PayDay-sagteware – Stuur jou onderneming in die regte rigting

PayDay Software Systems is ‘n toonaangewende en betaalrol-en-menskapitaal-sagteware (Payroll-and-Human Capital Software) maatskappy wat waarde toevoeg aan ondernemings deur ʼn kliëntgerigte benadering wat gebruikers bemagtig. Laasgenoemde skakel strategiese prosesse om in funksies wat waarde toevoeg. PayDay maak voorsiening vir meer as 40 lande wat onderhewig is aan ‘n belastingwetgewing. Dit maak PayDay ‘n leier in die bedryf om uiteenlopende en unieke uitdagings die hoof te bied vir maatskappye in die hele Afrika.

Sedert hul ontstaan ​​in 1989 het PayDay nog altyd die voortou geneem wat nuutste tegnologie aanbetref, en gebruik slegs die beste tegnologiese hulpbronne en ondersteuning wat beskikbaar is, en kan gevolglik ‘n kombinasie-aanbod verskaf, by die werksplek sowel as op wolk (Cloud)-sagteware.

Op-die-perseel gekombineerde aanbieding

Hierdie gekombineerde aanbieding sluit PayDay Prime in. Dit kan op die perseel ingespan word vir toegang via die tradisionele lessenaarroete, benewens toegang tot die stelsel via die webblaaier.

Wolk-transformasie

Deur middel van Cloud-transformasie kan PayDay ‘n kliënt se stelsel onderhou asook relevante data aanbied, wat verseker dat ondernemigns en werknemers ʼn stresvrye Cloud-ervaring het. PayDay se Cloud-gebaseerde oplossings sluit in PayDay Virtual – ʼn aanlyn oplossing vir betaalrol-en-menskapitaal sagteware (Payroll-and-Human Capital Software); PayDay Visual – ʼn verbeterde selfdiens-toepassing vir werknemers; sowel as PayDay Visible, ‘n mobiele app-gebaseerde tyd en bywoning-stelsel.

PayDay-sagteware

Die sleutel tot ‘n makliker benadering wanneer dit kom by tydrowende maandeinde en ander belangrike administratiewe werk, is om gebruik te maak van die uitstekende betaalrolsagteware. Dit sal elke aspek van jou onderneming pas. Die betaalrol word vereenvoudig deur gebruik te maak van uitstekende sagteware wat maklik is om te verstaan waarop jy kan staatmaak. Die produkte is intuïtief en buitengewoon gebruikersvriendelik en die sagteware is die gevolg van baie navorsing en konsultasie met kliënte, alles met die doel om in hul behoeftes te voorsien.

Salaris-sagteware

Die PayDay-sagteware-aanbod bied aan eindgebruikers ‘n akkurate en gebruikersvriendelike betaalstaatstelsel. Dit kan onafhanklik perfek funksioneer, of dit kan geïntegreer word met die HR-sagteware.

Hier is ‘n paar kernkenmerke:

  • Realtime-konsep
  • Produseer IRP5’s en IT3 (a)’s, sowel as ʼn elektroniese lêer na die SAID (die e-@syFile-stelsel)
  • Lewer statistiese verslae soos ‘n IOD, WVF, Skills en PAYE
  • Die belasting- en nettosalaris word onmiddellik bygewerk nadat jou verdienste en aftrekkings op die regstreekse betaalskerm aangebring is
  • Produseer salarisskale met inkepings en ‘n outomatiese verhoging
  • Outomatiese pakketberekeninge kan gemaak word

Sagteware vir menslike hulpbronne

Met die HR-sagteware kan jy werkvloei doeltreffend vereenvoudig en verseker dat alles presies korrek voltooi word. Die hele lewenssiklus van werknemers kan beheer word vanuit hierdie eenvoudige stelsel, wat die algehele doeltreffendheid van die departement verbeter.

Sommige kernkenmerke sluit in:

  • Veelvuldige insette per skerm per werknemer
  • Data-integrasie tussen die Payroll-module en die menslikehulpbronmodule
  • Gekoppel aan vaardigheids- en aandele-modules vir die opstel van statutêre verslae
  • Bevat stelsel- en gebruikersboodskappe om eindgebruikers aan belangrike datums te herinner, bv. vervaldatums van kontrakte

PayDay Visible – tyd en bywoning
Hierdie module bestaan ​​uit ‘n outomatiese tyd- en bywoningsagtewarefunksie wat die bestaande PayDay komplementeer. Die biometriese klokstelsel is maklik om te gebruik en stel alle gemagtigde personeel in staat om die werkstyd te hersien, te wysig en goed te keur.

Sommige kernkenmerke van die biometriese klokstelsel sluit in:

  • Verbetering van die akkuraatheid van die betaalstaat
  • Beheerde arbeidskoste deur middel van intelligente skedulering
  • Verminderde afwesigheid en verwante koste
  • Inligting oor intydse bywoning, skedulering en afwesigheid
  • Akkurate oortydberekeninge

PayDay Visual – Selfdiens vir werknemers

PayDay Visual is ʼn hele nuwe wêreld van papierlose tegnologie wat jou sal help om die HR-prosesse meer vaartbelyn te maak deur jou werknemers die gemak te gee om onmiddellik toegang tot hul verwerkte IRP5’s aanlyn te kry met die opsie om afskrifte uit te druk op hul eie tyd. Jy kan dus jou onderneming vaartbelyn maak en tyd spaar met hierdie selfdienssagteware vir werknemers.

Hier is ‘n paar kernkenmerke:

  • Kyk regstreeks na verlofsaldo’s
  • Doen aanlyn aansoek om verlof en oortyd met ‘n outomatiese goedkeuringsproses voordat dit op die regstreekse stelsel bygewerk word
  • Verlof- en oortydskedules is beskikbaar vir bestuurders
  • PDF-betaalstrokies kan besigtig, uitgedruk of per e-pos gestuur word
  • Dit bied direkte toegang tot die huidige en vorige betaalstrokies sowel as IRP5’s om te besigtig of kopieë ​​te druk
  • Dit maak voorsiening vir elektroniese bywerking van basiese werknemerbesonderhede deur die werknemer self, dit wil sê bankbesonderhede, adres, ens.
  • Heg stawende dokumentasie aan relevante transaksies, byvoorbeeld siek-notas, bewys van adres- en bankbesonderhede.

Meer as 3 500 korporatiewe ondernemings reg oor Afrika en byna 50% van die plaaslike regering in Suid-Afrika maak staat op PayDay Software Systems. Jy kan dus verseker weet dat PayDay Software Systems jou onderneming in die regte rigting sal stuur.

Besoek die ​​webwerf vir meer inligting: https://www.payday.co.za/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.