Residentia toon opbrengs met SafetyWallet se veiligheid- en gesondheidsprogram

Besonderhede van opbrengs op belegging

Residentia het, vandat die onderneming ’n lid van SafetyWallet geword het, ’n 47,1%-opbrengs op belegging (OOB) ondervind. Die “Road Map” (padkaart) toon ’n industrie-OOB wat tans op 46,24 % staan, en Residentia s’n is ongeveer 0,86% meer.

Hoe lyk Residentia se padkaart?

Dit bevat die volgende elemente:

  • Friend Circle-lidmaatskap, en
  • ’n wetlike nakomingsoudit.

Gereelde vrae

Wat beteken SafetyWallet vir Residentia?

SafetyWallet bied Residentia die moontlikheid om aangehoue, betroubare asook broodnodige ondersteuning te ontvang, selfs in die huidige pandemie.

Dit word aangebied teen ’n bekostigbare prys, bied die geleentheid waar werknemers se gesondheid en veiligheid in die werkplek verseker kan word, en sorg dat vertroue in die verskaffer geplaas kan word vir die nodige bystand en ondersteuning.

Wat het SafetyWallet die afgelope ses maande vanuit ’n ondersteuningsoogpunt vir Residentia gedoen?

SafetyWallet het ondersteuning gebied in die volgende:

  • Maandelikse Covid-19-inspeksies, gemik op gesondheid en veiligheid, wat koste-effektief was;
  • Die voortsetting van maandelikse ondersteuning wat die suksesvolle sluiting van WCA-eise betref;
  • Hulp is verleen met Covid-19-plakkate, -risikobepalings, -veiligheidsplakkate, -inspeksies, die uitreik van simptomemoniteringsdokumente, en meer;
  • Hulp is ook verleen met inspeksies van die departement van arbeid; en
  • SafetyWallet het hulp verleen met Covid-19-verslae vir eise by die WCA.

Wat het SafetyWallet die afgelope 12 maande vanuit ’n beloningsoogpunt vir Residentia, volgens die BOO-sakrekenaar, gedoen?

Residentia het ongeveer R11 474,20 bespaar deur die afslag wat die onderneming ontvang het.

Waar sien Residentia hul gesondheids- en veiligheidsprogram binne die volgende 12 maande?

Residentia kan die gesondheidsprogram wat in plek gestel is sien groei deur die voortgesette ondersteuning wat deur deur Makrosafe gebied word, en kan ook verseker wees dat daar ’n toename in hul huidige voldoeningsgradering sal wees.

Bron: SEOPros

SafetyWallet-oorsig

Daar is tans duisende lede in Suid-Afrika, en SafetyWallet is die fokuspunt vir die ondersteuning en bystand van werkgewers. Dit sluit in die nakoming van wettige gesondheid en veiligheid in ’n uiteenlopende reeks nywerhede en werkplekke.

SafetyWallet, in vennootskap met Makrosafe en OHS Online, bied ’n lidmaatskapprogram met die doel om werkgewers aan te spoor om hul organisasies en ondernemings se gesondheids- en veiligheidsnakoming te verbeter, en dit deur toegewyde hulp en ondersteuning te onderhou en handhaaf.

Daar is vier komponente van gesondheid en veiligheid waarin ondersteuning gebied en hulp verleen word aan SafetyWallet-lede. Dit is:

  • die opleiding vir gesondheid en veiligheid;
  • die gesondheids- en veligheidsprogram;
  • die beoordeling van die nakoming van gesondheid en veiligheid; en
  • advertering en bemarking vir lede.

SafetyWallet help sy lede om te verstaan hoe hulle voldoen aan gesondheids- en veiligheidsnakoming ten opsigte van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, en ander regulasies, wetgewing, en metro en munisipale verordeninge ter sprake.

Boonop word SafetyWallet-lede verskaf met die nodige hulp en ondersteuning op hulle tog om die persentasie waaraan hulle voldoen tot op die hoogste moontlike vlakke te verbeter.

Sodra ’n maatskappy aansluit by SafetyWallet, kwalifiseer dit reeds vir belonings gebaseer op die grootte van die maatskappy. Daar is onder andere vier verskillende beloningsirkels waarby die maatskappy kan inval, naamlik:

  • Friend Circle
  • Family Circle
  • Champion Circle en
  • Pinnacle Club.

Die kwalifisering vir belonings en spesifieke beloningsafslae word bepaal deur die spesifieke lidmaatskapsirkel waarby die onderneming aansluit.

Sodra die onderneming en SafetyWallet-lid deur die veiligheidsnakomingsouditproses gegaan het om te bepaal wat die omvang van die huidige nakoming as geheel is, kan die SafetyWallet-nakomingsvlak se beloning geaktiveer word. Hierdie beloning is gebaseer op die onderneming se huidige nakoming en word bepaal deur die uitkoms van die bogenoemde oudit.

