Laat ʼn jongmens se droom bewaarheid word

Scimatech, ʼn maatskappy wat die gaping tussen universiteitstudente en die arbeidsmark wil help oorbrug, het jou onderneming se hulp nodig.

Dié maatskappy het in 2018 sy deure oopgemaak om in die toekoms van die jong generasie te belê. “Ons wil die gaping tussen universiteitstudente en potensiële werkgewers verminder met die leuse “Succeed, Motivate and Thrive”.

Scimatech poog om ʼn holistiese oplossing vir elke individuele persoon te bied en om elke student te lei om hul professionele en lewensdoelwitte te bepaal en te laat realiseer. Deur middel van geteikende motivering kan dié jongmense uiteindelik in alle areas van die lewe floreer.

Die maatskappy wil ʼn omgewing kweek wat die opvoedkundige reis van studente verryk en die einddoel is om lewenslange verhoudings te bou deur werkgewers met goed afgeronde individue te koppel. “Hoe meer jy weet, hoe meer kan jy word!”

Ondersteuning ná jy graad gevang het

Die maatskappy bied ʼn ondersteuningsprogram aan huidige studente deur ʼn netwerk van maatskappye wat by Scimatech aangesluit het. Studente kry sagte vaardighede wat seker sal maak hulle is voorbereid op ʼn nuwe werk:
– die opstel en afronding van ʼn CV;
– voorbereiding vir ʼn onderhoud;
– bykomende opleiding op versoek van vennote (gespesialiseerde vaardighede);
– loopbaanadvies; en
– persoonlike ontwikkelingsprogramme.

Aansoekers moet:
– by ʼn universiteit geregistreer wees of reeds oor ʼn graad beskik;
– werkloos wees en/of uit moeilike maatskaplike en ekonomiese omstandighede kom; en
– daarna streef om meer as net aangestel te word in ʼn nuwe werk; dit moet iemand wees met ʼn passie vir die betrokke bedryf wat meer wil word as net ʼn professionele persoon.

Dis meer as net ʼn werk, dis ʼn loopbaan!

Scimatech se ondersteuningsprogramme bestaan uit verskillende metodes om die individu te ontwikkel en in die persoon te belê. As gevolg van ʼn beperkte inname, moet aansoekers fokus op hul akademiese prestasies, aangesien voorkeur aan verdienstelike kandidate gegee word.

Waarom moet jy betrokke word?

ʼn Gebrek aan onderwys- en opleidingsgeleenthede in Suid-Afrika (tans en in die verlede) beïnvloed nie net die indiensneembaarheid van sy burgers nie, maar het ook ʼn impak op werkgewers en hul ondernemings. Tekorte, veral in taal, wetenskap, wiskunde en tegnologie beteken dat werknemers moeilik aanpas by die vooruitgang en veranderinge in die werkplek.

Scimatech wil dié gaping oorbrug deur bereidwillige individue met gewillige opleidingsvennote (jou onderneming) te verbind. Die doelwit is om goed toegeruste werknemers te hê wat ʼn waardevolle bydrae kan lewer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Voordele vir jou onderneming

Scimatech se vennootmaatskappye help om ʼn beter volhoubare toekoms vir die volgende generasie te verseker deur die huidige werksgenerasie te bemagtig.

Hier is ʼn paar van die voordele wat jy geniet as vennootmaatskappy van Scimatech:
– eerste keuse en keuse van die beste presteerders en verdienstelike kandidate binne die Scimatech-netwerk;
– verbeter die talent binne jou organisasie, verhoog produktiwiteit en verminder werkersomset;
– verminderde werwingskoste;
– verhoogde kapasiteit om nuwe tegnologieë en metodes aan te neem;
– verkry toegang tot die netwerk van vennote, en brei jou kontakbasis uit;
– kom in aanmerking vir Scimatech se diensuitruilprogram met ander vennote.

Spesiale dank: Scimatech sê dankie aan MDCC Raadgewende Ingenieurs vir al hul bystand en ondersteuning.

Besoek gerus Scimatech se webwerf om seker te maak jou onderneming word ook ʼn vennoot of skakel 012 001 6322 of 079 777 4915. Jy kan ook ʼn e-pos stuur aan [email protected] of [email protected]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.