Jou geld terug as jy by dié verskaffer lugtyd of data aankoop

Aetas Mobile het ʼn nuwe SIM-alleen-selfoondiens in Suid-Afrika van stapel gestuur en bied ʼn “alternatief tot die selfoondiens-monopolie”. Die diens vorm deel van die Aetas-netwerk, wat in 2017 deur Walter van Zyl gestig is toe hy slegs 22 jaar oud was.

Aetas Mobile bied ʼn beloningsprogram aan waar gebruikers “sigmapunte” verdien elke keer wanneer hulle lugtyd en data aankoop. Elke rand wat jy aan jou lugtyd of data spandeer, verdien jy terug in gelykwaardige sigmapunte wat weer gebruik kan word in die aanlyn winkel op die maatskappy se webwerf. In die Aetas Mobile Shop kan jy enigiets van lugtyd, bykomstighede, linne, boetiekwyne, handsakke, hoede, kombuisware en speelgoed tot skoene, horlosies en vliegkaartjies aankoop.

As jy byvoorbeeld R150 spandeer om lugtyd of data aan te koop, kry jy 150 sigmapunte om op lugtyd te spandeer of iets van dieselfde waarde in die winkel aan te koop.

Aetas Mobile gee dus jou geld terug om dit te spandeer hoe jy wil.

Die maatskappy bied ook kontrakte met handstuk-opsies aan.

Só maak jy:

  1. Laai die Aetas Mobile-app af in die Google Play Store
  2. Kies jou opsie, met of sonder ʼn Aetas-SIM-kaart (jy kan jou bestaande selfoonnommer behou, omdat dit na die netwerk oorgedra kan word)
  3. Jou nuwe Aetas-SIM-kaart word per koerier by jou afgelaai
  4. Koop lugtyd op die app (vir elke rand wat jy aan lugtyd/data spandeer, verdien jy gelykstaande sigmapunte (∑-punte). Dit is onmiddellik op jou app beskikbaar. As jy byvoorbeeld R89 se lugtyd aankoop, verdien jy ∑89. Nou kan jy dié ∑89 gebruik om óf ʼn bottel wyn (of enigiets anders) aanlyn in die Aetas Mobile Shop te koop óf weer lugtyd ter waarde van R89 aan te skaf.

Hoeveel kos dit?

Teen slegs R45 per maand kan jy van dié unieke diens gebruik maak.

Jou sigmapunte kan ook by deelnemende handelaars landswyd verdien en spandeer word. As jy byvoorbeeld in Amanzimtoti gaan vakansie hou, kan jy jou sigmapunte by die All Out Action Bar, Flour of Scotland Bakery, spa’s, wegneemrestaurante en verskeie ander plekke spandeer. As jy byvoorbeeld R180 by die All Out Action Bar in Amanzimtoti spandeer, kry jy ∑180 terug op jou Aetas Mobile-app. Nou kan jy dié ∑180 gebruik om byvoorbeeld 1GB-selfoondata aan te koop.

Die maatskappy is besig om Amanzimtoti in ʼn Aetas-inkopiesone te omskep en bevoordeel die gemeenskap en klein ondernemings.

Kleinhandelaars kan ook by Aetas aansluit: stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Besoek die webwerf vir meer inligting.

Spesiale aanbod vir Maroela-lesers: Aetas Mobile gee lugtyd ter waarde van R1 000 verniet aan die eerste 100 Maroela Media-kliënte wat vir die “Standard Plan” registreer. Maak dus seker dat jy die maatskappy laat weet dat jy dié artikel op Maroela Media gelees het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.