Só verseker jy BGV-nakoming vir jou werksplek

Beroepsgesondheid en -veiligheid het al hoe belangriker geword soos wat bedrywe uitgebrei en ontwikkel het. Dit is nie iets wat sommer ligtelik beskou kan word nie en daar is streng reëls en regulasies om seker te maak dat ondernemings aan elke aspek voldoen, omdat die welstand van werknemers en die werkgewer van groot belang is.

Daar is talle gevare in die werksomgewing en die werkgewer is verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat werknemers veilig is. Dit is só belangrik, dat daar Beroepsveiligheidstandaarde en -regulasies is. Die meeste lande beskik oor hul eie stel reëls in die verband. Suid Afrika se unieke wetgewing en -regulasies waaraan werkgewers moet voldoen is vervat en uiteengesit deur die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (OHS).

Wanneer die veiligheid en gesondheid van werknemers in ag geneem word, is hierdie standaarde en regulasies om verskillende redes belangrik. Dit sluit onder andere die volgende in:

  • Voorkom siekte en besering
  • Verminder gesondheid- en veiligheidsrisiko’s
  • Vermy ernstige gevolge, ens.

SafetyWallet bied aan werkgewers die perfekte, gebruikervriendelike platform om ʼn beroepsveiligheid en -gesondheid (BGV)-program saam te stel sodat dit maklik geïmplementeer en onderhou kan word. SafetyWallet bied ook voldoende ondersteuning van begin tot einde.

SafetyWallet en sy vennote, OHS Online en MAKROSAFE, bied omvattende en omvangryke oplossings om nakoming van BGV-regulasies te verseker en te verbeter.

Die ondersteuning en beloning wat deur SafetyWallet verskaf word, bestaan uit die vier komponente van beroepsgesondheid en -veiligheid, naamlik:

  • BGV-opleiding
  • BGV-program
  • BGV-nakomingsgradering-oudit en
  • lede-advertensie.

SafetyWallet het reeds duisende lede in Suid-Afrika en dié getal groei steeds, danksy omvattende en omvangryke ondersteuning, dienste, oplossings en belonings.

Dit kan arbeidsintensief en moeisaam wees om BGV-nakoming te behaal en in stand te hou en ʼn langtermyn toewyding is nie noodwendig gewaarborg nie, omdat dit net so moeisaam kan wees om dit in stand te hou. SafetyWallet fokus egter op ondersteuning en bystand sodat die proses makliker kan wees vir werkgewers. Lede word met elke tree ondersteun sodat handel en nywerheid veiliger en gesonder werksomgewings kan skep en in stand kan hou sodat werkgewers, wat lede word, gedek word onder die wyer sambreelraamwerk van SafetyWallet.

Werksomstandighede en situasies verander en dié veranderinge het ʼn impak op die omgewing wat werkgewers verskaf. Met SafetyWallet en sy professionele personeel, is werkgewers verseker dat hulle BGV-ondersteuning het, ondanks veranderinge.

As werkgewers by SafetyWallet aansluit, kan hulle ʼn noodsaaklike rol speel om die toekoms van beroepsgesondheid en -veiligheid in Suid-Afrika te verbeter en hulle kry toegang tot ʼn verskeidenheid van belonings in die proses tot volledige nakoming.

Beroepsgesondheid en -veiligheidsprogram

Foto: ForexSuggest.com

Die beroepsgesondheid en -veiligheidsprogram wat SafetyWallet verskaf, dien die volgende doel:

  • Beskerm werkgewers en werknemers in die geval van strafregtelike en siviele aanspreeklikheid en verminder die waarskynlikheid daarvan
  • Verminder voorvalle in die werksplek om seker te maak dat werknemers veilig terugkeer huis toe
  • Verskaf voldoende ondersteuning deur die aanstel van ʼn toegewyde SafetyWallet-ondersteuningsbestuurder
  • Verskaf selfhelp-opsies waar lede eienaarskap kan neem van hul eie BGV-program
  • BGV-dienste word uitgekontrakteer
  • Kostedoeltreffende manier om BGV-nakoming te verseker
  • Beloon lede volgens hulle vlak van nakoming en hul poging om dit te verbeter.

Wanneer ʼn werkgewer ʼn lid word van SafetyWallet, ontvang hulle ʼn toegewyde ondersteuningsbestuurder wat ondersteuning verskaf vir aspekte soos:

  • Gesondheid- en veiligheidsake wat deur ʼn toegewyde BGV- professionele persoon aangespreek word
  • Maandelikse nuusbriewe
  • Weekliks die jongste inligting oor wetgewing
  • Covid-19-bystand, leiding en ondersteuning
  • BGV- aanlyn gesondheid- en bestuurstelsel
  • navrae by die departement van indiensneming en arbeid
  • ondersoek van voorvalle kragtens die BGV-wet
  • beserings aan diens, bestuur, en talle meer.

