Kies ʼn mediese fonds wat by jou pas

Foto verskaf deur Fedhealth

Dis baie belangrik om ʼn mediese fonds te kies wat jou meer buigsamheid, keuse en beheer gee.  Volg hierdie wenke van Fedhealth:

Kies ’n opsie wat jou lewensfase verstaan

Fedhealth se flexiFED-opsies is ontwerp om waardevolle hospitaal-, gesondheidstoetse-, chroniese, dag-tot-dag en addisionele voordele-dekking te bied wat spesifieke gesondheidsbehoeftes in ’n sekere lewensfase aanspreek.

Die flexiFED 1-opsie verskaf uitstekende dekking aan jong, gesonde enkellopendes wat mediesefondsdekking wil aanskaf, maar nog nie al die voordele nodig het soos iemand wat byvoorbeeld ’n baba beplan nie.

Vir jong paartjies bied flexiFED 2 ’n goeie balans tussen kraam- en kindervoordele teen ’n bekostigbare prys, terwyl flexiFED 3 en 4 meer omvattende kraam- en kindervoordele verskaf, soos die kleingoed groei of die gesin nog ’n baba verwelkom.

Al Fedhealth se flexiFED-opsies bied verder ’n Drempelvoordeel wat vir sekere opsie-spesifieke dag-tot-dag voordele betaal sodra eise die Drempelvlak bereik het, soos byvoorbveeld: voorkomende tandheelkunde (flexiFED 1), basiese tandheelkunde (flexiFED 2 en 3) en onbeperkte genomineerde netwerkhuisdokterbesoeke.

Spaar met ’n netwerkplan

Deur ’n GRID– of Elect-weergawe van die flexiFED-opsies te kies, kan jy jou eie besparings bepaal, sonder om die kwaliteit van jou mediesefondsvoordele in te boet.

  • Spaar 25% met flexiFEDElect

Jy geniet dieselfde voordele as op die gewone flexiFED-opsie, maar betaal 25% minder op jou maandelikse bydrae deur die Elect-weergawe te kies. Die enigste verskil is dat jy ’n R12 000-bybetaling op alle beplande hospitaalprosedures moet betaal. In ’n noodgeval sal jy steeds na die naaste privaat hospitaal geneem word sonder dat jy die bybetaling hoef te betaal.

  • Spaar 11% met flexiFEDGRID

Die GRID-opsie stel jou in staat om 11% op jou maandelikse bydrae te spaar. In ruil hiervoor moet jy slegs Fedhealth Netwerkhospitale gebruik vir beplande hospitaalprosedures. Daar is meer as 100 wêreldklas netwerkhospitale dwarsoor die land om van te kies. Die R12 000-bybetaling sal geld indien jy nie ’n netwerkhospitaal vir ’n beplande prosedure gebruik nie.

Kies ’n mediese fonds wat jou in beheer van jou dag-tot-dag voordele plaas

Foto verskaf deur Fedhealth

Op ons flexiFED-opsies, trek jy voordeel uit die revolusionêre MediVault en Wallet-fasiliteit wat ’n gewone mediese spaarrekening vervang. Dit beteken dat jy slegs vir jou dag-tot-dag voordele begin betaal sodra jy dit gebruik, wat ’n laer maandelikse bydrae beteken!

Jy kan óf die hele MediVault wat aan jou toegeken is vir die jaar volgens jou opsie en gesinsamestelling na jou Wallet oorplaas aan die begin van die jaar (sodat dit soos ’n gewone mediese spaarrekening werk), óf jy kan dit in R600-dele oorplaas soos jy dit nodig kry. Jy sal dit slegs begin terugbetaal oor 12 maande of ’n korter tydperk, sodra jy dit na jou Wallet oorgeplaas het.

Deur self te besluit hoeveel dag-tot-dag voordele jy nodig het en dit slegs gebruik wanneer jy moet, kan jy voordeel trek uit ’n laer maandelikse bydrae.

Kies Fedhealth vir ’n mediese fonds wat jou werklik toelaat om meer beheer oor jou dekking te hê en dus te meer te spaar!

Om meer uit te vind, skakel gerus die Fedhealth Kliëntekontaksentrum by 0860 002 153 of besoek ons webwerf fedhealth.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.