Kyk jou beleggings na jou toekoms?

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Deur Thys van Zyl – produkontwikkelingshoof by Everest Wealth

In 2020 het ons wêreld drasties verander en alles wat eens waar was, is nie meer waar nie. Die grootste hiervan is sekerlik die ekonomiese realiteit waarin ons ons bevind. Die toekoms lyk nog effe bleek en onseker. Jy vra jouself dalk af: Is my bydraes tot my pensioenfonds genoeg om in die huidige klimaat te oorleef? As hierdie vraag jou benoud sommetjies laat doen, wees gerus! Everest Wealth het allerlei alternatiewe beleggingsopsies beskikbaar.

Tradisioneel word daar vir jong werkende mense gesê dat dit veilig is om tussen 15% en 20% van hul jaarlikse salaris te spaar vir aftrede. Hierdie beraming is gebaseer op ervaring in ’n wêreld waarin daar ’n stabiele ekonomie was. Die toekoms was daarom voorspelbaar, want inflasie het redelik konstant gebly en die politieke klimaat het nie so ’n groot, direkte invloed op die alledaagse markprys gehad nie. Dieselfde reëls geld nie meer vandag nie. En wat as jy nie meer ’n jong werkende is nie? Wat as jy nog 10 of 20 jaar in die werksplek oor het en seker wil wees jou pensioenfonds is steeds voldoende? As jy ’n belegger is wat kapitaal het en dit graag wil belê, sal die opsies by Everest Wealth jou finansiële toekoms verseker.

Watter stappe kan jy doen om seker te wees jou finansies vir aftrede is volhoubaar?

  • Maak seker jou aftredeportefeulje is gediversifiseer

Dit is belangrik dat die beleggings in jou aftredeportefeulje vir jou hoëopbrengseffekte lewer en dat jy aandele het wat goeie dividende betaal. Om seker te wees dat jy hierdie gewenste uitkoms kry, kan ʼn makelaar jou help om in verskeie beleggings, met ’n goeie kombinasie tussen bates en aandele, te belê. Selfs al begin jy belê as jy nog 10 of 20 jaar in die werksmag oor het, sal daar geleentheid wees om goeie resultate vir aftrede te kry.

  • Berei jouself voor op inflasie

In 2022 het lewenskostes ’n hoogtepunt bereik – syfers is die hoogste nóg in die afgelope vier dekades. Te midde al die politiese onstuimighede in die wêreld blyk dit nie dat lande goeie nuus oor ’n verlaging in inflasie kan kry nie. Dit is dus wys om ook voor te berei op stygende inflasie tydens aftrede. Kleiner stappe wat elkeen kan doen om stygende inflasie te probeer omseil, is om enige onnodige kostes te sny; om seker te maak dat jou noodfonds op datum is; om selfoon- en internetplanne aan te pas; om seker te wees jou versekeringsplan is nog steeds relevant en dat jy die beste moontlike premie betaal (selfs al beteken dit om na ’n ander versekeringsmaatskappy te skuif).

  • Wees bewus van hoe belasting jou aftredeportefeulje kan affekteer

Belasting op aftredegeld kan allerhande versteekte kostes inhou. Daar kan belasting op kapitaaluitbetalings, erfporsies en eiendomme wees wat jou aftreegeld drasties kan beïnvloed. Vra gerus vir ’n makelaar om dié kostes aan jou uiteen te sit sodat jy nie onverhoeds betrap word nie.

  • Vermy onnodige onttrekkings uit jou aftreeportefeulje

Wanneer ’n krisis homself voordoen, kan die versoeking daar wees om geld uit jou aftreefonds te onttrek. So ’n besluit kan jou egter duur te staan kom. Onttrekkings word dikwels swaar belas en hoë bankkostes word daaraan gekoppel. Die beste oplossing is om seker te maak jou noodfonds is groot genoeg om enige onvoorsiene kostes te dek. As jy geen ander keuse het as om te onttrek uit jou aftreefondse nie, werk saam met jou makelaar om seker te maak enige onnodige kostes word geminimaliseer.

Die huidige ekonomiese klimaat kan rede gee tot angs en bekommernis. Dit is egter nie nodig om moed te verloor nie. Daar is heelwat alternatiewe opsies beskikbaar om seker te maak jou aftrede sal volhoubaar befonds wees – selfs al wink aftrede vir jou.

Kontak Everest Wealth vandag nog om met ’n konsultant te gesels.

My e-pos is [email protected]
Of besoek ons webwerf: www.everestwealth.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.