Die onderneming ontvang ook ’n gedetailleerde verslag met ’n breedvoerige opsomming van die nakomingsoudit, wat die onderneming se volgende stappe, wat gedoen moet word om die gesondheid- en veiligheidsnakominge te verbeter, sal aandui en uiteensit.

Deur gesondheids- en veiligheidsgevare in die werkplek te verminder en te vermy, kan ondernemings nie net hul werkers beskerm nie, maar staan hulle ook ’n kans om groot belonings te verdien en die onderneming kry toegang tot groot besparings.

SafetyWallet-lede staan ook ’n verdere kans vir besparings en belonings wat gebaseer word op die hoeveelheid kontrakteurs wat geassosieer word met die onderneming, wat ook dan SafetyWallet-lede word.

Residentia-leefstylsentrums

Met leefstylsentrums vir aktiewe onafhanklike afgetredenes asook ʼn verskeidenheid ondersteuningsfasiliteite en 24-uur versorgingsfasiliteite vir verswakte bejaardes, is Residentia reeds 63 jaar ʼn bekende handelsmerk, en spog met 14 aftreeoorde reg oor Suid-Afrika.

Leefstyl:
Residentia se leefstylsentrums huisves ʼn verskeidenheid ondersteuningsfasiliteite en dienste sodat inwoners nie vir elke behoefte iewers heen hoef te ry nie.

Die volgende fasiliteite is beskikbaar:

  • 24-uur sorgeenheid
  • Mediese spreekkamer
  • Restaurant
  • Haar- & skoonheidsalon
  • Biblioteek
  • Geriefswinkel
  • Ontspanningslokaal
  • Posaflewering
  • Vervoerdiens (bussie)
  • Wasserydiens
  • Skoonmaakdienste

Die leefstylsentrums huisves ook die administratiewe kantore waaruit die daaglikse bestuur van die oord behartig word.

Sosiaal:
Met die fasiliteite wat in Residentia-aftreeoorde beskikbaar is, kan inwoners konstruktief deelneem aan  verskeie sosiale- en ontspanningsaktiwiteite.

ʼn Dienssentrum is beskikbaar met ʼn ontspanningsaal waar sosiale aktiwiteite soos Bybelstudie, hand-en-kunswerk en musiekopvoerings gereeld plaasvind.

Sosiale aktiwiteite word gereël op grond van inwonerbelangstelling en stokperdjies.

Die oorde beskik ook oor verskeie parke en oop ruimtes waar inwoners kan ontspan, die inheemse plante kan bewonder en die ryk voëllewe van die omgewing kan geniet.

Ondersteun:
Die realiteit is, om ouer te word, beteken ook om kwesbaarder te word en die meeste van ons gaan een of ander tyd mediese ondersteuning benodig. Meeste van Residentia se aftreeoorde beskik oor ʼn 24-uur sorgeenheid op die terrein en inwoners sowel as hul geliefdes kan die gemoedsrus hê dat die dienste binne bereik is.

Die volgende dienste word vanuit die sorgeenheid aangebied:

  • 24-uur verswakte sorg
  • Tuisversorging
  • Maatskaplike dienste
  • Algemene gesondheidsorg
  • 24-uur noodondersteuning

Kontak:
Tel: +27(0)12 341 0416
E-pos: [email protected]
Web: www.residentia.co.za

Voordele van SafetyWallet

SafetyWallet vergemaklik en verbeter nie net die proses waardeur werkgewers en ondernemings hul verantwoordelikhede teenoor wettige gesondheid en veiligheid moet nakom nie, maar maak ook genoegsame voorsiening vir die nodige platform, ondersteuning, dienste en belonings.

Daar is soveel direkte en indirekte voordele wat volledige nakoming tot die bereiking van gesondheids- en veiligheidsdoelwitte betref.

Benewens die voordele, ondersteuning en bystand wat SafetyWallet bied, is dit duidelik waarom SafetyWallet se kliëntebasis vinnig toeneem.

Deur te verseker dat gesondheids- en veiligheidsdoelwitte bereik word, asook om standaarde te stel en dit te handhaaf, baat soveel ondernemings soos Residentia deur volkome nakoming en ’n verskeidenheid van besparings en belonings.

Hoe meer ondernemings gebruik maak van unieke en omvattende dienste aangebied deur SafetyWallet, hoe hoër sal die nakoming aan veiligheidstandaarde in Suid-Afrika in verskeie bedrywe wees.

Residentia is een van talle SafetyWallet-lede wat ’n toonbeeld is van ’n suksesverhaal, en kan hierdie boodskap oordra aan ander werkgewers en ondernemings, om te bewys dat nagekome gesondheid- en veiligheidsdoelwitte deur SafetyWallet verskeie voordele, asook groot besparings, inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.