Jou mediesefondskeuses vir 2024

(Foto verskaf deur Medihelp)

Mediese skemas het onlangs hulle verhogings vir 2024 aangekondig. Verbruikers oorweeg natuurlik die finansiële impak op hulle huishoudelike begrotings. Baie mense heroorweeg hulle maandelikse ledegeld, hoe hulle voordele gebruik en hoe om hulle keuse van mediese fonds met hulle gesin se ander benodighede te balanseer.

Ongelukkig kan jou gesondheid onverwags verswak ná ’n traumatiese gebeurtenis of skielike siekte. Toegang tot hoë kwaliteit sorg in privaat hospitale kan duur wees en meeste Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie. Dit is ook ’n risiko om te wag om aan te sluit by ’n mediese fonds as gevolg van laataansluitingsboetes en wagtydperke.

Dis van kardinale belang om ʼn mediese fonds as ’n belegging in jou gesondheid te benader en nie as ’n lastige uitgawe nie. Mediese skemas bied ’n verskeidenheid mediesesorgvoordele, nie net om siektes of beserings te behandel nie, maar ook om goeie gesondheid te behou met voorkomendesorgvoordele.

Met Medihelp is jy verseker van topgehalte, maklik verstaanbare produkte met uitstekende ondersteuningsdienste om jou te help om ingeligte keuses te maak oor jou gesondheidsorgdekking. Ons het die kundigheid om ons lede se gemoedsrus met standvastige en volhoubare persoonlike bestuur te verseker.

In vandag se ekonomiese klimaat word goedkoper en intree-opsies al hoe meer aanloklik vir nuwe kopers. Dis ook waar vir bestaande lede van ’n skema, veral gedurende hernuwingstydperke wanneer lede meer bekostigbare opsies oorweeg om waarde, benodighede en bekostigbaarheid te balanseer.

Dit is belangrik om jou keuse van mediesefondsproduk nie slegs op prys te baseer nie. Jy spaar dalk maandeliks op ledegeld, maar betalings wat jy self moet maak vir mediese uitgawes kan waarskynlik dit wat jy in ledegeld spaar ver oorskry. Jou gesin se benodighede vir gesondheidsorg moet dus jou eerste prioriteit wees.

Medihelp

’n Paar jaar gelede het Medihelp onsself herposisioneer as “Medihelp Mediese Fonds in Aksie”. Ons voortgesette kerndoel is om ’n selfgeadministreerde mediese fonds te wees wat ons lede dien.

’n Plan vir almal

Aangesien verbruikers se benodighede vir gesondheidsorg en persoonlike omstandighede verskil, bied Medihelp se produkreeks verskeidenheid. Of jy nou ’n student is, begin met jou loopbaan, jou gesin bou of op soek is na uitgebreide gesondheidsorg, bied ons ’n oplossing wat pas by jou individuele benodighede. Met ’n keuse van 11 planne het ons ’n plan vir elke een, elke sak en elke generasie.

Medihelp se reeks produkte bied ’n verskeidenheid oplossings vir gesondheidsorg:

  • Vier noodsaaklike opsies bied dekking vir studente, mense wat die werkplek vir die eerste keer betree en jong, gesonde individue op soek na kwaliteit mediese dekking sonder die duur prys. Hierdie opsies fokus op dekking vir trauma en hospitalisasie en bied ’n kleiner voordeel vir daaglikse mediese koste. Die MedVital-hospitaalplan se dag-tot-dag-voordeel onderskei dit as ’n voorkeurkeuse.
  • Drie spaarplanne ontwerp vir jong gesinne en mense wat die vryheid van keuse van spaaropsies verkies. MedAdd het eksponensieel gegroei vandat hierdie kombinasie-oplossing vir dag-tot-dag-voordele geïmplementeer is en MedSaver se 25%-spaarrekening is vir vryheid ontwerp. Spaargeld word aan die begin van die jaar vir dag-tot-dag-voordele beskikbaar gestel (lede ontvang 12 maande se spaargeld vooruit vir die jaar) en fondse wat nie gebruik word nie, word na die volgende jaar oorgedra.
  • Vyf omvattende planne met ledegeld wat ontwerp is vir groter gesinne en voordele vir meer uitgebreide benodighede vir gesondheidsorg.

Medihelp-gesinne sal steeds slegs vir twee babas, kleuters of tieners betaal op MedVital, MedAdd en MedPrime in 2024. Op sekere planne (MedVital, MedAdd, MedSaver en MedPrime) sal tariewe vir kinderafhanklikes steeds geld vir kinderafhanklikes tot die ouderdom van 26 en MedElect sal steeds bekostigbare dekking vir studente bied.

Medihelp bied ook bykomende versekerde voordele bo en behalwe ander versekerde voordele met ’n sterk fokus op voorkomende sorg en vroeë identifikasie van potensiële gesondheidsprobleme, swangerskapvoordele en sorg vir kinders.

Met soveel opsies om van te kies, oorweeg dit asseblief om jou finansies en gesin se gesondheidsprofiel met jou gesondheidsorgadviseur te bespreek voordat jy ’n keuse maak. Klik hier om met ʼn adviseur te gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.