SA Doctors App: Herhalende inkomstegeleentheid tydens inperking

Tyd en geld is twee kern-invloede van gesondheidsorg wat altyd hand-aan-hand sal gaan. ʼn Derde invloed, naamlik slimfoontoepassings of apps, is ewe belangrik om die vooruitgang van gesondheidsdienste te bly verseker. Die SA Doctors App reflekteer sonder twyfel al hierdie eienskappe om die publiek met gerief in verbintenis te sit met gesondheidsdienste.

Hierdie slimfoontoepassing verbind die verbruiker binne oomblikke met sy/haar naaste mediese praktisyn, hospitaal, apteek en veearts. Van hier af kan konsultasies met dokters ensovoorts bespreek word, met ’n padkaart wat die roete aandui. Solidariteit se Beroepsgildes en SA Doctors App het saamgespan om ’n koronakrisis-funksie op die toepassing beskikbaar te stel.

Werkskepping gedurende die afsonderingsperiode is ’n groot uitdaging, aangesien personeelafleggings sedert einde Maart vanjaar skerp toegeneem het. Daar is egter ’n positiewe vooruitsig danksy SA Doctors App wat 30 franchise-geleenthede in Suid-Afrika beskikbaar gemaak het.

Beleggers wat deur middel van die SA Doctors App aan die gesondheidsorgbedryf wil deel hê, kan navrae doen om die inkomstegeleentheid te ondersoek. Willie van Zyl, hoof- uitvoerende beampte, het hierdie geleentheid beskikbaar gemaak omdat SA Doctors App herhalende inkomste bied aan sy franchisees.

“Ons maak 30 franchises beskikbaar in die land en het reeds meer as 15 000 verbruikers op die SA Doctors App. Bo en behalwe hierdie unieke herhalende inkomstegeleentheid, gaan ons deurlopend hande vat met ander gesondheidsorgtoepassings om die herhalende inkomstepotensiaal verder te vergroot vir ons franchisees,” sê Van Zyl.

Nog ’n voordeel van hierdie unieke geleentheid lê daarin dat geen swaar kapitale uitleg nodig is soos met meeste franchise-geleenthede wat fisiese spasie opneem nie. SA Doctors App is reeds vier jaar bedrywig en hou voortdurend hul produk op hoogte deur ontwikkeling en vennootskappe met ander bestaande aanlyn platforms. Beleggers het ook nie die kopseer van moue oprol en inspring om die geleentheid te maak werk nie, aangesien die besigheidsplan en aksies deur die franchisor bestuur en behartig word.

SA Doctors App het onlangs ʼn strategiese vennootskap met MediFin gesluit. Hierdie finansieringsmaatskappy verleen finansiering van tot en met R150 000 per pasiënt vir enige mediese prosedure. Individue wat belangstel in die SA Doctors App-franchise-geleentheid, kan deur MediFin kwalifiseer om ongesekureerde finansiering te bekom van tot en met 25%.

Deur dié vennootskap tussen SA Doctors App en MediFin word persoonlike beskermende toerusting (meer bekend as PPE) aan skole landwyd verskaf. Lenings van tot en met R100 000 word beskikbaar gemaak aan skole wat aansoek doen vir finansiering.

Vennootskappe in die apteekbedryf is al ’n geruime tyd in werking met apteekgroepe insluitend Arrie Nel, Spar, Pick n Pay en Link.

’n Unieke produk-vennootskap is gesluit met ’n aanlyn platform genaamd LocumBase. LocumBase verbind vryskut dokters, oogkundiges, aptekers en talle ander medici met praktyke, apteke en hospitale, wanneer en waar dit die meeste benodig word.

Aan die ontwikkelingskant is SA Doctors App tans besig met ʼn aanlyn dokterkonsultasieprogram wat jou in staat sal stel om jou dokter aanlyn te besoek vanuit die gerief van jou eie woning.

Dit blyk dat daar geen inperking op die hoeveelheid herhalende inkomstegeleenthede vir SA Doctors App franchisees is nie, aangesien die groei-potensiaal in die digitale spasie onbeperk is.  Hierdie is ’n wen-wen situasie vir beide SA Doctors App en sy franchisees.

Vir navrae oor hierdie herhalende inkomstegeleentheid, kontak die nasionale franchisee bestuurder per e-pos by [email protected], laai die app af by https://play.google.com/store/apps/details?id=com.app.p6786HI&hl=en_ZA of besoek die webwerf by www.sadoctorsapp.co.za.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae