rusland Oekraïne binnegeval het. Die oorlog woed steeds en die uitwerking op internasionale markte is steeds sigbaar. Van Zyl het aan die begin van 2022 voorspel dat die brandstofpryse gaan aanhou styg. Niemand kon egter vooraf voorspel dat die oorlog die petrolprys op so ’n negatiewe manier sou beïnvloed nie. Suid-Afrikaanse verbruikers moes teen Julie ’n bykomende R2 per liter op brandstof betaal. Die pryse het geleidelik begin daal, maar dit is nog nie naby aan wat die pryse vóór die Rusland-Oekraïne-oorlog was nie.

Buiten die dramatiese politieke gebeure internasionaal, was daar ook heelwat politieke gebeure op die plaaslike front wat die ekonomie beïnvloed het.

Beurtkrag is weer, nes in 2021, verskeie kere deur die jaar ingestel – selfs tot op fase 6, wat vir beurtkragsessies van langer as vier uur op ’n slag gesorg het. Nywerhede wat op elektrisiteit staatmaak, is tot stilstand gebring. Die regering se pogings om Eskom uit die verderf te lei, was ook futiel aangesien die regering self onder skuld gebuk gaan.

Inflasie en rentekoerse is van die eerste aspekte wat deur die pandemie beïnvloed is. Van Zyl het voorspel dat inflasie en rentekoerse gaan aanhou styg, en dit was ook die geval. Op die oomblik is inflasie op 7,7% en rentekoerse op 6,25% gemerk.

Die JSE sou sterk begin, met heelwat basispunte, en verswak teen die einde van die jaar, het Van Zyl aan die begin van 2022 gesê. Die vooruitskatting was in die kol. Die JSE het in die eerste helfte van 2022 sterk opbrengste gelewer, maar het reeds in die tweede helfte begin afplat.

Buitelandse markte, soos in die VSA, sou na voorspellings begin stabiliseer. Die ideaal om na toe te beweeg, is laer inflasie en hoër rentekoerse. Dit het juis so uitgespeel in die VSA en daar was ook heelwat kapitaalbeleggings wat in die land gemaak is. Sommige Europese lande was nie so gelukkig nie en sukkel steeds met hoë inflasie en lae rentekoerse. Dit beteken ook dat daar minder beleggings in Suid-Afrika gemaak word sodat die rand tans teen meer as R18, ’n rand meer as voorspel, teenoor die dollar verhandel.

Kommoditeite, ook goud, silwer en platinum, het volgens Van Zyl baie geleenthede vir die plaaslike mark tydens die pandemie gebied. Kommoditeite was in aanvraag in ander lande en dit het positiewe groei vir Suid-Afrika ingehou. Goud se prys is oor die laaste twee jaar stabiel en sou na verwagting steeds stabiel bly. Platinumpryse sou stabiel bly, solank daar ’n aanvraag bestaan, en ru-oliepryse sou stelstelmatig begin verlaag. Van Zyl se voorspelling was akkuraat en dit is die geval vir goud, platinum en ru-olie se pryse vandag.

Daar is nog ’n paar maande van 2022 oor, maar die verwikkelinge gedurende die jaar wys daarop hoe belangrik dit is om gedurig na jou finansies om te sien. In hierdie tyd waarin nog heelwat aspekte, soos inflasie en brandstofpryse, nie stabiel is nie, bly dit belangrik om te diversifiseer.

Daar is verskeie opsies vir alternatiewe beleggings in die private sektor wat Everest Wealth Management kan voorstel.

Kontak vandag nog vir Thys van Zyl van Everest Wealth om jou finansiële welstand te verseker.

E-pos: [email protected]
Webwerf: www.everestwealth.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.