Jou testament en ‘n nalatenskap wat die tyd deurstaan

Argieffoto (Foto: Herm/Pixabay)

Saterdag, 18 Julie was Mandela-dag. ʼn Dag wat deur die Verenigde Nasies in November 2009 as sulks toegeken is en wat elke jaar op Mandela se verjaarsdag gevier word.

As die vader van ons nasie, het hy werklik ‘n opmerklike nalatenskap nagelaat en is ‘n voorbeeld vir ons almal – sy nalatenskap is iets waarna ons almal kan strewe.

ʼn Opmerklike nalatenskap gebeur nie net per ongeluk nie

Of ons nou daarvan hou of nie, sal ons almal ʼn nalatenskap nalaat – die vraag is, watter nalatenskap laat jy na? ʼn Opmerklike nalatenskap gebeur nie net per toeval nie – ʼn plan word benodig, en dit sal alleenlik bereik word met doelgerigtheid en voornemens.

Jy hoef nie ryk of beroemd te wees om ‘n nalatenskap na te laat nie, maar jy moet slim werk. Na aanleiding van statistieke, verloor 70% van gesinne hulle welvaart teen die tweede generasie en 90% teen die derde. Hierdie verskynsel is gedeeltelik te wyte aan swak boedelbeplanning.

Hoe vermy jy dié statistiek?

Alex Simeonides, hoof- uitvoerende beampte van die vername testament- en boedelberedderingsmaatskappy, Capital Legacy, sê baie mense neem verkeerdelik aan dat boedelbeplanning ingewikkeld en moeilik is, maar dit is nie noodwendig die geval nie.

“By Capital Legacy, verwys ons altyd na die gulde reël van boedelbeplanning. Ons glo jou testament is nie net ʼn dokument wat jy eenmalig opstel nie, dit moet gereeld verwys word om jou veranderende omstandighede te reflekteer, soos jou boedel en doelwitte vir die nalatenskap wat jy wil nalaat, ontwikkel en groei,” verduidelik Simeonides.

“Ek lê dikwels klem daarop dat wanneer jy met jou finansiële adviseur gesels oor jou lewensdekking, jy terselfdertyd jou testament behoort op te stel of te verwys. Wat is jou visie vir jou nalatenskap en wat is jou plan om dit na te kom? Jou erfopvolgingsplan beantwoord hierdie vrae. Ons help amper 6 000 kliënte elke maand om hierdie oënskynlike moeilike taak, eenvoudig te maak.”

Baie mense streef hulle lewe lank daarna om rykdom – hulle nalatenskap – bymekaar te maak met die hoop dat hulle gesin se toekoms verseker sal wees wanneer hulle eendag wegval. Die probleem is dat baie mense versuim om ‘n plan in plek te sit om te verseker dat hierdie rykdom wyslik gebruik sal word vir die doel waarvoor dit bestem is.

Omtrent 75% van alle Suid-Afrikaners sterf sonder ‘n testament

“Dis skokkend dat bykans 75% van alle Suid-Afrikaners wegval sonder om ‘n geldige of opgedateerde testament in plek te hê,” voeg Simeonides by.

Die impak wat afsterwe sonder ‘n testament vir jou gesin inhou, kan hartverskeurende gevolge dra – wat nog te sê van die nalatenskap wat jy hoop om na te laat. In baie gevalle, as daar nie ‘n testament in plek is nie, mag erfporsies jare neem om oorgedra te word aan jou afhanklikes en gesinne kan hulle huise en leefstylstandaarde verloor indien bankrekeninge gevries word of die boedelberedderingsproses word gestaak omdat buitensporige fooie nog nie betaal is nie.

“Om jou nalatenskap te beveilig is nie so moeilik soos dit wil voorkom nie. Ons maatskappy maak dit makliker vir Suid-Afrikaners om hulle testamente op te stel of te verwys. Selfs ons slagspreuk sê ‘laat ‘n nalatenskap na’,” skerts Simeonides.

Deur tyd te bestee om jou testament op te stel en seker te maak dat dit bygewerk en relevant bly, dwing jy jouself om gedurig te dink aan die nalatenskap wat jy wil nalaat.

Dit is dan dat dit meer as net ‘n dokument word – dit word deel van ‘n plan – ‘n erfopvolgsplan.

Wat is jou plan?

‘n Erfopvolgsplan neem ‘n holistiese beskouing van jou finansiële situasie en spreek bekommernisse aan wat andersins nie in ag geneem sal word nie, soos om te verseker jou boedel word oorgedra op ‘n belastingdoeltreffende wyse, en dat ‘n balans geskep word tussen die behoud van genoeg aftreekapitaal en om genoegsaam na te laat vir jou erfgename. Dit behoort ook ‘n deeglike beskouing van die opstel van die mees doeltreffende en lewensvatbare trusts in te sluit en voorsiening te maak vir jou troeteldiere of items met sentimentele waarde (bv. ‘n vakansiehuis of daardie William Kentridge-skets).

In baie gevalle sal jy ook uitdruklik moet meld wat jou liefdadigheid of filantropiese doelwitte is en jou wense met betrekking tot hoe dit uitgevoer moet word. “’n Eenvoudige voorbeeld sou wees dat baie mense graag ‘n orgaanskenker wil wees, maar nie besef dat hierdie onselfsugtige daad by hulle testament ingesluit kan word nie; om sodoende voorsorg te tref om ‘n ander lewe aan te raak buiten die hier en nou,” sê Simeonides.

Erfopvolgsbeplanning bied ook oplossings vir die uitdagings wat deur gesinne in die gesig gestaar word wanneer gesinslede oor die wêreld heen gesaai is. Mens moet in ag neem waar die bates is en waar die begunstigdes woon sowel as die regulasies, belastingstelsels en jurisdiksies wat hiervolgens geld (wat bekend staan as situs-belasting).

Dus, soos ons Mandeladag vier en deur sy nalatenskap geïnspireer word, kan ons oor ons eie nalatenskap besin en moet ons onthou dat ons almal ‘n impak laat op ons onmiddellike omgewing – ons gesin, ons lewensmaats en ons kinders. Ons mag dalk nie almal wêreldwyd beroemd wees nie, maar deur te beplan vir die toekoms bou ons beslis ‘n platform vir die volgende geslag.

As jy nie ’n testament in plek het nie, of vir ’n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningsverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.