Kies ʼn mediese fonds met unieke voordele

Foto: Fedhealth

Die lewe is onvoorspelbaar, en jou omstandighede kan binne ’n oogwink verander. Hoe aanpasbaar is jóú mediese fonds wanneer jou lewensomstandighede verander of jou gesin groei? Hier is twee van die unieke voordele wat Fedhealth anders maak.

Fedhealth bied jou onbeperkte huisdokterkonsultasies

Ons besef dat wanneer jy die dokter nodig het, dag of nag, jy in staat moet wees om ’n afspraak te maak sonder om te wonder of jy nog dag-tot-dag voordele beskikbaar het. Dit is waarom Fedhealth die enigste mediese fonds is wat jou onbeperkte huisdokterbesoeke bied wat deur óns betaal word, nie vanuit jou dag-tot-dag voordeel nie.

  • Op flexiFED 1, 2 en 3 geniet lede onbeperkte genomineerde netwerkhuisdokter-besoeke sodra die Drempelvlak bereik is.
  • Op flexiFED 4, geniet lede onbeperkte netwerkhuisdokterbesoeke van dag een af.
  • Op flexiFED 4Grid en flexiFED 4Elect, geniet lede onbeperkte genomineerde netwerk-huisdokterbesoeke van dag een af.

Fedhealth laat jou toe om enige tyd van die jaar op te gradeer

Foto: Fedhealth

’n Mens kan nie altyd voorspel wanneer ’n ernstige siekte jou pad sal kruis… of jy dalk gelukkiger nuus sal kry soos ’n kleinding wat besluit om onverwags sy of haar opwagting te maak nie. Wanneer dit wel gebeur, sal jy heel waarskynlik jou mediesefondsdekking moet opgradeer om voorsiening te maak vir die bykomende uitgawes.

Het jy geweet dat Fedhealth die enigste mediese fonds is wat jou sal toelaat om jou opsie enige tyd van die jaar op te gradeer, binne 30 dae van wanneer iets gebeur wat jou lewe drasties verander? Dit sluit die diagnosering van ’n ernstige siekte of ’n swangerskap in.

Dit beteken dat jy kan spaar deur ’n opsie te kies wat vandag jou omstandighede reflekteer, en nie wat dalk moontlik in die toekoms kan gebeur nie.

Hierdie is net twee van die unieke voordele wat Fedhealth die perfekte pasmaat vir enige gesin maak! Wanneer jy by Fedhealth aansluit, kan jy ook uitsien na die volgende voordele wat uit Risiko betaal word, en nie jou dag-tot-dag voordele nie:

  • 30 dae se opvolgbehandeling ná hospitalisering
  • 7 dae se ontslagmedisyne ná hospitaalbehandeling
  • Gespesialiseerde radiologie, insluitende MRI- en CT-skanderings
  • Traumabehandeling in ’n ongevalle-afdeling
  • Vroulike voorbehoeding en vasektomieë
  • Kindertariewe tot op die ouderdom van 27

Kies Fedhealth vir ’n mediese fonds wat jou werklik toelaat om meer beheer oor jou dekking te hê en dus te meer te spaar!

 Om meer uit te vind, skakel gerus die Fedhealth Kliëntekontaksentrum by 0860 002 153 of besoek ons webwerf fedhealth.co.za

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae