Kry jou kredietversekering onder een dak en SPAAR

Is jy een van die 20 miljoen Suid-Afrikaners met een of ander vorm van krediet? Het jy ʼn persoonlike lening, oortrokke rekening, kredietkaart, winkelkaart of studielening?

Jy betaal dan vir kredietversekering op byna al jou kredietooreenkomste teen ’n baie hoë premie, want kredietverskaffers maak ekstra geld hieruit.

Wat is kredietlewensversekering?

Ingesluit by byna alle kredietooreenkomste in Suid-Afrika is ʼn versekeringspolis wat bekend staan as kredietlewensversekering. Hierdie versekering beskerm polishouers indien hulle nie meer hul leningspaaiemente weens dood, ongeskiktheid of aflegging kan betaal nie.

Kredietlewensversekering is van onskatbare waarde en delg die uitstaande saldo van ʼn lening in die geval van dood of permanente ongeskiktheid van die polishouer, of dit betaal maandelikse leningspaaiemente in die geval van tydelike ongeskiktheid of aflegging.

Die Nasionale Kredietwet bepaal dat jy die reg het om hulle Kredietversekeringspolis te vervang met ʼn polis van jou keuse met dieselfde, of meer dekking, en die kredietverskaffer is verplig om dit te aanvaar.

Die meeste verbruikers is onkundig oor die dekking wat hulle het, hoeveel hulle maandeliks daarvoor betaal, wat die voordele is, of hoe om self te eis.

Weet jy dat jy kredietversekering het en hoe om daarvan gebruik te maak?

SPAAR is jou oplossing!

SPAAR het ʼn kredietlewensversekeringspolis laat ontwikkel om al jou bestaande Kredietversekeringspolisse onder een enkele polis te konsolideer.

SPAAR, in samewerking met Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), het dié unieke produk ontwikkel wat al jou bestaande kredietversekeringspolisse vervang onder een enkele polis, teen ’n premie wat aansienlik laer is as jou huidige premies.

Die polis beskerm jou in die geval van:

  • dood;
  • afleggings;
  • gevreesde siekte;
  • tydelike ongeskiktheid; of
  • permanente ongeskiktheid.

Hoekom moet jy omskakel na SPAAR-kredietversekering?

  • Lae premie: Betaal ’n laer premie wat jou duisende rande kan spaar.
  • Een polis: Een enkele polis bied dekking vir al jou kredietooreenkomste.
  • Moeitevry: Die eiseproses is maklik en moeitevry en word deur SPAAR gefasiliteer.
  • Gerief: Nuwe lenings kan ook onder hierdie polis ingesluit word.

SPAAR fokus op die ontwikkeling van innoverende oplossings ooreenstemmend met die behoefte van kliënte. Die goue draad wat deur al die aanbiedinge loop, beide aan maatskappye en verbruikers, is die strewe om waarde te ontsluit en produkte sowel as dienste te bied wat alle verwagtinge oortref.

SPAAR kan jou duisende rande spaar!

Kry ’n verpligtingvrye kwotasie om te sien hoeveel jy op kredietversekering kan spaar.

Kontak Spaar by 010 040 7634, stuur ʼn WhatsApp aan 068 007 9608, of’n e-pos aan [email protected]

Besoek gerus www.spaar.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.