Selfhelp

Die selfhelp-opsies wat SafetyWallet verskaf, het ten doel om werkgewers en lede aan te moedig om eienaarskap te neem van hul eie BGV-program. SafetyWallet het ʼn bestaande vennootskap met OHS Online en verskaf ʼn platform waarvolgens lede hul eie gesondheid- en veiligheidsprogram kan implementeer en in stand kan hou.

Dit maak dit vir ʼn lid moontlik om seker te maak dat hulle aan die vereistes, regulasies en ander wetgewing en standaarde te voldoen om ʼn veilige en gesonde werksomgewing te verseker.

Wanneer die OHS Online-platform gebruik word, ʼn wolkgebaseerde gesondheid- en veiligheidsbestuurstelsel, het lede en hul toegewyde ondersteuningsbestuurder toegang tot die volgende:

  • Beroepsgesondheid en -veiligheid-organisasie en kommunikasie, met template vir beleide, regsafsprake, veilige bedryfsprosedures, BGV-verteenwoordigers of beroepsveiligheid, -gesondheid en -omgewingsverteenwoordigers, BGV-komitees en vele meer
  • Covid-19-inligting en leiding
  • Template vir risiko-assessering met meer as 1 300 opdragte insluitend die gevare, risiko’s en voorgestelde kontrolemaatreëls
  • Opleiding
  • Noodontruiming
  • Gesondheid- en veiligheidsadministrasie wat voorvalbestuur en -ondersoek insluit, beserings aan diens, werksplekvoorvalle, aanmeld van voorvalle en meer
  • Kontrakteurbestuur en beheer
  • Persoonlike beskermingstoerusting (PPE)
  • Om te werk op hoogtes, met gevaarlike chemiese middels, masjinerie en toerusting en vele meer.

Hierdie is maar net ʼn paar aspekte wat SafetyWallet aanbied en, om omvattende dekking te verseker vir alle gevare en risiko’s in die werksplek, tref SafetyWallet voldoende voorsorg vir ʼn BGV-nakomingsoudit.

BGV-dienste word uitgekontrakteer

Dit kan ʼn afskrikwekkende ervaring wees wanneer werkgewers onderneem om hul BGV-nakoming te verseker en te verbeter, gewoonlik weens finansiële beperkings om die beste kenners te kry wat hulle in die proses kan bystaan.

SafetyWallet, in samewerking met MAKROSAFE, bied bystand aan werkgewers kragtens hul eie BGV-behoeftes en doelwitte en, as ʼn bykomende voordeel, bied SafetyWallet vrygewige belonings vir nakoming.

Die werkgewer kry dus nie net bystand van MAKROSAFE nie, maar ook ʼn voldoende beloning-afslagprogram waaruit werkgewers kan voordeel trek, afhangend van hul gedrag wat BGV-nakoming betref.

Ondersteuning wat werkgewers van SafetyWallet se vennoot MAKROSAFE kan verwag, sluit onder andere die volgende in:

  • Implementering en instandhouding van die lid of werkgewer se BGV-program wat alle regulasies, nasionale standaarde en plaaslike wetgewing dek
  • voorvalbestuur
  • BGV-regsregisters
  • Maandelikse BGV-nakomingsertifikate en vele meer.

Ondanks hierdie omvattende aanbod, bykomend tot die dienste en ondersteuning wat aangebied word, moet werkgewers onderworpe wees aan ʼn BGV-nakomingsoudit wat deur ʼn SafetyWallet-ouditeur gedoen word. Die doel van die oudit is om die werkgewer se bestaande nakoming te bepaal en die weg te baan vir aanbevelings hoe om die nakoming tot die hoogste standaard moontlik te verbeter.

Indien ʼn werkgewer van SafetyWallet gebruik maak om ʼn BGV-oudit te doen, word 80% gesubsidieer en die werkgewer betaal dus slegs 20% van die koste. Die werkgewer is boonop gedek vir 100% van die koste van die oudit gebaseer op hul bestaande toewyding soos blyk uit die vorige nakomingsoudit wat gedoen is.

SafetyWallet maak dit dus nie net maklik om jouself te verbind om BGV-nakoming te verbeter nie, maar maak ook voorsiening vir die nodige platform, ondersteuning, dienste en belonings om meer werkgewers aan te moedig om dit deur SafetyWallet se dienste te doen. Met alles wat jy op een platform kry, kan werkgewers baie maklik hulself verbind en gerus wees dat alle aspekte van die proses gedek word om nakoming te verseker en ʼn veilige werksomgewing vir werknemers te bied.

Klik hier om SafetyWallet se webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.