Kry nou jou drankies by jou huis afgelewer!

Checkers LiquorShop is die eerste Suid-Afrikaanse supermark wat nou in eksklusiewe samewerking met Mr D Food is.

Teen die einde van hierdie jaar, net betyds vir die feesseisoen, sal klante hul yskoue drankies by Checkers LiquorShop kan bestel en dit dan deur Mr. D Food afgelewer kry.

Die drankies sal dieselfde prys wees as wat dit in die winkel is, en 60 Checkers-winkels in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal is al betrokke. Addisionele winkels sal in 2019 bygevoeg word.

Neil Schreuder, hoof van strategie en innovering by die Shoprite‑groep, het gesê die verwikkeling is “innovering wat gerieflik is vir verbruikers in ons tydgedrukte samelewing”.

“Dit gaan alles daaroor om vir ons klante die vinnigste diens op aanvraag te verskaf, en om uiteindelik hulle waardevolle tyd aan hulle terug te gee,” het hy gesê.

Meer as een miljoen Suid-Afrikaners het reeds die Mr.D Food-app afgelaai. Dié app is reeds in vennootskap met meer as 2 600 restaurante, maar Checkers LiquorShop is die eerste drankwinkel wat bykom.

“Dit sal ons in staat stel om vir ons klante selfs meer keuses en gerieflikheid te gee,” het Devin Sinclair, hoof van Mr. D Food, gesê.

ʼn Verskeidenheid van alkoholiese drankies soos bier, wyn en sterk drank, asook nie-alkoholiese drankies soos sap, gaskoeldrank en water, sal beskikbaar wees vir bestelling vanaf die Mr. D Food-app.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anton X ·

Dis nou baie interressant. As ex eienaar van ‘n drankwinkel is dit vir my besonder interressant gewees hoe so 3 jaar terug Parlement nuwe wetgewing wou toepas. Daar was sprake van ‘n 21 ouderdomsbeperking op drank.
Interressant genoeg, al maak hul die perking 51, sal niks verander voordat hulle alkohol produkte (soos petrol) reguleer. Nou word daar miljoene bestee om allerande wette te maak, maar al wat ‘n kettinggroup is, verkoop alkohol vir onder kosprys om kliente te lok. Die prys moet op die etiket gedruk work, en almal moet die drank teen dieselfde prys verkoop.
Suip volkie, suip.
Hoe ry die boere sit, sit so
sit, sit so hoera…..!!!!

koos1 ·

Anton X, ek is baie bly jy werk nie in die pertroleum bedryf nie. Petrol het nie alkohol in nie. Dink net, as dit gehad het, aan die bestellings in ‘n kroeg “‘n Dubbel 95 lood vry met soda en ys asb.”
As almal drank teen die selfde prys moet verkoop, dan is die vrye mark stelsel in sy dingens in. Nee wat my vriend daai kan nie werk nie. Het jy dalk jou winkel verloor weens ‘n ketting winkel wat begin drank verkoop het, en jou verkope laat tuimel het?

koos1 ·

Ek wonder of hulle vir my ‘n dubbel branderwyn met coke en 3 blokkies ys, en vir my vrou ‘n liquid cocaine sal kan aflewer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.