Silwerskoon by die huis en kantoor

Camperdown-omgewingsdienste maak slegs van die nuutste tegnologie gebruik.

Dié maatskappy, wat in 1996 sy deure oopgemaak het, het vinnig ʼn bekende naam in die sanitasiebedryf geword. Die maatskappy bied sy dienste in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal.

Camperdown spesialiseer in die skoonmaak van sonpanele, chemiese diepskoonmaak, groen chemikalieë, plaagbeheer, die skoonmaak van matte, higiëne-toerusting, verbruiksartikels, ondergrondse- en bogrondse sanitasie en LED-beligting vir die bedryf.

Camperdown het in 2015 sy eie opvoubare toilet ontwikkel wat algemeen in die mynbou-, konstruksie- en landboubedryf gebruik word.

Die maatskappy is geregistreer by SAPCA, NCCA en SESSA.

“Ons maatskappy is gebou op soliede getuienis en hier plaas ons jou as ons eerste prioriteit.” – Camperdown

Kontak:
Besoek die webwerf: Camperdown
Tel: 0800 220 004
E-pos: [email protected]

Besoek ook die volgende webwerwe vir meer inligting:
Camperdown Carletonville
Camperdown Gauteng
Camperdown Kaapstad
Camperdown KwaZulu-Natal
Camperdown Steelpoort
Health and Hygiene KZN

Camperdown is ook vanjaar by die Sakeliga Kragdag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.