Kry jou werksplek BGV-gereed vir vlak 3

Argieffoto (Foto: Engin Akyurt/Pixabay)

Die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, was duidelik in sy opdrag aan besigheidseienaars hoe om die gesondheid en veiligheid van elkeen in die werksplek te beskerm tydens die Covid-19-pandemie. Met slegs 176 beroepsgesondheid en -veiligheidsinspekteurs landswyd, is dit egter nie duidelik hoe nakomingsreëls toegepas gaan word nie. Dit is daarom geen wonder nie dat die departement van arbeid se hoofinspekteur, Tibor Szana, vakbonde en werknemers vra om aan te meld wanneer werknemers versuim om aan die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid (BGV-wet) te voldoen. Dié besluit het reeds ʼn mate van sukses behaal.

Die regering het ʼn zero-verdraagsaamheid houding teen eienaars wat versuim om aan die Covid-19 risikovrye maatreëls in die werkplek te voldoen. Diegene wat skuldig bevind word, sal nie net groot boetes moet betaal nie, maar die risiko loop dat hul ondernemings gesluit word.

Bedrywe wat weer aan die einde van Mei heropen wanneer vlak 3 in werking tree, moet voldoen aan die huidige beperkings en reëls. Die beste manier om te verseker dat jy aan die wet voldoen, is om ʼn daaglikse kontrolelys te gebruik, aldus die BGV-spesialis, MAKROSAFE. Die konsultasiediens, wat duisende ondernemings help om aan die BGV-wet te voldoen, het ʼn “Terug werk toe”-voorkomingspakket saamgestel wat werkgewers kan help in die stryd teen die verspreiding van die koronavirus.

Die dilemma wat deur besigheidseienaars in die gesig gestaar word, is dat die Covid-19-reëls en -regulasies enige tyd verander kan word. As jy die Terug werk toe-Covid-19-voorkomingspakket, aflaai en implementeer, kan werkgewers op hoogte bly van nuwe ontwikkelings wat daagliks deur MAKROSAFE en SafetyWallet bygewerk word om ʼn risikovrye werksomgewing te verseker deur gebruik te maak van die daaglikse kontrolelyste.

Wees waaksaam of dra die gevolge

Besigheidseienaars sal waaksaam moet wees in hul benadering tot gesondheid- en veiligheidsmaatreëls of dra die angswekkende gevolge as jy strafregtelik vervolg word. Omdat vakbonde en hul eie arbeidsmag bedag gaan wees op enige onsuksesvolle Covid-19-veiligheidsreëls, sal werknemers swaar beboet word of die werksplek kan moontlik gesluit word deur die departement van arbeid. Die departement het ook gewaarsku dat hy nie sal versuim om strafregtelike aanklagte aanhangig te maak teen werkgewers wat die Covid-19-gesondheid- en veiligheidsreëls oortree nie.

Meer as ʼn miljoen mense het teruggekeer werk toe, toe die afsonderingsmaatreëls aan die begin van Mei na vlak 4 aangepas is. Talle meer sal terugkeer werk toe wanneer vlak 3 aan die einde van Mei begin. Die president, Cyril Ramaphosa, het ook gewaarsku dat, alhoewel die Covid-19-maatreëls gehelp het om die kurwe af te plat, sal infeksies styg wanneer meer mense terugkeer werk toe. Dit maak dit al hoe meer belangrik om aan die gesondheid- en veiligheidsmaatreëls te voldoen.

Die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, het gesê ondernemings wat heropen, moet gesondheid- en veiligheidsmaatreëls instel voor bedrywighede kan hervat. Hy het gesê die proses begin by ʼn risiko-assessering van die werksplek en ʼn duidelik plan van aksie om die regerings se reëls en regulasies te implementeer.

