Nasionale Testamente-week: Hoekom jy kennis moet neem

Alex Simeonides, hoof- uitvoerende beampte van Capital Legacy (Foto verskaf)

Deur Alex Simeonides, hoof- uitvoerende beampte en medestigter van Capital Legacy

Meer as 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder om ‘n geldige testament in plek te hê, wat nadelige gevolge veroorsaak vir hulle gesinne en afhanklikes.

Om hierdie statistiek teen te werk, bemark die Regsvereniging van Suid-Afrika (LSSA) Nasionale Testamente-week elke jaar, en deelnemende prokureurs bied aan om basiese testamente op te stel, teen geen koste vir hulle kliënte nie.

Testamente-week vind gewoonlik in September plaas, maar as gevolg van Covid-19 en die inperkingsperiode, het die LSSA amptelik aangekondig dat Nasionale Testamente-week hierdie jaar tydens 26 – 30 Oktober sal plaasvind.

Wat is die doel van ‘n Nasionale Testamente-week?

Die realiteit is dat meeste mense weet dat hulle ‘n testament nodig het, maar statistiek toon dat Suid-Afrikaners berugte uitstellers is.

In ‘n onlangse opname wat ons onderneem het, het ons mense gevra hoekom hulle nie hul testament in orde het nie. Die resultaat?

  • 43% van deelnemers het gesê: “Ek het nog nie daarby uitgekom nie”.
  • 27% het gesê: “Ek’s nie seker waar om my testament te laat opstel nie”.
  • 21% het gesê: “Ek dink dit is duur om ‘n testament te laat opstel”.
  • Slegs 9% van deelnemers het gesê hulle dink nie hulle het ‘n testament nodig nie.

43% van deelnemers het gesê: Ek het nog nie daarby uitgekom nie.

Dus, met meer as 75% van Suid-Afrikaners wat afsterf sonder om ‘n testament in plek te hê, blyk dit nie noodwendig ‘n bewustheidsprobleem te wees nie – dit is ‘n opvoedingsaangeleentheid. Mense behoort te besef watter verwoestende gevolge hulle gesinne en afhanklikes in die gesig sal staar indien hulle sonder ‘n testament afsterf.

In ons bedryf sien ons amper elke dag die realiteit van gesinne wat sukkel om die afsterwe van ‘n geliefde te verwerk. Hierdie stryd is aansienlik moeiliker wanneer ʼn ouer se sake nie in orde is nie.

Vir ons is elke week Testamente-week.

Dit is so belangrik om ‘n Nasionale Testamente-week te hê – maar dit is nie genoeg nie. Vir ons is elke week Testamente-week. Wanneer ons sien hoe ons gesinne bystaan in hul donkerste uur, word ons net nog meer gemotiveerd om voort te gaan met ons strewe om die statistiek van ons nasie te verander.

Die top-5 gevolge van afsterwe sonder ‘n testament

  1. Jy verbeur die geleentheid om te besluit wie wat erf en jou boedel word verdeel soos wat deur Suid-Afrikaanse wetgewing bepaal word. Dit beteken persone wie jy miskien nie wou hê moet voordeel trek uit jou boedel nie, mag dalk jou bates en erfstukke bekom.
  2. Jou lewensmaat mag dalk met leë hande agtergelaat word as julle nie getroud was nie, of as jou testament nie hersien is sedert ‘n vorige huwelik nie.
  3. Jou kinders se erfporsie mag aan die staat se Voogdyfonds oorbetaal word of aan die aangewese voog eerder as aan ‘n trust wat sal verseker dat jou wense vir hulle uitgevoer word.
  4. Familietwis vind dikwels plaas wanneer gesinslede stry oor die verdeling van jou boedel indien jou finale wense nie duidelik uiteengesit word in ‘n testament nie.
  5. Die bereddering van jou boedel kan jare neem – sonder ‘n testament wat ‘n professionele eksekuteur aanwys, is die staat so te sê in beheer van die proses.

Jou kinders se erfporsie mag aan die staat se Voogdyfonds oorbetaal word of aan die aangewese voog eerder as aan ‘n Trust wat sal verseker dat jou wense vir hulle uitgevoer word.

By Capital Legacy het ons die laaste agt jaar daaraan gewy om meer Suid-Afrikaners by te staan om geldige testamente op te stel. Ons het meer as 300 000 mense tot dusver gehelp en ons is toegewy daaraan om die statistiek van ons nasie te verander.

Deel van ons pogings in hierdie verband is om meer mense te help om te verstaan hoekom dit belangrik is om hul testament te finaliseer, die ander gedeelte is om dit maklik te maak vir hulle … dus is daar nou geen verskoning meer om nie hierdie belangrike taak af te handel nie.

Vyf maniere hoe ons dit vir jou maklik maak om jou testament op te stel

  1. Ons het meer as 100 konsultante landswyd, wat jou kan ontmoet op ‘n tyd en plek wat vir jou gerieflik is. By die huis. By die kantoor. In ‘n koffiewinkel. Gedurende die week of oor die naweek.
  2. Daar is geen koste verbonde aan die opstel van jou testament nie. Ons vra nie geld vir die konsultasie of die opstel van jou testament nie.
  3. Daar is geen koste om jou ondertekende testament te laat haal nie. Ons koerierdiens verseker dat jou ondertekende testament veilig afgehaal en by ons afgelewer word – en ons dra die kostes!
  4. Daar is geen koste vir veilige bewaring nie. Ons bewaar al ons kliënte se testamente in veilige kluise, met ‘n staafkode om dit maklik verkrygbaar te maak – teen geen koste vir jou nie.
  5. Daar is geen koste om wysigings aan te bring nie. Ons moedig ons kliënte aan om hulle testament elke paar jaar te hersien en beslis na groot lewensveranderinge. Ons vra jou niks om hierdie veranderinge aan te bring nie en verseker dus dat jou testament maklik op datum gehou word.

Ons missie is om meer Suid-Afrikaners te help om geldige testamente in plek te kry en die skokkende statistiek te verander wat ons in die mark bespeur. Moet asseblief nie verder uitstel nie – kry vandag nog jou testament in orde.

As jy nie ’n testament in plek het nie, of vir ’n geruime tyd nie wysigings op jou testament aangebring het nie, kan jy deur Capital Legacy, een van Suid-Afrika se grootste testamente- en boedelbeplanningsverskaffers, hulp kry! Stuur jou besonderhede sodat ons kan seker maak dat jy nie verder hierdie belangrike taak uitstel nie!

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.