Koste van die top-10 hospitaalplanne in Suid-Afrika

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Deur Elmarie Jensen 

Tans kan minder as 16% van Suid-Afrikaners privaat gesondheidsorgdekking bekostig. Omvattende mediesefondsdekking, veral in ons huidige ekonomiese klimaat, is ʼn onbetaalbare luukse vir die meerderheid Suid-Afrikaners.

Hospitaalplanne – die bekostigbare alternatief

Die gewildheid van hospitaalplanne het oor die afgelope aantal jare aansienlik toegeneem. Met lede van mediese skemas wat toenemend hul dag-tot-dag-uitgawes self befonds, bied hospitaalplanne oor die algemeen ‘n meer bekostigbare alternatief tot privaat gesondheidsorg.

Wat is die verskil?

Mediesefondsvoordele-opsies kan breedweg in twee tipes dekking gekategoriseer word:

  • Hospitaalplanvoordele-opsies bied dekking vir behandeling wanneer ‘n lid in die hospitaal opgeneem word. Hospitaal- en verwante rekeninge, soos teaterkostes, X-strale, medikasie, bloedtoetse, bloedoortappings, ensovoorts, word gewoonlik volledig gedek, terwyl dokters- en spesialisrekeninge teen die betrokke medieseskematarief vergoed sal word.
  • Omvattende voordele-opsies, daarenteen, bied gewoonlik dieselfde vlak van hospitaaldekking as hospitaalplanne, maar bied voorts addisionele buitehospitaalvoordele in die vorm van ‘n mediese spaarrekening. Sommige voordele-opsies bied ook bykomende dekking in die vorm van vasgestelde voordele ten opsigte van akute of kroniese medikasie, konsultasies, oogkundige voordele, ensovoorts.

Omvattende voordele-opsies is oor die algemeen duurder as hospitaalplanne, aangesien die koste van die addisionele voordele wat lede met hul mediese spaarrekening of ander buitehospitaalvoordele geniet, by die maandelikse premies ingesluit word.

Beide tipes voordele-opsies bied ook dekking ten opsigte van 25 chroniese siektetoestande.

Die koste van top-10-hospitaalplanne

Die keuse van ‘n hospitaalplan wat die beste moontlike dekking en waarde vir geld bied, kan ‘n oorweldigende taak wees, aangesien mediese skemas almal hul voordele-opsies anders bemark en posisioneer. Boonop is daar ʼn magdom van hospitaalplanne wat deur die sowat 20 oop mediese skemas in Suid-Afrika aangebied word.

Maar wat beloop die huidige maandelikse premies van die top10-hospitaalplanne in Suid Afrika?

Die mees onlangs gepubliseerde opname van die , het die mediesefondsopname van 2018 beide mikrograderingsfaktore (prestasie van planne gebaseer op maandelikse premies), sowel as makrograderingsfaktore (algemene welstand van ‘n mediese fonds) ingesluit. Daarbenewens het die studie ook die waarskynlikheid van lidmaatskap aan ‘n spesifieke mediese skema en sy planne gemeet.

Gebaseer op die resultate van die 2018-resultate van die GTC-opname (2019 se resultate is nog nie uitgereik nie), word die top10 (uit 37) oop medieseskema-hospitaalplanne in Suid-Afrika hieronder gelys (in volgorde van koste per volwasse lid). Die tabel bevat die koste per volwasse lid, sowel as die koste van twee volwassenes + 2 kinders vir 2018. Dit toon ook die waarskynlikheid van lidmaatskap van elk van die planne.

hospitaalplanne-2019-06-19

Tabel: Verskaf.

GTC Mediesefondsopname as meetinstrument

Die GTC-opname word as ‘n beslissende nasionale opname beskryf. Alhoewel dit ‘n effektiewe meetinstrument op sigself is, word dit die beste gebruik as basis vir die evaluering en beoordeling van verskillende mediesefondsplanne. Wanneer ʼn mediese fonds of hospitaalplan gekies word, moet voornemende lede altyd die opsie kies wat die beste dekking sal bied met inagneming van hul gesondheidsorgbehoeftes, saam met wat hulle kan bekostig.

Bogenoemde verduideliking is slegs vir inligtingsdoeleindes en is nie bedoel om op enige wyse die voorwaardes soos voorgeskryf in die Algemene Gedragskode van die Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, in soverre dit verskillende finansiële produkte met mekaar vergelyk, te kompromitteer nie. Niks hierin vervat is bedoel om advies te wees nie en enige onsekerheid aangaande die inhoud, moet na ‘n geakkrediteerde finansiële adviseur verwys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

8 Kommentare

Alta ·

Goeie more! Ek al geruime tyd probleme om van julle artikels per epos of whatsapp te stuur. Is die probleem aan julle kant? Groetnis

Anja van der Merwe ·

Dagsê Alta

Dankie vir jou boodskap. Dit fout is inderdaad aan ons kant! Ons ondervind ‘n tegniese probleem met die diensverskaffer wat dit moontlik maak om artikels op sosiale media te deel. Ons tegniese span is besig om baie dringend ondersoek in te stel.
Jy is welkom om intussen bloot die URL (webadres) van die artikel te kopieer en dit dan vir die persoon te stuur.
Kontak ons asseblief per e-pos by [email protected] as jy nie seker is hoe om dit te doen nie.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Alta ·

My maandelikse gelde verskuldig aan Momentum is R1893.00 en nie R1515.00 nie. Dit is seker net ‘n geraamde bedrag?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Alta

Die opname wat gebruik is om hierdie berig saam te stel het op ‘n opname van 2018 staatgemaak omdat 2019 se resultate nog nie uitgereik is nie. Jou premie kon dus in die tussentyd verhoog het. Hoop dit verskaf meer duidelik oor die situasie.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
nms
Maroela Media

Loretta Turpin ·

Ek betaal eerder my vol medies vir ‘n paar R100.00 meer as net die hospitaal plan bo genoem. Ek dink die premie vir net hospitaal planne is baie hoog.

Tans ·

Wens S.A kon wees soos in die U.K waar mens National Insurance betaal en almal gaan na dieselfde hospitaal en kry uitstekende behandeling. Ek kan nie ‘n medies of hospitaalplan bekostig nie, al verdien ek en my man saam ‘n goeie salaris. Met skoolfonds van R11 000 ‘n maand (waar ek bly is net privaat skole, staatskool is vol) is medies onbekostigbaar.

Anoniem ·

Ek sal nou nie die behandeling wat ‘n familied as Britse burger by ‘n staatshospitaal in London ontvang het, as “uitstekend” beskryf nie. Dis wel beter as wat die deursnee Suid-Afrikaanse staatshospitaal verskaf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.