SA Doctors App – herhalende inkomste-geleentheid bars uit sy nate

Ná 4 jaar se ontwikkeling en bevestigde vennootskappe met groot spelers in gesondheidsorg, soos MediFin en verskeie apteek-groepe insluitend Arrie Nel, Spar, Pick n Pay en Link, kan SA Doctors App met groot opgewondenheid aankondig dat ’n nuwe vennootskap tussen SA Doctors App en Solidariteit groot waarde sal skep vir beide partye betrokke en ook al Solidariteit se lede.

Sedert die SA Doctors App franchise-geleentheid aangekondig is begin Julie vanjaar, is verskeie samewerkingsooreenkomste gesluit wat verder fokus op sagteware as ‘n diens, tesame met innoverende veiligheidsprodukte wat bakterie en virusse bekamp, vir al die mediese diensverskaffers en verbruikers van die platform.

Boonop het die eerste frachisee onlangs in Gauteng aan boord gekom, met nog verkope in die vooruitsig vir ander provinsies. Die vooruitsig vir werkskepping is nou ook ‘n realiteit wat die herhalende maandelikse inkomste vir elke franchisee verhoog.

SA Doctors App met sy meer as 15 000 verbruikers, is ’n slimfoontoepassing wat die verbruiker binne oomblikke met sy/haar naaste mediese diensverskaffer verbind. ʼn Afspraak kan direk vanuit die toepassing gemaak word en ’n padkaart wat die vinnigste roete aandui, word verskaf. Die veelsydigheid van dié toepassing is werklik onbeperk en nuwe tegnologie word elke dag ontwikkel.

SA Doctors App se platform-ontwikkeling is gefokus op vennootskappe wat vindingryk en dinamies is, byvoorbeeld die vennootskap met LocumBase. LocumBase verbind vryskut dokters, oogkundiges, aptekers en vele meer medici met praktyke, apteke en hospitale wanneer en waar dit die meeste benodig word. Hierdie praktisyns, ook bekend as locums, bied ondersteuning om ’n praktyk se besigheid te optimaliseer, sonder om groot uitgawes aan te gaan. Dit maak LocumBase die onafhanklike ondersteunende ekosisteem vir elke mediese praktisyn. LocumBase is ook onlangs verkies as deel van die gesogte GrindstoneXL-besigheidsprogram se top-20 besighede, vir innovering en ontwikkeling.

Aan die ontwikkelingskant is SA Doctors App tans besig met ʼn aanlyn dokter-konsultasieprogram wat jou in staat sal stel om jou dokter aanlyn te besoek vanuit die gerief van jou eie woning. Dié telemedisyne aanlyndiens-program sal oor die volgende paar maande bekendgestel word. “Dit gee ʼn hupstoot aan die transaksie-geleentheid vir franchisees op ’n merkwaardige manier,” verduidelik Willie van Zyl, hoof- uitvoerende beampte van SA Doctors App.

Die revolusionêre gesondheidsorgmaatskappy, Novaerus Air (klik hier om ‘n inligtingstuk te lees), het aan boord gekom met SA Doctors App om hulle produk en dienste deur SA Doctors App se netwerk te bemark en te verkoop. “Hierdie dinamiese groep met sy oorsprong in Ierland is ’n groot aanwins en sal baanbrekerswerk doen vir lugsuiwering in Suid-Afrika, sê van Zyl.

Nog ʼn produkvennoot, Pure Zone Solutions (klik hier om ‘n inligtingstuk te lees), gaan voortaan as ’n voorkeur verskaffer ook sy produk bekend stel in die gesondheidsbedryf deur die SA Doctors App. Dit is nog ’n unieke produk met verskeie innovasies in oppervlak-applikasies wat help met veilige bakterie- en virus-bekamping en -beheer.

’n Voordeel van hierdie unieke franchise-geleentheid lê daarin dat geen swaar kapitale uitleg nodig is soos met meeste franchise-geleenthede wat fisiese spasie opneem en opknap nie. Beleggers het ook nie die kopseer van moue oprol en inspring om seker te maak die geleentheid werk nie, aangesien die besigheidsplan en aksies deur die franchisor en sy span daagliks bestuur en behartig word

Die groei-potensiaal in die Suid-Afrikaanse digitale spasie in gesondheidsorg is onbeperk. ʼn Voordeel wat Covid-19 meegebring het is die vervroeging van ons gesamentlike aanlyn stelsel.

Franchise geleenthede in gesondheidsorg is seldsaam. Moenie hierdie fantastiese en unieke herhalende inkomste geleentheid misloop nie. Kontak vandag ons nasionale franchisee bestuurder by [email protected]laai die app af of besoek die webwerf by www.sadoctorsapp.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.