September is testamente-maand – Hier is alles wat jy moet weet

Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy

Deur Alex Simeonides, uitvoerende hoof van Capital Legacy

Die laaste paar maande was niks minder as ‘n warrelwind van ongekende gebeure vir ons land nie. As ‘n nasie moes ons ‘n weg baan deur nog ‘n vlak-4 inperking en hulpeloos toekyk hoe vriende en familie hulle bates verloor en die stres van die onlangse vernietigende onluste ervaar. Ons is nietemin ‘n tawwe nasie en ons volharding en ons vasberadenheid om die gees van Ubuntu lewend te hou, het gemaak dat individue en ondernemings saamgestaan het om die mense wat in ernstige nood verkeer het, te help.

In waansinnige tye soos hierdie vind ons dikwels dat ons sukkel om by al ons verpligtinge uit te kom terwyl ons vrede maak met ons ‘nuwe normaliteit’. Dae vloei ineen en word weke en weke word maande en ons vra onsself dikwels af: “waar is die jaar heen?” Die realiteit is dat mense van maand tot maand oorleef en baie min tyd het om oor die toekoms te besin – wat nog te dink oor die nalatenskap wat hulle eendag wil nalaat. Hierdie jaar het gewys dat dit besonders belangrik is dat ons klem plaas daarop om te verseker dat ons ‘n blywende nalatenskap vir ons kinders en toekomstige generasies nalaat. Te midde van die teëspoed en soos die dodetal verwant aan Covid-19 styg, word ons daaraan herinner dat die lewe onverwags kan wees. Ons moet dienooreenkomstig beplan.

Wat is die doel daarvan om ‘n Nasionale Testamente-week te hê?

Meer as 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder om ‘n geldige testament in plek te hê

Die realiteit is dat die meeste mense besef dat hulle ‘n testament benodig, maar statistiek bewys dat Suid-Afrikaners berugte uitstellers is.

Meer as 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder om ‘n geldige testament in plek te hê, wat vernietigende gevolge vir hulle gesinne en afhanklikes inhou.

Om hierdie statistiek teen te werk, bevorder die Regsvereniging van Suid-Afrika (LSSA) jaarliks die Nasionale Testamente-week en moedig mense aan om hierdie taak ernstig op te neem en hulle sake in orde te kry. Deelnemende prokureurs bied aan om basiese testamente op te stel teen geen koste vir hulle kliënte nie. Hierdie jaar vind die Nasionale Testamente-week plaas vanaf 13 tot 17 September.

Die Regsvereniging verduidelik dat dit belangrik is om ‘n professionele persoon te kry om jou testament op te stel omdat “ʼn testament dikwels nie geldig is nie omdat die persoon wat dit opstel nie oor die nodige regskennis beskik om te verseker dat dit aan die vereistes van die wet voldoen nie. Deur jou testament op te stel verseker jy dat jou bates verdeel word dienooreenkomstig met jou wense na afsterwe.”

Hoekom ons September as Testamente-maand kies

Met meer as 75% van Suid-Afrikaners wat afsterf sonder om ‘n testament in plek te hê, blyk dit nie soseer ‘n bewustheidsprobleem te wees nie – dis meer ‘n opvoedingsaangeleentheid. Mense behoort te weet watter gevolge hulle gesinne in die gesig sal staar indien hulle sonder ‘n testament sou afsterf.

In ons bedryf sien ons amper elke dag die realiteit van gesinne wat sukkel om die verlies van ‘n geliefde te verwerk. Hierdie stryd is oneindig moeiliker indien die geliefde se sake nie in orde is nie.

Om ‘n Nasionale Testamente-week te hê is belangrik – maar dit is nie genoeg nie. Vir ons is elke week Testamente-week – dus het ons Septembermaand testamente-maand gemaak! Wanneer ons sien hoe ons gesinne in hulle donkerste uur help, word ons steeds verder gemotiveer om aan te hou met ons doel: “Om die verlies van ‘n geliefde makliker te maak.”

Jou finale testament is waarskynlik die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken.

Jou finale testament is waarskynlik die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken en dit vorm die hoeksteen van jou boedelplan. Jou testament bevat jou finale wense, hoe jy graag jou boedel wil verdeel, wie jou begunstigdes sal wees, wie na jou kinders moet omsien indien enigiets met jou en jou gade sou gebeur, ens. Deur nie ‘n testament in plek te hê nie kan vernietigende gevolge tot gevolg hê vir die geliefdes wat jy nalaat.

