So vergelyk winkels se pryse

(Foto: Maroela Media)

Sowat ʼn jaar nadat die afsonderingstydperk in Suid-Afrika ingestel is en verbruikers winkelrakke gestormloop het om voorsiening daarvoor te maak, is dit ook opmerklik dat talle algemene huishoudelike items al duurder in die land geword het.

Dit is veral kommerwekkend dat pryse vir basiese huishoudelike stapelitems soos brood, rys, vrugte en groente oor die afgelope jaar skerp toegeneem het.

Sarah Nicholson, bedryfsbestuurder van die persoonlike finansieswebwerf JustMoney, sê hulle het deur ʼn opname in November 2020 gesien dat meer as 43% van hul lesers skuld maak om voedsel aan te koop.

“Dit is belangrik om in verskillende supermarkte te koop vir basiese inkopies. Dit neem dalk meer tyd, maar dit sal jou beslis geld spaar,” sê Nicholson.

“Kyk vir uitverkopings en vergelyk pryse aanlyn. Lojaliteitskaarte kan jou ook help om jaarliks duisende rande te spaar. Amper elke winkel het deesdae lojaliteitsprogramme waar jy punte kan opbou elke keer dat jy iets koop, of wat afslag op spesifieke items bied.”

Na aanleiding van die November-opname het JustMoney drie winkels besoek om pryse van basiese items soos brood, melk en aartappels te vergelyk. Hulle het dieselfde items in handelsmerk en hoeveelheid by Checkers, Woolworths en Pick n Pay gekoop.

Hier is ʼn opsomming van wat hulle bevind het:

Checkers bied die laagste pryse

Checkers het die beste gevaar wat pryse betref, veral hul aartappels en toiletpapier was heeltemal goedkoper as hul mededingers. ʼn 2 kg-sak aartappels kos R19,00 by Checkers, in vergelyking met R33,99 by Woolworths en R34,99 by Pick n Pay.

JustMoney het R368,71 by Checkers bestee.

Woolworths bied die beste koperservaring

Woolworths se winkel was skoon en die beligting goed, wat sorg vir ʼn goeie koperservaring. Hoewel die winkel relatief klein was, was die ry na die kassiere goed georganiseer en sosiale afstand is goed gehandhaaf. Die kassier was ook vriendelik en geduldig.

JustMoney het R442,34 by Woolworths bestee.

Pick n Pay bied die grootste afslag

Pick n Pay se Smart Shopper-program bied uitstekende afslagpryse, hoewel geen afslag gebied is vir produkte in JustMoney se mandjie nie. Die Smart Shopper-kaart bied kopers wel belonings in die vorm van een punt vir elke R2 wat bestee word. Woolworths en Checkers bied slegs afslag vir kaarthouers soos op die rak aangedui word.

Just Money het R427,99 by Pick n Pay bestee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

chantelle ·

Alles goed en wel.
Maar as mens nie soveel winkels naby mekaar het nie, jou petrol meer uitwerk in die soeke na goedkoper?

Wat op dees Aarde ·

Ons koop alles by Checkers. Het hulle Xtra Savings kaart al 149 keer geswiep en R6893 gespaar. Dit wys alles vir jou op die toep. Onlangs ook bekend gestel dat jy “spin to win” het met ‘n waarde tot R2000 van jou kruideniersware af.

Adri ·

Die aantal kassiere (nie tellers nie) wat kasregisters flink beman, tel ook baie punte. Lang rye is frustrerend.

VaalDonkie ·

Ek gebruik Checkers en Pick ‘n Pay se apps op my foon. was letterlik amper ‘n jaar laas in ‘n winkel. Pas my uitstekend.

Alet ·

Hier waar ek bly lewer hulle nie af nie. So dan moet jy maar winkel toe karring.

Anoniem ·

Checkers is die goedkoopste. Hulle rakke is te volgepak en baie deurmekaar. Ek voel partykeer of ek ‘n padkaart nodig het om deur die winkel te beweeg. Goedere (onder ander gevriesde vis) word deur klante op enige rak in die winkel teruggeplaas indien hulle dit nie wil koop nie. Oor die algemeen is die winkels baie vuil.

Eend Bessinger ·

Wat van die Foodzone-groep? Ek koop merendeels by hulle en hulle is nog goedkoper as Checkers / Shoprite! Vir ‘n staatstoelaag-begunstigde moet ons gaan waar dit goedkoper is.

VanAfrika ·

Ek weet nie by watter Checkers julle koop nie, maar die een in New Market Mall in Alberton en die een in The Reef, Albemarle is altyd netjies en rakke is altyd skoon en netjies. Ek het nooit enige problem met hulle produkte nie.

Genis ·

Die Checkers is net mooi en georganiseer in nuwe en ryk areas… VanAfrika…

Nita ·

Ek koop gewoonlik by Checkers. Ek dink hul trollies is van ‘n BAIE swak gehalte. Probeer maar altyd om ‘n ander plek se trollie te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.