SEB: Etiese oplossings wat kostes bespaar, opheffing verseker

SEB-swart-ekonomiese-bemagtiging

Foto: Rawpixel/Pixabay.com

Die Kommissie vir Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) beoog om besighede se voldoening aan SEB-regulasies te verhoog deur besoek af te lê by sakepersele wat na bewering nie aan SEB wil deelneem nie.

Moipone Kgaboesele, hoof van die voldoeningsondersoekeenheid van die SEB-kommissie, het in ʼn artikel aan BusinessTech gesê dat die kommissie gaan toeslaan op ondernemings wat SEB-regulasies probeer omseil en nie sal huiwer om sulke ondernemings te vervolg en hul sakelisensies te kanselleer of kontrakte wat nie aan SEB-vereistes voldoen nie, ongeldig te laat verklaar nie.

Benewens die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE), word bemagtigingsklousules deesdae pertinent in wetgewing (soos die Wet op Basiese Diensvoorwaardes) opgeneem en regulerende liggame, wat op bedryfsvlak voldoening moet begin monitor, word reeds in die finansiële sektor, eiendomsektor en regsberoep ʼn realiteit. Dit beteken dat SEB-vereistes nou nie net meer in transaksies met die staat relevant is nie, maar ook in privaatsektortransaksies afgedwing word.

Sakelui wil só ophef

Fergus Ferguson, ’n internasionaal-erkende strategiese besigheidsontwikkelaar- en afrigter

“Dit is in sakelui se aard om in opheffing te belê,” sê Fergus Ferguson, ’n internasionaal-erkende strategiese besigheidsontwikkelaar- en afrigter. “Hulle doen dit elke dag deur bloot goeie sakebesluite te neem sodat hul ondernemings kan groei. Groeiende besighede skep werksgeleenthede, gee werksekerheid en help om stabiele gemeenskappe te verseker. Besighede wat groei, het nie bloot papierprosesse wat effektiwiteit op ’n teoretiese vlak kan verbeter nie, hulle belê in die personeel wat die prosesse volg. Ek het nog nooit ’n entrepreneur ontmoet wat nié die waarde van vaardigheidsontwikkeling vir effektiwiteit en produktiwiteit insien nie.”

Volgens Ferguson is sakelui se probleem met SEB dat die fokus ras- en uitsetgebaseer bly, wat beteken dat daar weinig “bemagtiging” plaasvind of waarde toegevoeg word, benewens ’n regmerk op ’n telkaart. “Die sakelui met wie ek werk, het ’n morele probleem met hierdie uitsetgebaseerde benadering en voel dat dit afgeskaf moet word. Sakelui wíl waarde toevoeg, besighede volhoubaar laat groei en ’n gemeenskap met vaardige mense skep deur in opleiding te belê – ’n insetgebaseerde benadering wat ophef deur opleiding.”

Rug teen die muur

Ferguson ondersteun organisasies wat sterk kritiek teen rasgebaseerde SEB-beleide uitspreek en selfs al regsaksie begin het, maar waarsku ook dat dit vir die afsienbare toekoms deel is van talle sakelui se werklikheid. “Die nuwe fases is meer ingrypend as ooit vantevore en daar is nóú besighede met hul rug teen die muur. Dit is ondernemings wat nie kan wag vir verslappings of afskaffing nie en ter wille van oorlewing of volhoubaarheid móét deelneem aan die beleid. Ons moet vir hulle aanvaarbare oplossings probeer vind.”

Volgens Werner Dyer, besturende direkteur van B4i Academy, is dit moontlik om ’n etiese, insetgebaseerde benadering tot SEB te volg wat boonop kommersiële waarde kan ontsluit. “Opleiding is die sleutel tot werklike opheffing. B4i Academy help ondernemings wat SEB-punte moet bekom met kostedoeltreffende oplossings.”

Dyer dien saam met dr. Janette van Minnaar-van Veijeren, stigter van ProEthics en Arnold Smit, medeprofessor vir sake- en gemeenskapstudies aan die Universiteit Stellenbosch se sakeskool op die paneel kenners van ’n aanlyn seminaar eerskomende Donderdag, op 21 Oktober. Die seminaar gaan etiese, insetgebaseerde opheffingsplanne, wat gelyk ook kommersieel voordelig kan wees, bespreek.

“Die sakesektor is die hartklop van elke plaaslike ekonomie en die beskermhere van gemeenskapsinstellings soos skole en ouetehuise in elke dorp. Totdat daar ’n permanente oplossing vir SEB kom, is dit belangrik dat sakelui wat nie ’n ander alternatief het nie, steeds posisioneer om nie net te oorleef nie, maar te floreer,” voeg Ferguson by.

Registreer vir die seminaar

Paneel van sprekers (Foto verskaf)

In vandag se sakeomgewing kan SEB jou onderneming maak of breek. Kan dit op ‘n etiese manier kommersiële waarde toevoeg? Kennis is mag. Kenners onthul hoe vaardigheidsontwikkeling ‘n betekenisvolle opbrengs kan lewer terwyl besighede ook risiko’s bestuur.

Die seminaar is ideaal vir uitvoerende hoofde, besturende direkteure, sakelui wat vir beleidvoldoening en etiek in die algemeen of SEB-voldoening spesifiek in ’n onderneming met ’n omset van R10 miljoen of meer verantwoordelik is.

Datum: Donderdag, 21 Oktober 2021
Tyd: 14:00
Formaat: Aanlyn webinaar (ʼn seminaarskakel sal per e-pos gestuur word)
Prys: Gratis
Registrasiekode: MAROELA
Registrasieskakel: https://fergusmorsignup.co.za/

Registrasies sluit Woensdagmiddag om 15:00 en plek is beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.