Ses gevolge wanneer jy sonder ‘n testament afsterf

  1. Jy verbeur die geleentheid om te besluit wie wat erf en jou boedel word verdeel soos wat deur Suid-Afrikaanse wetgewing bepaal word. Dit beteken persone wat jy miskien nie wou hê moet voordeel trek uit jou boedel nie, dalk jou bates en erfstukke mag bekom.
  2. Jou lewensmaat mag dalk met leë hande agtergelaat word as julle nie getroud was nie of as jou testament nie hersien is sedert ‘n vorige huwelik nie.
  3. Jou kinders se erfporsie mag aan die staat se Voogdyfonds oorbetaal word of aan die aangewese voog, eerder as aan ‘n trust wat sal verseker dat jou wense aangaande hulle uitgevoer word.
  4. Familietwis vind dikwels plaas wanneer gesinslede stry oor die verdeling van jou boedel indien jou finale wense nie duidelik uiteengesit word in ‘n testament nie.
  5. Die bereddering van jou boedel kan jare neem – sonder ‘n testament wat ‘n professionele eksekuteur aanwys, is die staat so te sê in beheer van die proses.
  6. Jy verloor die vermoë om ‘n voog van jou keuse aan te stel vir jou minderjarige kinders.

By Capital Legacy het ons die laaste 10 jaar daaraan gewy om meer Suid-Afrikaners by te staan om geldige testamente op te stel. Ons het tot op datum meer as 370 000 mense gehelp en ons is toegewy daaraan om die statistiek van ons nasie te verander. Ons het meer as 184 konsultante landswyd wat regstaan om ons kliënte by te staan. “Om die verlies van ‘n geliefde makliker te maak” is die rede waarom ons bestaan en wat ons aanspoor om elke dag op te staan en voort te gaan met ons missie.

Nie alleen werk ons dwarsdeur die jaar hard daaraan om die publiek op te lei oor die belangrikheid van ‘n testament nie, maar ons strewe gedurig daarna om dit makliker en so gerieflik as moontlik vir hulle te maak … so daar is geen verskoning meer om nie hierdie belangrike taak af te handel nie.

Drie maniere waarop ons dit vir jou maklik maak om jou testament uitgesorteer te kry

  1. Ons het meer as 184 konsultante landswyd wat jou kan ontmoet op ‘n tyd en plek wat vir jou gerieflik is. By jou huis. By die kantoor. By ‘n koffiekroeg. Gedurende die week of tydens die naweek.
  2. Ons het ook virtuele en telefoniese konsultasies bekendgestel, alles vir jou gerief.
  3. Daar is geen koste verbonde aan die opstel, afhaal, veilige bewaring of veranderinge aan jou testament nie. Dis korrek. Ons vra jou nie ‘n fooi vir die konsultasie of die opstel van jou testament nie. Ons sal ook reëlings tref vir die afhaal en veilige bewaring teen geen ekstra koste nie. Ons moedig ons kliënte aan om hulle testament elke paar jaar te hersien en veral ná groot lewensveranderinge. Ons vra geen fooie om hierdie veranderinge aan te bring nie en dit verseker dat jou testament op datum bly.

Wat is die vangplek, vra jy? Daar is geen vangplek nie. Ons help byna 10 000 kliënte met hulle testamente elke maand teen geen koste nie. ‘n Groot meerderheid van ons kliënte wil hulself ook beskerm teen regskostes by afsterwe en ons bied unieke versekeringsoplossings aan, wat sin maak.

Ons missie is om meer Suid-Afrikaners te help om ‘n geldige testament in plek te kry en ons is opgewonde om te sien dat die bedryf ook gedurende hierdie tyd deelneem wanneer ons almal saamstaan om kampvegters vir hierdie doel te wees. Jy kan ons ook help om die skrikwekkende statistiek wat ons in die mark bespeur, te verander. Moenie uitstel nie – kry jou testament vandag nog uitgesorteer.

Vir meer inligting oor Testamente-week of om jou gratis testamentkonsultasie te bespreek,  besoek www.capitallegacy.co.za/willsmonth

Velde met * word verplig.

Kontak Eksekuteurs

Jou naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.