Plan van aksie

Die Covid-19-plan of aksie sluit in:

  • Om werknemers op hoogte te hou van die reëls en regulasies en metodes van implementering
  • Om siek werknemers opdrag te gee om by die huis te bly en siekverlof toe te staan of om aansoek te doen vir Covid-19-Ters-voordele
  • Om ʼn bestuurder binne die bestaande arbeidsmag aan te stel wat besware van werknemers en werksplekverteenwoordigers kan hanteer
  • Voorkom oordrag deur kontak tussen werknemers en die publiek te minimiseer
  • Verminder die getal werknemers wat op die perseel is deur skofte in te stel
  • Lei werknemers op oor die risiko’s van Covid-19-oordrag
  • Meld Covid-19-uitbrekings in die werksplek aan by die departement van gesondheid en/of indiensneming en arbeid
  • Ondersteun die departement van gesondheid se maatreëls om kontakpersone op te spoor
  • Stel sosiale distansiëring van minstens 1,5 m tussen werknemers in of rig fisiese versperrings op
  • Verskaf persoonlike beskermingstoerusting (PPE) gratis aan werknemers
  • Monitor werknemers daagliks vir simptome van die koronavirus wanneer hulle vir werk aanmeld
  • Lei werknemers op dat hulle die BGV-wet oortree as hulle versuim om aan te meld as hulle simptome toon of by die werk begin siek voel
  • Verskaf handontsmettingsmiddels, fasiliteite om hande met seep en skoon water te was en weggooihanddoeke
  • Ontsmet en maak werksoppervlakke en toerusting in gemeenskaplike gebiede skoon
  • Maak seker werknemers dra te alle tye gesigmaskers wanneer hulle op die perseel is
  • Bly op hoogte van die aanbevelings van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid om oordrag te voorkom

Terug werk toe-Covid-19-voorkomingspakket

MAKROSAFE se gratis voorkomingspakket is R15 000 werd en kan deur enige besigheidseienaar, sonder enige verpligting, afgelaai word. Dit is die BGV-konsultasiediens se geskenk aan die land om ondernemings te help om bedrywighede te hervat sonder vrees dat BGV-verantwoordelikheide versuim sal word.

Buiten die voorkomingspakket bied MAKROSAFE en SafetyWallet ook ʼn gratis 20 minute lange aanlyn konsultasiegesprek aan besigheidseienaars om hul vrae te beantwoord en hulle by te staan met ʼn risikovrye Covid-19-plan van aksie. Die volgende inligting is by die pakket ingesluit:

  • Covid-19-beleid
  • Persoonlike Beskermingstoerustingbeleid (PPE-beleid)
  • Toets en monitor werknemers om aan Covid-19-beleid te voldoen
  • Werk van die huis af-beleid
  • Werk van die huis af- risiko-assessering
  • Risiko-assessering vir reis met openbare vervoer na en van die werksplek
  • Assessering van risiko’s in die werksplek van blootstelling aan oordraagbare siektes
  • Werksplekgereedheid ná die afsonderingsperiode
  • Kontrolemaatreëls-riglyne
  • E-leer – bestuur oordraagbare siektes (Covid-19) in die werksplek
  • Induksie-brosjure
  • Gereedskapkas-gesprekke
  • Bewusmakingsplakkate
  • Daaglikse verpligte kontrolelyste

Volgens Leon van der Walt, besturende direkteur van MAKROSAFE, is die Covid-19-pandemie ʼn groot ontwrigting in die daaglikse lewens van alle Suid-Afrikaners, insluitend die werksplek en die ekonomie. “As ʼn BGV-diensverskaffer besef ons watter plig en verantwoordelikheid ons het om beroepsgesondheid en -veiligheid te ondersteun om die verspreiding van die koronavirus in die werkplek te bekamp.” Hy het bevestig die inhoud van die voorkomingspakket word elke 24 uur bygewerk om werkgewers te help om op hoogte te bly van enige veranderinge aan die Covid-19-beleid.

Laai die Covid-19 terug werk toe-voorkomingspakket af

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae